ALIE-LAND IS ‘N WAARDE-GEDREWE SKOOL
In Aliwal North Primary School the focus is not only on achievement. We also develop every aspect of a child. Therefore, we focus on being a value driven school. Once every term, all the learners wear their different coloured clothing, representing the different values. Die verskillende kleure herinner ons aan die volgende waardes:
Gr. 1: Rooi / Red = Omgee / Caring
Gr. 2: Blou / Blue = Eerlikheid / Honesty
Gr. 3: Groen / Green = Verantwoordelikheid / Responsibility
Gr. 4: Geel / Yellow = Respek / Respect
Gr. 5: Pienk / Pink = Bedagsaamheid / Consideration
Gr. 6: Oranje / Orange: Regverdigheid / Fairness
Gr. 7: Pers / Purple: Eiernaarskap / Ownership
ALIE-VAARDIGHEIDSKLINIEK / ALIE PRE-SEASON SKILLS DEVELOPMENT CLINIC
Dis geen geheim dat die liefde vir sport diep deur ons Alies se are loop nie.
On Saturday, 26 February 2022, we had a fun pre-season skills development day in netball, hockey and rugby, to pick up where we left off 2 years ago.
Die hokkie afrigters het elkeen ‘n stasie gehad waar verskillende vaardighede en hokkie tegnieke aangeleer en ingeoefen is. Die leerders is in groepe ingedeel waar elke groep 15 minute by elke stasie kon speel.
Om die sportkliniek af te sluit en in goeie gees te eindig, het die hokkie ‘n waterspeletjie gespeel en die netbal het fyn voetwerk gedoen deur balonne te trap.
Die rugby-manne het gefokus op balvaardighede en hoe om te “tackle”
Al die spelers verdien ‘n welverdiende ysie.
To see the children participating in various sports again, was a heart-warming experience. It was awesome to see so many parents next to the fields.
Om die kinders weer te kon sien hokkie oefen, was ‘n kosbare ervaring. Dit was ook lekker om die ouers langs die veld te kon sien. Die dag was ‘n groot sukses, want almal het dit baie geniet.
We would like to thank all the players, parents and coaches who made this clinic possible.
LANDSDIENS
Monday, 21 February, the Grade 4 and 5 learners focused on the values: love for nature and love for people. Firstly, learners were grouped into pairs. Each group then had to venture into nature and collect any natural items. Learners then had to return and draw a picture of their partner and use their findings to decorate the picture with. The learners really enjoyed coming into direct contact with nature. Land service promotes the appreciation and utilization of the environment. It was good to see the learners work together and enjoy themselves!
Laerskool Aliwal-Noord se “Sweetheart Foundation” projek: Laerskool Aliwal-Noord het geregistreer om ‘n versamelpunt te wees vir die “Sweetheart Foundation”. Die “Sweetheart Foundation” versamel plastiese bottelproppies. Hulle stuur dan die proppies na ‘n herwinningsfabriek en gebruik die geld wat hul ontvang om rolstoele aan te koop vir mense wat ‘n rolstoel benodig.
Jy benodig 450kg bottelproppies om een rolstoel te kry en 150 kg broodknippies vir ‘n rolstoel.
Gedurende verlede Maandag se Landsdiensmiddag het ons senior Landsdienslede, Gr. 6 & 7, die proppies begin uitsorteer. Hul het die proppies wat wel gebruik kan word en die wat nie, van mekaar geskei en die sakke begin opmaak vir die “Sweetheart Foundation”.
In samewerking met Landsdiensklubs regoor die Oos-Kaap het ons huidiglik 2 TON proppies wat na die “Sweetheart Foundation” toe kan gaan.
Dit beteken dat ons rondom 15 rolstoele kan kry. Die Landsdiens kan self hierdie rolstoele toeken of die “Sweetheart Foundation” kan dit versprei na persone waarvan hul reeds bewus is en waar daar ‘n behoefte is.
