6 FEBRUARIE 2023

Top 10:

Die 2023-skooljaar is volstoom aan die gang en daar word reeds fluks op alle gebiede gewoeker.

Today we acknowledge the academic achievements of the 2022 final exams.  Baie geluk aan die volgende leerlinge wat aan dié einde van die 2022-eksamen die Top 10-posisies in hul onderskeie grade behaal het.

LANDSDIENS / LAND SERVICES:

On Monday, 30 January 2023, ANPS had the its first Land Service meeting of the year. The Junior Land Service (Grade 4 & 5) was taught what it means to be part of the Land Service movement. Die leerders se Landsdiens kennis is aan die einde deur ‘n vasvra getoets.

Liefde vir God, die natuur, arbeid en jou medemens. Dis die 4 liefdes van Landsdiens wat ons by elke leerder, wat aan Landsdiens behoort kweek.

By die Senior Landsdiens het die graad 6 leerders en  ook die graad 7- meisies  gehelp om proppies vir die “Sweethearts Foundation” projek te verpak.

“Our vision is to provide hope in the face of harsh circumstances, make a difference to the people of our home, our South Africa, and to be a vehicle for change.”- SweetHearts Foundation

It’s wonderful to know that we, at Aliwal North Primary School, is part of that hope by collecting and recycling bread tags and plastic bottle tops in exchange for wheelchairs.

The grade 7 boys helped by painting tyres that we use for our school’s garden. We plant different vegetables throughout the year and the learners are very proud of their crops.

Ons sien uit na nog ‘n jaar van lekker lawwe Landsdiens!

ALIE-RAAD KAMP 2023

Om as ‘n leier verkies te word op ‘n jong ouderdom is geen maklike of ligte taak nie. Jongmense se denke moet gevorm word en gerig word om uitnemende leiers vir hul skool en maats te wees.  Hierdie leierskap kom ook gewoonlik saam met nuwe en uitdagende verantwoordelikhede.  Skielik is alles vreemd en die verwagting van ons jong leiers is baie hoog.

Luckily Aliwal North Primary School has initiatives in place to equip our school leaders with the necessary skills to cope with the expectations set for them. 

The Alie Council camp took place during the weekend of 3-5 February 2023, at Toll Inn, just outside Aliwal North.

Tydens die kamp is daar planne gemaak, koppe gestamp en oplossings gevind.  Leerders is uitgedaag deur verskillende aktiwiteite, uitdagings en kopkrappers, alles met die doel voor oë om ons leiers te ontwikkel.  Tog is daar ook ruimte geskep vir lekker saam lag en kuier.

The Alie Council of 2023 truely is a unique group of individuals, equipped to perform as a remarkable team.  All the best for 2023!

HOOFLEIERS 2023

Hartlik geluk aan die volgende leerders wat as hoofleiers vir 2023 verkies is. 

KOSHUIS:

Hoofmeisie:  Elmi Cloete

Hoofseun:  Pieter Odendaal

SKOOL:

Onderhoofmeisie:  Mienke du Plessis

Onderhoofseun:  Aidan Prinsloo

Hoofmeisie:  Zahnika Vorster

Hoofseun: Erik Prinsloo

You have a big task that awaits you, know that you have support of your school.  Best of luck for your journey as young leaders.

CMC 2 ATLETIEKBYEENKOMS 3 FEBRUARIE 2023 / CMC 2 ATHLETICS MEETING 3 FEBRUARY 2023

The CMC 2 athletics meeting was hosted by Aliwal North Primary School on 3 February 2023 on the school grounds.  All the schools in Aliwal North took part in this event, that is better known as the “townal” meeting.

150 atlete van Laerskool Aliwal-Noord neem deel aan die byeenkoms.  Ons atlete vaar besonder goed en 39 eerste plekke, 37 tweede plekke en 24 derde plekke word behaal.  Verskeie rekords het ook in die slag gebly, waarvan die Alie-atlete tien verbeter het.

The following records were broken by Alie athletes:

Gerbrandt Bekker, seuns o.13 jaar, verbeter die gewigstoot- en skyfwerp rekord met ‘n afstand van 11.18 meter en 34.26 meter onderskeidelik.

Ivor Ludick, although second in both the 60 meters and 80 meters, also broke the record for boys u.7 years with times of 9.99 seconds and 13.28 seconds respectively.

Olamide Olaifa, boys u.9 years, broke the 60 meter record with a time of 8.90 seconds.  This magnificent athlete also bettered the 80 meters record in a time of 12.26 seconds.

Beide Mienke du Plessis en Elli-Sue Schmidt breek die verspringrekord vir dogter o.13 jaar.  Hulle afstande was 4.47 meter en 4.35 meter onderskeidelik.

Erik Prinsloo, seuns o.13 jaar, verbeter die 80 meter hekkies se rekord met ‘n pragtyd van 12.85 sekondes.

Liané Krüger, dogters o.12 jaar, behaal ‘n afstand van 9.51 meter in die gewigstoot, wat dan ook ‘n nuwe rekord is wat moeilik verbeter gaan word.  Sy klop haar naaste teenstander met ‘n allemintige 2.18 meter.

Congratulations to all of these athletes.

81 atlete het gekwalifiseer om aan die CMC byeenkoms, wat op 10 Februarie 2023 op Sauerpark gehou gaan word, deel te neem.

We wish all of our athletes good luck in this event!! Ons weet sommer julle gaan LSAN se naam weer hoog hou!!

Scroll to Top