JIM FOUCHÉ HOKKIEDAG
“Sports teaches you character, it teaches you to play by the rules, it teaches you to know what it feels like to win and lose-it teaches you about life.” -Billie Jean King
Wat ‘n ongelooflike voorreg om die 2022 hokkieseisoen op so ‘n hoë noot te kon eindig.
Laerskool Aliwal-Noord se spanne het hulle hokkie talent en liefde vir die sport op die veld gewys tydens die naweek se Jim Fouché Hokkiedag. Die Alie-spanne het puik hokkie gespeel en kon met trots van die veld stap.
To all the parents a big thank you for giving your child/children the opportunity and for taking them to participate. Your support and cheering next to the field meant a lot to the coaches and teams.
We also wish to thank Aliwal Toyota for sponsoring the transport of our coaches.
MA-EN-DOGTER TOER 2022
Na twee jaar kry ons die geleentheid om weer te toer. Op Vrydag, 26 Augustus 2022 het ons o/13 A-Hokkie en Netbal Ma’s en dogters om 07:00 na Oos-Londen vertrek. Ons het ons naweek met ‘n Netbalwedstryd teen Laerskool Grens begin. Ons is baie hartlik verwelkom en die hele skool was gereed om die wedstryd te kyk. Na afloop van ons Netbalwedstryd, het die meisies hulself gereed gemaak om hokkie te speel teen Merrifield College. Na die hokkie-wedstryd het ons baie lekker Netbal teen Merrifield se o/13A-span gespeel.
On Saturday, 27 August 2022, we ended the weekend’s fixtures with a match against Lillyfontein Private School. After the match we had a lovely beach afternoon and a flower power themed supper at Emerald Vale Brewery restaurant.
This tour was truly an exceptional way to end our season. It was an honour and privilege to work with this talented group of girls. To all the grade 7’s, best of luck for next year and may God bless each one of you, wherever you might be.
EISTEDD@ALIES 2022
Eistedd@Alies was vir baie jare die absolute Kultuur-hoogtepunt by ons skool. Vir twee jaar het die Covid-pandemie ons daardie besondere geleentheid ontneem. Daarom was dit die afgelope week so lekker om weer, soos in die verlede, behoorlik Eisteddfod te kon hou.
1000 Drama-inskrywings is ontvang en al die deelnemers het van Maandag tot Donderdag hul beste voetjie voorgesit en hul talente op die verhoog ten toon gestel. Just the act of standing on stage and performing an item, made all 1000 participants winners in their own right. Many children never get the courage to perform in front of an audience and therefore we are extremely proud of every single participant, whether he/she achieved a bronze certificate or an outstanding triple gold!
Afdelingswenners, wat in aanmerking kom vir ‘n Eistedd@Alies Wisseltrofee of ‘n Spesiale Sertifikaat, is as volg:
Informele Poësie: (Hoërskole) Bongwa Mayakhe BHS
Informal Poetry: (High Schools) Alu Photo ANHS
Informele Poësie: (Laerskole) Suné Stadler BLS
Informal Poetry: (Primary Schools) Busisiwe Rathipe NSPS, Tanisha Adoons FPS & Malwande Ben LSAN
Voorgeskrewe Poësie: (Laerskole) Tyrell Theron LGAA
Prescribed Poetry: (Primary Schools) Simanye Soyikwa, Lesedi Malefane & Esam Dasi DPJP
Dramatized Poetry: Sethu Gebuza ANHS
Prose: Leseli Khahlu ANHS
Voorbereide Toeprake: (Laerskole) Aidan Prinsloo LSAN
Voorbereide Toesprake: (Hoërskole) Marnus Snyman ANHS
Prepared Public Speaking; (High Schools) Luhle Mdladlamba ZCS
