17 APRIL 2023

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD GROET JUF. NELMARIE VERWEY

Na ses jaar moes ons afskeid neem van Juffrou Nelmarie Verwey.  Mrs Verwey was firstly our highly appreciated and loved Grade 3 teacher before moving to the Gr. 4’s for the first term of 2023.  She shared her positive outlook on life on a daily base with all her learners and added so much value to each of these children’s lives. Ons sal Juffrou Nelmarie vir seker mis, veral haar goeie sin vir humor, asook as organiseerder van ons Voedingskema.  Ons beste wense vergesel haar en haar gesin.

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD VERWELKOM JUF. STEFANIE VAN DER WALT

Juffrou Stefanie is ‘n oud-Alie wat in 2014 aan Hoërskool Aliwal-Noord gematrikuleer het en het haar B.Sc Landbouwetenskap in 2018 behaal.  In 2022 behaal sy haar NGOS onderwys-kwalifikasie.

Sy is ‘n toegewyde onderwyseres met ‘n voorliefde vir diere.  Sy is ook lief vir perdry, lees, draf, stap, bergklim en kuns.

We trust that Miss van der Walt will be very happy at Alies and will make the best of every opportunity that’s been offered to her.

LSAN OPEDAG – ANPS OPEN DAY

Laerskool Aliwal-Noord het op 31 Maart 2023, met trots hul deure vir alle voornemende Alies oopgemaak.

Children and parents were invited to enjoy a super-star ALIE-experience!

Hulle kon die klaskamers en skoolterrein besoek en al die onderwysers ontmoet. 

Our school offers a wide variety of extra-curricular activities and proudly show-cased everything.

LANDSDIENSKAMP

Die 30ste Maart het `n groep seuns wat op die rugbytoer was tydens ons amptelike Landsdienskamp, die geleentheid gehad om ook te kamp. Na skool verdaag het, het hulle na Breakaway Trails in die Rouxville-distrik vertrek.

Nadat die seuns kamp opgeslaan en middagete geniet het, het ons gaan stap en die plaas verken. Ons het by `n rotspoel gestop, bietjie water gedrink en daar het elke seun op sy eie gesit en kon hulle die natuur en al sy wonders bewonder en verken.

Later the afternoon it was time to do some crafts. Each child made a keyring out of leather, on which they engraved their initials. While we waited for it to dry, they painted mandala rocks. After supper, the children had some free time, where they could spend some time in their tents or play board games.

Die seuns het vuur gemaak om stokbrood en malvalekkers op te braai. Mnr. Ignus het die seuns meer van die sterre vertel, asook so paar wenke gegee vir as jy ooit onseker is oor waar jy jouself in die veld bevind.

After a busy afternoon and night, it was finally time to sleep in our tents. A highlight for all.

The next morning, we had to get up early, pack up and return home.  Although the camp wasn’t very long, everybody enjoyed themselves thoroughly in nature.

TOP 10: EERSTE KWARTAAL 2023

By Laerskool Aliwal-Noord het die 2023-akademiese jaar in ‘n hoë rat afgeskop.  Voor ons ons oë behoorlik kon uitvee, was die eerste kwartaal se formele assesserings afgehandel en kan ons nou erkenning gee aan die Top 10 presteerders in elke graad.

NETBAL:

Op Vrydag, 14 April, het 5 van Laerskool Aliwal Noord se netbalspelers deelgeneem aan die finale rondte van die Oos Kaap netbal proewe. 1 o/12 speler en 2 o/13 spelers is gekies om die Oos Kaap gedurende die Junie vakansie te verteenwoordig. Baie geluk aan Olerato Koloba, Joanie van der Merwe en Elli-Sue Schmidt. 

NETBALSEISOEN SKOP AF:

Die netbalseisoen het Saterdag 15 April afgeskop toe die A-spanne aan toernooie in Bloemfontein gaan deelneem het.

Die 0/8’s het by Laerskool Brandwag in die B-afdeling gespeel en al 4 hulle wedstryde gewen. Die doele het mooi saam gespeel en pragtig gedoel.

Die 0/9’s se wedstryde was by Onze Rust. Hulle het baie mooi gespeel en net teen Fichardtpark A verloor. Die res van hulle wedstryde het hulle almal gewen.

Die 0/10’s by Jim Fouché het 6 wedstryde gespeel waarvan hulle 4 gewen en 2 verloor het.

0/11 het in die B-liga by Willem Postma gespeel en al 9 hulle wedstryd gewen. Met elke wedstryd was die vordering sigbaar.

Die 0/12 en 0/13 spanne het by President Brand gespeel. Die 0/12 span het 2 wedstryde gewen en 2 verloor.

Die 0/13 A span het sterk teenstaanders gehad. Hulle wen 1 van hulle 4 wedstryde.

Al die spanne het dit baie geniet en dit was baie waardevol om in van die wedstryde te kon speel.

O/13 RUGBY: LS BLOEMFONTEIN RUGBYDAG

Die o/13A-rugbyspan het die kwartaal afgeskop deur op Saterdag 15 April, aan die Laerskool Bloemfontein rugbydag deel te te neem.

The team had the opportunity to play two games on the day. The day delivered exciting schoolboy rugby on the field, with parent support from the sidelines. 

Die wedstryde was geensins maklik nie en het harde werk en goeie besluitneming van die spelers op die dag vereis. 

Spesiale melding kan gemaak word van Damin Vorster wat met uitstekende doelskoppe tydens albei wedstryde geslaag het.

Results: 

ANPS u/13A beat Onze Rust u/13A: 54-5

Player of the match: Janroux Hattingh

ANPS u/13A beat LS Bloemfontein u/13A: 42-12

Player of the match: Erik Prinsloo

0/11:

Saturday 15 April the 0/11 rugby team played 2 games in Bloemfontein.

The first game against Jim Fouché and the second game against Willem Postma.

Die seuns het goed gespeel as ‘n span en die dag saam geniet.

0/9:

Die groot dag vir die o/9 manne het uiteindelik aangebreek: hulle eerste wedstryd van die seisoen!

Baie opgewonde het die manne by Willem Postma se rugbydag in Bloemfontein opgedaag. 

Hulle kon nie wag om die eerste wedstryd teen die gasheerskool te speel nie. Die Possies was man vir man groter as ons. Hoewel die Alies manmoedig probeer het, verloor ons die wedstryd.

Die tweede wedstryd was teen Laerskool Fauna. Die Alies het geleer uit hulle foute in die eerste wedstryd. Hulle klop Fauna oortuigend met 54/7.

Ons sien uit na die seisoen wat voorlê. Dankie aan al ons ondersteuners  vir die moeite gedoen om ons wedstryde by te woon. Ons waardeer dit!

BUFFELTJIE-RUGBY

Op 15 April 2023, het die Buffeltjies by die Tjokkies Sportdag gaan deelneem.  Die spannetjie het drie wedstryde gespeel. Die Buffeltjies het teen Tjokkies, Koot Niemann en Fichardtpark Primêr gespeel.

The results of the day were in our favour. The Buffeltjies team won 2 games, drew one match. The players played very well. The players enjoyed the day very much and are looking forward to the rest of the season.

VRYSTAAT GHOLF

Baie geluk Schalk Pieterse met jou uitstekende uitslae by die naweek se Vrystaat Gholf Ope.

Schalk het 2de gekom in die 0/13 afdeling en lê tans 3de op die Vrystaat ranglys vir hierdie groep.

Ons is trots op jou!

Scroll to Top