Welkom by
Laerskool Aliwal-Noord
Uit die skoolhoof se pen...
Dit is opnuut ‘n heerlike voorreg om te getuig dat Laerskool Aliwal-Noord ‘n waardegedrewe skool is wat voortdurend daarna streef om goeie geleenthede te skep vir leerders om begelei te word op hulle ontdekkingsreis van die lewe.
2026 is ons jaar van
vernuwing! Ons kyk na die verlede en weet daarsonder sou ons nie wees waar ons
is nie. Ons dankbaarheid vir die mense wat diep spore getrap het in Laerskool
Aliwal-Noord, ken geen perke nie. Die fondasies is stewig gelê en elke
generasie se bydrae het ‘n groot verskil gemaak in die opvoedingsarena waarin
ons, ons tans bevind.
As ons na die toekoms kyk,
weet ons dat ons ‘n veranderende wêreld tegemoetgaan. Tegnologie is hier om te
bly, maar ongelukkig ontdek ons ook die negatiewe sy hiervan. Daarom fokus ons
op die positiewe aspekte en het van die begin van hierdie jaar met Kodering
begin. Die rekenaarklas is steeds in volle swang en met jong onderwysers wat
vuur-en-vlam oor tegnologie is, is die klasse volgepak met interessanthede.