Monoloog: Tristan Heynes ANHS
Monologue: Lisa Jennings LGAA
Dialoog: Talita Perry & Tommie Olivier MHS
RAP: Wanda Kobo LGAA
Onvoorbereide Lees: Joanie van der Merwe LSAN
Unprepared Reading: Jaden Geldenhuys LSAN
Special Performer of the year: Mila-Sande Matokazi ANTOS
155 Participants entered for the Music and Singing sections and once again, excellent performances were delivered. The following participants achieved the highest marks in their respective sections:
Klavier: Nuwelinge – Frieda-Marie Labuscagne (Samantha King Musiek)
Klavier: Barok Tydperk – Elzané Nel (Samantha King Musiek)
Klavier: Klassieke Tydperk – Amoya Sikweyiya (Samantha King Musiek)
Klavier: Moderne Tydperk – Kara de Wet (Samantha King Musiek)
Klavier: Tegniese Studies – Josua Bothma (Samantha King Musiek)
Klavier: Duet – Kayla & McKenzie Tam (Anne Bekker Musiek)
Other Instruments (Clarinet) – Fei Zhuang (LGAA)
Other Instruments (Flute) – Nicola Cock (LGAA)
Sangsolo: Afrikaans – Aidan Prinsloo (LSAN)
Solo Singing: English – Junayda Abrahams (CHS)
Singing Program: Lindokuhle Yalezo (LGAA)
In the Dance Section the following Section winners achieved the highest marks:
Ballet – Avuya Ndlaleni (Riëtte’s Dance Studio)
Modern – The Afro Fusion Dance Group (LGAA)
Hip Hop (Solo) – Mishke Moolman (Riëtte’s Dance Studio)
Hip Hop (Group) – Hip Hop Group (Riëtte’s Dance Studio)
Traditional Dancing (Irish) – Luzanne Heath (Hangklip Primary School)
Nogmaals dankie aan elke deelnemer, elke onderwyser en elke ouer wat hierdie jaar se Eistedd@Alies meegemaak het. Dankie aan die hele personeel van Laerskool Aliwal-Noord wat die ekstra myl gestap het om die Eisteddfod te organiseer en aan te bied. Bo alles, dankie aan ons Hemelse Vader, vir die groot verskeidenheid talente wat hy aan ons deelnemers gegee het en wat hulle die afgelope week tot Sy eer vir al ons besoekers, kon wys. Tot volgende jaar, wanneer ons wéér so maak …
PA-EN-SEUN NAWEEK TE STULTING SPORTDAG:
Weer eens was die jaarlikse Pa-en-seun rugbynaweek na Jeffreysbaai ‘n reuse sukses, maar ook ‘n wonderlike voorreg.
Friday, 26 August, 45 dads, 55 players and 8 coaches departed to Jeffrey’s Bay, to participate in the Stulting Primary rugby day, hosted in Humansdorp. Traveling in 6 school buses, over 700km one way, and staying in 3 different locations made the weekend a huge logistical move, which ANPS can be proud of.
Die Stulting rugbydag, Saterdag 27 Augustus, is puik georganiseer en die o/9A-, o/11A- en o/13A rugbyspanne van LSAN het hier deelgeneem. Wedstrydtyd is verkort na 9 minute aan ‘n kant, met slegs 1 minuut rustyd. Vinnige wedstryde wat gesorg het vir vinnige besluite en vinnige hardloop rugby.
Uitslae was as volg:
o/13A
Verloor teen Charlo 15-10
Wen Maclachlan 40-0
Verloor Jeffreysbaai 5-0
Wen Pelsrus 15-0
o/11A
Gelyk teen Jeffreysbaai 5-5
Wen Vorentoe 10-0
Gelyk teen Stulting 5-5
Gelyk teen Gamtoosvallei 0-0
Renier Vorster word, as die beste 0/11 voorspeler op die dag aangewys uit al die deelnemende skole. Welgedaan Renier, ons is trots jou!
0/9A
Die o/9’s speel teen Jeffreysbaai, Gonubie en Charlo en behaal gemengde uitslae op die dag.
Thank you to every parent, player and coach who made the weekend possible. All honour to our Almighty God, who protected all the Alies during the weekend.
