RUGBY 0/13 A
Saterdag, 4 Junie, bied Laerskool President Steyn van Bloemfontein ‘n rugbydag aan. Omdat Laerskool Aliwal-Noord soveel speeltyd as gevolg van omstandighede buite ons beheer verloor het, het ons besluit om die 0.13 A-span in te skryf by hierdie rugbydag. 18 opgewonde rugbymanne is vroeg Saterdagoggend weg om, soos hulle sê, bietjie rugby te gaan “jol”.
Our first match was against Grey D. The lack of match time clearly showed. Although good rugby was played by our boys, we unfortunately lost the game. The score: ANPS 10. Grey D 25.
Die manne begin hulle voete vind en tydens die tweede wedstryd gaan dit stukke beter. Die bal doen die werk en LSAN klop Tjokkies met ‘n telling van 15-0.
Our third game was against Brandfort. We were met BY fierce competition. They out scrummed us and we could not often lay our hands on the ball. They outplayed us with a score of 25 to 10.
Ons laaste wedstryd was teen ‘n gekombineerde span van Reddersburg, Trompsburg en Koffiefontein. Hoewel hulle ‘n moedige vertoning opgesit het, was die Alies net te sterk en het ons net te veel skietgoed gehad. Die Alies wen dan ook die laaste wedstryd met 15 punte teenoor 0.
Dankie aan Laerskool President Steyn vir ‘n puik georganiseerde dag. Julle sien ons definitief weer.
Aan elke ouer, dankie vir julle ondersteuning langs die veld.
To the u/13 players, thank you for your commitment and for never giving up and always giving your best, even when the score was against you.
Dankie aan elke speller vir puik gedrag op en van die veld af.
NETBALKLINIEK
Die afgelope naweek van 3-4 Junie het 7 van LSAN se netbalafrigters ‘n skeidsregters- en afrigtingskliniek bygewoon.
Die kliniek is aangebied deur Reg en Jenny Sharp van Port Elizabeth. Reg is al baie jare by netbal betrokke en was ook al ‘n hulpafrigter van die Protea netbalspan en is ook ‘n A-skeidsregter.
Die kliniek het Vrydagoggend begin met reëlbespreking. Na middagete het drie van LSAN se netbalspanne, drie van Holy Cross se spanne, asook 0/16 spanne van ANHS, wedstryde teen mekaar gespeel sodat die skeidsregters kon gradeer. Die spelers het dit baie geniet om so baie westryde te speel.
Saterdagoggend het weer afgeskop met ‘n teoretiese sessie. Daarna is almal buitentoe vir praktiese demostrasies van afrigtingstegnieke.
Weereens het van LSAN en Holy Cross se 0/12 en 0/13 spelers gehelp met die demostrasies. Vanaf 16:00 het die afrigters die skeidsregterseksamen afgelê. Teen 19:00 was almal moeg, maar tevrede by hul huise. Almal is dit eens dat dit ‘n baie leersame kliniek was en dat ons baie daarby gebaat het.
Baie dankie aan Holy Cross vir alle reëlings rakende die kliniek, asook ‘n groot dankie aan die spelers wat bereid was om deel te neem en te speel.
O/8 NETBAL TOERNOOI
Saterdagoggend, 4 Junie 2022, het ons 0/8 A en B netbaldogters die koue met watersakkies en komberse aangepak op pad na Queenstown vir die Junior Sport toernooi te Hangklip Laerskool.
Each team played 3 matches. The girls played very well and the progress was noticeable.
Hangklip Primary also spoilt each player and coach with a lovely food parcel.
Ons wil ook vir Laerskool Hangklip gelukwens en bedank vir die uitnodiging na so ‘n goed georganiseerde en puik dag . Ons dogters het regtig baat gevind by die toernooi .
Die uitslae van die wedstryde was as volg:
Aliwal A wen Nahoon A 14-0
Aliwal A wen Cradock A 7-0
Aliwal A wen Hangklip A 7-0
Aliwal B wen Stutterheim B 6-0
Aliwal B wen Hangklip B 7-0
Aliwal B verloor Cradock 0-1
Baie dankie aan Walter Kotze wat bereid was om ons bussie te bestuur en ons veilig heen en terug te besorg.
