SEUNSHOKKIE vs QUEENS COLLEGE
Maandag, 25 Julie, het ons seuns die astro-velde van Queens gaan aanpak. We WERE so thankful for the opportunity we had to be able to travel to Queenstown and play against Queen’s College Boys Primary School. Die kinders het dit baie geniet en werklik mooi gespeel. Baie dankie aan Queens se personeel wat ons so goed ontvang het.
RUGBY
0/13
Klipharde skolerugby. ‘n Eenvoudige stelling om Saterdag se o/13 A & B rugbywedstryde teen Laerskool Cradock te beskryf.
Teams from both school’s matched in ability and skill, keeping the games very exciting to watch and support. Our teams showed courage and perseverance in every aspect of the game, characteristics that are way more important than the scoreboard.
Uitslae:
o/13A verloor 7 – 3
o/13B verloor 12 – 10
0/11
Beide spanne het swaar getrek teen Laerskool Cradock. Die B-span het goed begin en baie kanse gehad, maar na rustyd het die wal gebreek en hulle het met ‘n groot telling verloor.
Die A-span het op ‘n stadium die telling na 19-10 laat krimp, maar dit het Cradock net aangespoor om nog punte aan te teken. Hulle was ook, soos teen Hangklip, hulle eie grootste vyand met strafskoppe, ‘n geel kaart en wilde aangee.
0/9
We played against Cradock last weekend. The U/9 A, B and C teams had the opportunity to play. All the boys played very well and gave it their all. Ongelukkig het ons al drie wedstryde verloor, maar elkeen het goeie sportmanskap getoon en nooit opgegee nie. Die tellings is as volg:
A – 7-14 | Verloor
B – 0-32 | Verloor
C – 1-6 | Verloor
BUFFELTJIES
The “Buffeltjies” A and B team went to Cradock Preparatory School to play rugby against their o/7’s.
Daar was gemengde resultate gewees.
Buffeltjies A vs CVS A het, na ‘n harde wedstryd, gelykop gespeel met ‘n telling van 2 elk.
Die Buffeltjies B span teen CVS het ongelukkig hulle wedstryd verloor 6-3. Op die einde van die dag het die spelers hulle self baie geniet
The two teams gave their best every minute of the game and continued fighting until the very end.
NETBAL VS CRADOCK VOORBEREIDINGSKOOL EN LAERSKOOL CRADOCK
Dit was is ‘n koel, maar lieflike dag in Cradock, perfek vir sport.
Die 0/13 A netbalspan het pragtig gelyk in hulle nuwe speelklere. Die eerste helfte het die meisies egter baie ongedwonge foute begaan. Die halftyd telling was dan ook 10 elk. Die tweede helfte het Aliwal se verdedigers baie goeie druk toegepas en die doele het mooi afgerond. Die eindtelling was…………… in Aliwal se guns. Wel gedaan!
0/13B verloor | 3-8
Die 0/12A netbalspan het ook baie mooi as span saamgespeel en wen hul wedstryd | 14 – 1
0/12B wen | 13 -3
0/11A wen | 12 – 4
0/11B wen | 10 – 2
0/10A wen | 8 – 5
0/9A verloor | 4-9
0/9B verloor | 0-4
0/8A wen | 7 – 2
0/8 B wen | 6 – 0
Baie geluk aan al Aliwal-Noord se netbalspanne. Julle het pragtig gespeel en ons trots gemaak!
LSAN HOKKIE VS CRADOCK
Die afgelope naweek het Laerskool Aliwal-Noord se hokkie teen Laerskool Cradock meegeding.
Aliwal se seuns en meisies het baie goed gevaar en byna skoonskip gemaak.
Valuable life lessons and team work are also taught while they are taking part.
What a lovely day of hockey.
Die uitslae was as volg:
Meisies:
0/7A wen 6-2
0/8A wen 5-1
0/8B wen 7-1
0/9A verloor 4-6
0/9B wen 8-2
0/10A wen 11-1
0/10B wen 3-1
0/12A wen 7-0
0/13A gelykop 0-0
0/13C wen 2-0
Seuns:
0/7A wen 4-2
0/8A wen 4-1
0/9A wen 6-2
0/12A wen 2-0
0/13A gelykop 1-1
0/13B wen 3-1
0/13A seuns wen 3-2 teen Lorraine se toerspan van PE.
TENNIS COUNTRY DISTRICTS
Ons sê geluk aan die volgende leerders wat die Country Districts tennisspan behaal het:
0/10
Natasha Weitsz
Kara de Wet
0/12
Anè Naudé
Sistine van Pletzen
Erik Prinsloo
Janroux Hattingh
0/14
Mardi Naudé
Lianie Smook
Jacobus van Pletzen
Welgedaan julle en sterkte met julle wedstryd teen Xhariep.
