LAERSKOOL ALIWAL-NOORD VS LAERSKOOL HANGKLIP
Op 20 Februarie 2025 het Laerskool Aliwal-Noord ‘n harde oorwinning behaal teen Laerskool Hangklip deur 159-45 te wen.
Die spelers het enkels, dubbels en gemengde dubbels gespeel. Die tennisspelers het Laerskool Hangklip oorheers met puik uitslae.
Die top 7 dogters en seuns het deelgeneem.
Die oorwinning is beklemtoon deur hul indrukwekkende vaardighede wat ‘n sleutel oorwinning in hul tennisseisoen verseker het.
Dankie aan Laerskool Hangklip vir die lekker tennis-dag en goeie sportmanskap waarmee julle teen ons meegeding het.
Alle voorspoed met die res van julle tennis jaar!
