KLOKSEREMONIE / NEW TRADITION:
Woensdag, 18 Januarie 2023, het Alies se nuwe Graad 1-maatjies ‘n splinternuwe tradisie begin. Hulle het elkeen die geleentheid gekry om die handklok wat simboliseer dat hulle skoolloopbaan begin by Laerskool Aliwal-Noord te lui. Wanneer hulle aan die einde van Graad 7 kom, lui hulle die groot klok wat dan weer simboliseer dat hulle afskeid neem van die Laerskool. Dit was ‘n groot oomblik vir elke Graad 1-maatjie om die klok te lui en hulle het met baie trots hulle plekkie in Alie-land gevind.
On Wednesday, 18 January 2023 our new Gr 1’s started a brand new tradition at Aliwal North Primary School. Every new gr. 1 had the opportunity to ring the hand bell, which symbolizes the start of their school career at Aliwal North Primary School. When they reach grade 7, they will then ring the big school bell to symbolize the end of their school career at our school.
NUWE GRAAD 1’S / NEW GRADE 1’S:
Laerskool Aliwal-Noord het met trots hulle hekke en harte oopgemaak om die nuwe graad 1’s van 2023 te ontvang. Die leerders het met blink ogies en breë glimlagte opgedaag om hulle nuwe juffrouens en ook vir Buffie, ons LSAN gelukbringer, te ontmoet. Hartlik welkom aan elke nuwe maatjie in die Alie-span.
Aliwal North Primary School opened their gates and hearts to welcome all their new grade 1’s of 2023. The learners greeted their new teachers with great excitement and met our mascot, Buffie.
TENNIS:
Op Saterdag, 21 Januarie 2023, het 14 van Laerskool Aliwal-Noord se tennisspelers aan die Chris Hani Westelike tennisproewe deelgeneem. Spelers het in warm, droë toestande moeilike wedstryde gespeel.
Baie geluk aan die volgende 4 tennisspelers wat deur is na die volgende rondte.
Erik Prinsloo, Janroux Hattingh, Ronell Geldenhuys en Anè Naudé.
