23 MEI 2022

NICOL BASSON

Ek is Nicol Basson. Ek het my B.Ed ( Bachelors in education) graad deur Unisa studeer.
Ek het in 2016 by Laerskool Aliwal-Noord begin en 2017 met my studies begin. Dit was moeilik met tye, maar op die einde van die dag het dit my baie gehelp om gelyktydig te leer en te werk. Ek het baie ondervinding opgedoen. Oud-president Thabo Mbeki is tans die kanselier van Unisa. Dit was n voorreg om deur hom geluk gewens te word. Ek’t ‘n groot liefde vir wiskunde en om dit tans te kan onderrig is baie spesiaal. Die sport is natuurlik vir my ook ‘n hoogtepunt en ek geniet dit ongelooflik baie. 
Baie dankie aan almal wat my ondersteun het. Dankie aan die personeel van LSAN wat my altyd bygestaan het. Ek waardeer dit opreg.
It is an honour and privilege to be a teacher at Aliwal North Primary School.  To teach maths and work with children is a dream come true.

I would like to say thank you to each and every one who supported me during my studies.  I appreciate it.

POCKET ROCKET HOCKEY SCHOOL

Pocket Rocket hokkieskool het op Woensdag, 18 Mei, ‘n baie suksesvolle afrigtingskliniek by Laerskool Aliwal-Noord aangebied. 

Daar was bykans 100 spelers van Gr R-7 wat deelgeneem het. Die weer het gelukkig saamgespeel om van die dag ‘n groot sukses te maak. 

Die doel van die dag was om ‘n liefde vir die sport te kweek en vir elke kind ‘n geleentheid te bied om te ontwikkel. 

Daar is somtyds sommer so speel-speel aan vaardighede gewerk terwyl daar ook lekker saam gelag is. 
Baie dankie aan Ryno Rautenbach en sy bekwame span afrigters wat die spelers kom touwys maak het. 
Riverside Lodge het die afrigters bederf met heerlike pizza na ‘n lang dag in die son. Ons opregte dank aan me Emmerentia Pieterse van Riverside Lodge vir die heerlike pizza. 

NETBAL

Saterdag, 21 Mei het 5 van ons leerders aan die finale rondte van Oos-Kaap netbalproewe in Port- Elizabeth gaan deelgeneem.  Na koue weer en ‘n dag van lekker netbal speel, word al 5 van ons Alie-spelers in die Oos-Kaap span opgeneem.

Baie geluk aan die volgende leerders wat aan die All Ages toernooi gaan deelneem:         

Jedey Jansen, Zoëy Plaatjies, Sasha-Leigh Johnson, Mienke du Plessis en Joanie van der Merwe.
Congratulations to these 5 girls.  We are so proud of you!  We wish you all of the best in Boksburg.

VRYSTAAT 0/12 RUGBY:

Baie geluk aan Gerbrandt Bekker wat in die voorlopige Vrystaat 0/12 rugbyspan opgeneem is.  Die span sal eersdaags gefinaliseer word en tydens die Junie-vakansie deelneem aan die 0/12 toernooi in Vryheid, KwaZulu-Natal.

Gerbrandt speel vaskopstut in die span en het reeds deelgeneem aan ‘n vriendskaplike wedstryd teen die Griffons en die Luiperds in Welkom.  Die wedstryd teen die Luiperds duur ongelukkig net 8 minute en word gestop a.g.v. die swaar weersomstandighede.

UITSLAE:

13 Mei:  Vrystaat 0/12 (41) vs Griffons 0/12 (10)
21 Mei:  Vrystaat 0/12 (5) vs Luiperds 0/12 (0)
Baie geluk Gerbrandt.  LSAN is trots op jou!

HOKKIE 

Dinsdag, 17 Mei, het Burgersdorp na ons gereis vir nog ‘n opwindende middag vol vriendskaplike wedstryde. Die gees tussen die Alies en die Blikkies hierdie jaar is iets om oor trots te voel. Die kinders het die speelgeleentheid geniet en die onderwysers het verhoudings gebou met ons buurdorp onnies. Dit was ‘n mooi middag, met perfekte weer en ‘n dag vol positiewe sportmanskap. Dis ‘n voorreg om weer sulke wedstryde te kan hê en dis vir ons baie lekker om sportmiddae met Burgersdorp te kan deel.  Daar was groot opwinding met elke doel wat geskiet is, maak nie saak aan wie se kant. Wedstryde was vol trots, al was daar opdraandes in party. Wen of verloor, elke span is dankbaar vir ‘n suksesvolle dag waarin hulle saam kom speel en hul sport kan geniet. Tot ons weer sien Blikkies, of sal ons sê, tot Interskole kom.

0/8 & 0/9 NETBAL : CRADOCK

Op Saterdag, 7 Mei, het ons net weer besef watter voorreg dit was om weer op ‘n netbalbaan te kon stap na die 2 jaar wat Covid ons van sport weerhou het.  
Die netbalspeelsters het goeie wedstrydondervinding opgedoen en hul wedstryd baie geniet.  Die tellings was as volg:

0/8A wen 12 – 0
0/8B speel gelykop 1 – 1
0/9A verloor 3 – 8
0/9B verloor 1 – 3

Ons sien uit na die res van die netbalseisoen en hoop dat die spanne van krag tot krag sal gaan. 
What a joy to be on a netball court again!  On Saturday, 7 May, we had the priviledge to play against Cradock.  Oh, what fun we had!  We can’t wait for our next game.

Scroll to Top