13 MAART 2023

VRYSTAAT PLATTELAND RUGBY

Laerskool Aliwal-Noord kan vanjaar met trots spog met die insluiting van nie minder nie as 14 rugbyspelers in Vrystaat Platteland rugbsyspanne.  Sewe van hierdie spelers sal die o/12-span gedurende die 2023 seisoen verteenwoordig en sewe spelers sal die o/13-span verteenwoordig.

Dit is die eerste maal dat ‘n o/12-span gekies word om Vrystaat Platteland te verteenwoordig.  Die vorming van hierdie span sal sorg vir ontwikkeling van rugby in die platteland en ‘n goeie grondslag lê vir jare wat kom.
After 3 rounds of trials, the following players were selected to represent Free State Country Districts Rugby.

 o/12

Connor Marais, Josh Yalezo, Renier Vorster, Migael Moolman, Zenande Makateng, Juanito Paul, Francois Botha.

 o/13

Pieter Odendaal, Gerbrandt Bekker, Erik Prinsloo, Oarabile Mtontiso, Damin Vorster, Deneilin Johnson, Lubha Mkundlu.

These players will be participating in various tournaments during the second term.  There is definitely a big season ahead of them and we will be following their games with great interest. 

BUFFELTJIE-RUGBY

Op 11 Maart 2023, het twee Buffeltjies spanne by die Fichardtpark Primêr Sportdag gaan deelneem.  Die twee spanne het drie wedstryde elk gespeel. Albei spanne het teen Tjokkies, Bloemfontein Laerskool en Fichardtpark Primêr gespeel.

There were mixed results all around for both teams. The Buffeltjies A-team won, drew and lost a match. The Buffeltjies B-team unfortunately lost all three of their matches. Even though the results did not go as planned, the players enjoyed the day very much and are looking forward to the rest of the season.

 13 – RUGBY TEEN KING EDWARD

Welkom terug Buffels.  Na verskeie rondtes proewe kon die Alie o. 13-seuns uiteindelik weer vir hulle skool speel.  Dit is een ding om in saamgeflansde proefspanne te speel en iets heeltemal anders teen ‘n eenheid wat mekaar ken en saam oefen.  Die Alies het ‘n jong span met verskeie o. 12’s en manne wat verlede jaar B-span en C-span gespeel het.  Drie atlete het ook ontbreek.  Die King Edward seuns was man vir man groter en teken ook eerste punte aan.  Die Alies teken hierna drie drieë aan waarvan twee verdoel is.  Laat in die 2de helfte druk King Edward nog ‘n onverdoelde drie.  Die Alies wen 19-10. Baie dankie aan ANHS wat ons genooi het om daar te speel.

ATLETIEKVERSLAG  11 EN 12 MAART 2023:

Op die naweek van 10 en 11 Maart 2023, is die Oos-Kaap Atletiekkampioenskappe in Mthatha gehou.

Twenty of our athletes represented the Joe Gqabi region at this meeting.  The athletes of ANPS once again showed what they were capable on the track and field.

The 20 athletes won three gold, seven silver and five bronze medals.

Barend Botha-Arends, boys u/11, won silver in the shot put with a distance of 10,60m.

Gerbrandt Bekker, seuns o/13, verbeter die gewigstootrekord met ‘n pragafstand van 11,90m en verdien goud vir hierdie poging.  Hy verower ook goud in die skyfwerp met ‘n afstand van 35,63m.

LJ du Plessis got silver for shotput boys u/11 with a distance of 8,04m.  De Wet van der Merwe came in third in the same event to claim bronze with an attempt of 7,12m.

Reinier Vorster, seuns o/12, verower ‘n silwer medalje in die gewigstoot.  Afstand 8m.

Francois Botha, seuns o/12, verower ‘n goue medalje in 75mH en brons in die 150mH.

Liane Krűger, dogters o/12 spog met ‘n silwer madalje in gewigstoot met ‘n afstand van 9,76m.

Ané Naudè, girl’s u/12, won bronze in the 150m hurdles.

Olerato Koloba, girl’s u/12, claimed second place and therefor silver in the long jump.  Distance 4,32m.

Elmi Cloete verower silwer in die skyfwerp vir dogters o/13 met ‘n afstand van 24,08 meter.

Elli-Sue Schmidt behaal ‘n derde plek vir verspring dogters o/13 met ‘n afstand van 4,40m.

Mienke du Plessis, dogters o/13, verower ‘n silwer en brons medalje vir onderskeidelik hoogspring (1,30m) en die 75m hekkies.

Well, done and congratulations to all of these athletes.

Baie geluk ook aan Gerbrandt en Liane wat gekies is om vanaf 19 tot 21 Maart 2023  die Oos-Kaapspan in Pietermaritzburg by die SA’s te gaan verteenwoordig.  LSAN se beste wense vergesel julle.

Scroll to Top