Ons netbalbokkies is nou gereed vir die res van die netbalseisoen.
BUFFELTJIE RUGBY
The Buffeltjies (A team) went to Queenstown to participate at Hangklip Primary School sports day. They played three very difficult games, but showed an enormous amount of heart in every game.
Die resultate was soos volg:
Buffeltjies vs Stutterheim, die Buffeltjies verloor 1 – 8
Buffeltjies vs Queens B, die Buffeltjies verloor 7 – 4
Buffeltjies vs Nahoon, die Buffeltjies verloor 5 – 6
Alhoewel die resultate nie in ons guns was nie, het die spelers die dag baie geniet en het hulle baie geleer. Die Buffeltjies sien uit na hulle volgende wedstryd.
SAOU LEIERSBERAAD: MPEKWENI
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie het van 3 tot 4 Junie weer, soos vóór Covid-19 se ontwrigting, ‘n leiersberaad vir skoolbestuurspanlede en senior onderwysers aangebied. Kundige sprekers, met BAIE ondervinding op alle vlakke van die onderwysspektrum, het beslis waarde toegevoeg en aan almal wat die beraad bygewoon het, praktiese voorbeelde, pitkos vir ons pad en HOOP vir die toekoms gegee.
The golden thread that ran through all the presenters’ speeches, was the ROAD AHEAD OF US: are we on a gravel road, a road full of potholes or an asphalt road? No matter what our “road at our school” looks like, we learnt that every single one of us, whether we are teachers, pupils, parents or administrative personnel or ground workers, we all are exactly where GOD wanted us to be at this specific moment in time. And above all, we all have a role to play, a task to do and a difference to make…
Ons het geleer dat uitnemende skole daardie skole is wat die toets van tyd kan deurstaan. Dis skole wat aanpasbaar is by veranderende omstandighede, skole waar gewone dinge, op buitengewone maniere mense aanraak. Laerskool Aliwal-Noord wil graag só ‘n skool vir hierdie gemeenskap wees. Waar ons kan sê: “Ek wil vandag beter wees as gister…”
Opvoeders is en bly skeppers van hoop. Ons kan maar net die klein saadjies hier by die Laerskool plant en aanhou om elke dag ons beskeie bydrae te lewer sodat, wanneer ons nie meer daar is nie, daar oral bome van hoop sal agterbly as nagedagtenis en voetspoor van wat elkeen van ons op óns stukkie onderwyspad gelaat het.
‘n Brief aan alle onderwysers
8 Junie 2022
Beste onderwyser
Jy is ‘n skepper van hoop.
Geen skool kan voortgaan asof daar geen gevaarligte is wat flikker nie. Veranderinge sal plaasvind, hou tred daarmee. Skep daagliks ‘n kindervriendelike gemeenskapskool wat dien as oefenplek vir die lewe.
Yes, there are many challenges, but there is still joy in teaching. This joy depends on strong moral leaders on all fronts. Every teacher is a leader in their own space and in their own right. Never underestimate your leadership. You are making a difference; it does not matter how big or small. Just do it.
Ons is almal op die regte plek, vir die regte tyd, deur God geplaas. Vat verantwoordelikheid vir die plek waar jy nou is. Terwyl jy daar is, wees uitnemend. Wat beteken dit om uitnemend te wees? Sonder jou en dit wat jy doen, sal die wêreld ‘n armer plek wees. Dit wat jy doen begin stadig, maar dit skep momentum en het ewigheidswaarde.
Remember that schools make people and your deeds as a teacher have eternal value. Protect your good name daily, because your reputation is always at risk. David, Saul, Samuel and Simson had character faults, yet God loved them dearly. Do not ever give up.
Sometimes homes of children become a place like hell; create therefore a place of safety and security for the learners in your classes. What can I do about the moral mess we’re in? Do not try to save South Africa, but rather build the people up around you.
Loop daagliks jou pad sonder vrees. Wees die verandering wat jy wil sien. Wees die boumeester van jou eie toekoms. Glo in dit wat jy doen. En onthou, jy is iemand se held!
Met waardering
Medewerkers
