Wêreldbiddag vir Vroue, 3 Maart 2023 / Women’s World Day of Prayer, 3 March 2023
Efesiërs 1: 15 & 16
“Daarom, vandat ek gehoor het van julle geloof in die Here Jesus en van julle liefde vir al die gelowiges, hou ek ook nie op om God vir julle te dank nie.”
Ephesians 1:15 &16
“Therefore, ever since I heard about your faith in the Lord Jesus and your love for all believers, I also do not stop thanking God for you.”
Wêreldbiddag vir Vroue is dié jaar saamgestel deur die Wêreldbiddagkomitee van Taiwan- “Ek het van julle geloof gehoor”
Die dag het begin met die Alie-raad wat vir al die damespersoneel ‘n pragtige boodskap kom gee het in die personeelkamer en toe bederf het met ‘n geskenkie.
Laerskool Aliwal-Noord se dogters en damespersoneel het almal in die saal na die spesiale boodskap geluister en ook meer geleer oor Taiwan. “Mag God julle vrede gee, vrede met God en ’n liefdevolle verhouding met mekaar.”
In Taiwanees sê mens dit soos volg: “Pîng-an”
We celebrated being a woman and we prayed for all the special woman in our lifes and all around the world. May this be a year where we as woman celebrate, support, motivate and show love to one another.
In die oë van God is ons nie stukkies konfetti wat doelloos in die wind rondwaai nie, maar unieke stukkies van ’n legkaart. Ten spyte van ons verskillende sosiale agtergronde, verskillende kontekste en diverse kulture, is ons een in Jesus Christus.
In the eyes of God, we are not pieces of confetti blowing aimlessly in the wind, but unique pieces of a puzzle. Despite our different social backgrounds, different contexts and diverse cultures, we are one in Jesus Christ.
We at Aliwal North Primary school wish every woman a happy Women’s World Day of Prayer.
LAERSKOOL TENNIS TEEN KAREL THERON
Op Maandag, 17 Februarie 2023, het Laerskool Aliwal-Noord se eerste tennisspan die lang pad Middelburg toe aangedurf om teen Karel Theron Primêr kragte te meet. Die spelers was baie opgewonde. Die spelers van Laerskool Aliwal-Noord het hul goed van hul taak gekwyt en goeie resultate gelewer. Ons wen die wedstryd 93-18. Baie dankie aan Karel Theron vir die geleentheid.
CHESS VS KAREL THERON MIDDELBURG
On Monday 27 February 5 learners from ANPS went to Karel Theron Primary in Middleburg to go and play chess against 5 of their learners. In what was a new experience to our learners they enjoyed the new challenge. The learners were very evenly matched and the score at the end of the day was a tie.
Die telling was 7 ½ elk. Die leerders het 3 skaak wedstryde elk gespeel. Twee van LSAN se leerders het al drie hulle wedstryde gewen. Die leerders het die nuwe uitdaging baie geniet en sien uit na hulle volgende uitdaging.
SUID-VRYSTAAT HOKKIEPROEWE:
Die naweek van 24 & 25 Februarie 2023 het 4 van ons o. 13 hokkiemeisies die geleentheid gehad om aan die Suid-Vrystaat hokkieproewe in Bloemfontein deel te neem.
Congratulations to Sky Nicholsen who is included in the SFS u.13-B team. We are proud of you!
Die seunshokkie het 7 seuns na die proewe geneem, waarvan 2 spelers deurgegaan het na die 2de rondte. Ons sê dan vir Erik Prinsloo baie geluk wat gekies is vir die SFS o.13-oefengroep. Die spanne sal later bekend gemaak word. Sterkte Erik, “doen jou bes en God doen die res”. Ons is reeds trots op jou!