LANDSDIENS
Ons Landsdienslede het die nuwe kwartaal afgeskop met ‘n interessante praatjie oor voëls, aangebied deur Meneer Herman Snyman. He shared a lot of information regarding our feathered friends and also showed the learners his private collection of birds’ eggs, which he collected as a boy. Almal het sommer baie nuwe en interessante feite geleer en op hierdie manier ook weer Landsdiens se Liefde vir die Natuur, uitgebeeld. After the presentation, all members received a colouring picture of a bird, which could be entered in the Land Service colouring competition.
Pragtige inkleurwerk het die beoordelaars se koppe laat draai, maar elke Landsdiener moes ook iets interessants, wat hulle gedurende die voëlpraatjie geleer het, byskryf en dit was uiteindelik dan ook die beslissende faktor waardeur die wenners bepaal is.
Graad 4 :
1ste plek – Sarie Thompson: “ Ek het niks van voëls geweet nie. Ek het baie goed geleer, soos waar voëls hul neste bou en hoe hul eiers lyk.”
2de plek – Lia Lubbe: “Dat jy kan sien wat ‘n voël eet as jy na sy mond en voete kyk.”
3de plek – Frikkie van Zyl: “Ek het geleer dat daar verskillende soorte mossies is.”
Graad 5 :
1ste plek – Amay van der Merwe: “Ek het nie geweet jy kan sê watse voël dit is as jy net na hul bekke of pote kyk nie.”
2de plek – Annatjie van Riet: “Ek het nie geweet ‘n mens kan kyk na hulle voete en snawels nie. Ek het nie so baie van voëls geweet nie en ek is baie bly dat Meneer Herman ons al die feite oor voëls geleer het.”
3de plek – Holly Bradfield: “What I learned is that we get lots and lots of birds and some are big and small and how some birds steal other birds’ nests!”
Graad 6 :
1ste plek – Nerina Vorster: “Ek het geleer dat voëls se pote en bekke almal anders is, vir ‘n spesifieke rede. En ek het ook gesien hoe die verskillende eiers lyk.”
2de plek – Zahnika Vorster: “ Dat ‘n voël se bek en voete iets oor hom/haarself vertel. Sommige voëls het groot voete en lang naels, sodat as die voël sy/haar prooi vang, sy naels die prooi doodmaak.”
3de plek – Ingrid Reabow: “Ek het nooit geweet dat die kleinste eiertjie so groot soos my pinkienael kan wees nie en ook nie hoe groot ‘n hamerkop se nes is nie, of dat voëls hul neste onder grond kan maak nie!”
Graad 7 :
1ste plek – Onika Ralarala: “An interesting fact that I learned, was how some birds hunt their food, and also how a few birds’ feet look like what colour they are. I also got to see a few birds’ eggshells. It was a very interesting Land Service meeting.”
2de plek – Lia van der Westhuizen: “ Ek het nie geweet hoe groot ‘n arend se poot eintlik is nie Dit was vir my baie interessant om van al die verskillende soorte voëls en hul kenmerke te leer. Meneer Herman se groot boks met die baie verskillende eiers, was baie interessant.”
3de plek – Lana Lubbe: “Ek het geweet dat hier baie voëls in Aliwal-Noord was, maar nie so baie nie! Ek het ook nie geweet dat Meneer Snyman voëleiers versamel het nie. Ek het ook nie geweet daar is blou voëleiers nie.”
AKADEMIESE VORDERINGSPRESTASIES TWEEDE KWARTAAL 2022
Verlede week het Laerskool Aliwal-Noord erkenning gegee aan al ons Top 10-presteerders. Daar is egter ‘n groot getal leerlinge wat ook melding verdien omdat hulle hul gemiddelde persentasie van Kwartaal 1 met 5% of meer, verbeter het. Aan hierdie leerlinge word daar nou ‘n Akademiese Vorderingsspeldjie toegeken. Dit is slegs vir hierdie kwartaal geldig, want ons wil al ons leerlinge deurlopend aanmoedig om te probeer verbeter. In this way every child can be a winner in him- or herself. We challenge all our students to work hard this term. You might just surprize yourself by achieving 5% more on your previous average mark. It is also important to note that these Academic Improvement badges are only handed out to learners who achieved the minimum Departmental requirements to pass. Baie geluk aan elkeen van die volgende leerlinge wat hierdie prestasie aan die einde van Kwartaal Twee behaal het:
Graad 4
Achuma Ndzekeni
Graad 5
Ingavuyisa Dyani
Holly Bradfield
Luvuyo Bangani
Mosa Mokharanyana
Bukho Nyamakazi
Dieketseng Mokhina
Zenande Makateng
Lihle Makehle
Sisiphe Paul
Hendrik Odendaal
Unathi Sizani
Siyanda Makateng
Obohlokoa Masoleng
Amyoli Mqolombeni
Graad 6
Erik Prinsloo
Xiang Jansen
Moneasha Barends
Neyanna Johnson
Ruandré van Jaarsveld
Zanelle Müller
Lathitha Funo
Graad 7
Jaden Geldenhuys
Onika Ralarala
Siphosetho Ndalasi
CJ Nagel
Hashim Sarfaraz