Ons het ook onder ons klasse ‘n kompetisie gehad om ons kinders te motiveer om te help met die projek. Die Gr. 5-klas van 2021 het die kompetisie gewen. Dankie aan DANKBAAR AGENCIES vir die borg van roomyse vir die wenklas.
Ons is geweldig trots om hierdie projek te kon loods. Ons is nog in die proses om al die proppies uit te sorteer en op te maak, maar wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om ALMAL wat betrokke is en wat gehelp insamel het, uit ons harte te bedank vir hul deelname en bydraes.
Ons is dankbaar om deel te wees van die “Sweetheart Foundation” wat regtig ‘n verskil in mense se lewens maak.
So maak Ons-Gee-Om Landsdiensklub weer eens ‘n verskil in ons gemeenskap!
TENNIS
Met covid en reën wat verskuiwings aan die tenniswedstryde laat plaasvind het, het ons steeds kans gekry om te speel. Die eerste tennisspan van Laerskool Aliwal-Noord het Maandag, 14/02/2022, vir Zastron en Donderdag, 17/02/2022, vir Burgersdorp afgestof. Ons het beide wedstryde gemaklik gewen. Die spelers het uitstekende baanmaniere getoon en was in hulle noppies om weer te kan kompeteer. Hulle het goeie sportmanskap getoon en die afrigters en ouers se harte bly gemaak. Ons het ook Maandag, 28/02/2022 ‘n wedstryd teen Laerskool Karel Theron gehad. Ongelukkig, toe ons in Middelburg aankom, het dit onophoudelik gereën en kon die wedstryd nie plaasvind nie. Hulle was so gaaf en het die hele span vir ‘n melkskommel “gestick”. Dit het die ry darem die moeite werd gemaak.
Welgedaan aan elke leerder wat gespeel het en hulle beste gegee het. Ons weet elkeen het die baie geniet. Ook ‘n groot dankie aan elke ouer wat ‘n bydra gemaak het. Ons waardeer dit opreg.
ATLETIEK/ATHLETICS:
CMC-BYEENKOMS/CMC MEETING
After no athletics took place at Sauerpark in Aliwal North over a period of 11 years, this was the venue for the CMC meeting held on 22 February.
Maandag, 21 Februarie, is daar hard gewerk deur die gasheer, Laerskool Aliwal-Noord, om die baan voor te berei vir die volgende dag se atletiek.
Three CMC’s participated at this meeting and included all the Aliwal North-, Jamestown-, Burgersdorp-, Steynsburg-, Oviston, Barkly East- and Lady Grey schools.
LSAN word deur 75 atlete verteenwoordig. Ons atlete vaar uitstekend op die dag en verskeie rekords word verbeter.
Enrique Weitsz verbeter die seuns 13 rekord vir die 1500 meter stap in ‘n tyd van 8:04,60 sekondes. Hy verdien ‘n allemintige 914 punte op die ASA-tabel vir hierdie poging.
Lianie Smook broke both the shotput- and high jump records for girls 13 with a distance of 9,73 meters and a height of 1,42 meters respectively.
Gerbrandt Bekker, seuns 12, verbeter die diskusgooirekord met ‘n afstand van 29,12 meter. hy behaal ‘n afstand van 10,73 meter, wat ook ‘n nuwe rekord is.
Olerato Koloba, girls 11, set a new record in the 70m hurdles in a time of 13,70 seconds.
Wicus Pretorius, seuns 13, verbeter nie minder nie as drie rekords. Die nuwe rekord vir spiesgooi is 25,70 meter, vir gewigstoot is dit 9,30 meter en vir diskusgooi is dit 25,69 meter.
Francois Botha broke the boys 11 long jump record. His distance was 3,78 meters.
Barend Botha-Arends, boys 10, won the shot put with a record distance of 8,11 meters.
Asakhe Tsiki broke the long jump boys 13 record with a distance of 4,46 meters.
Liane Kruger, dogters 11 jaar, verbeter die gewigstootrekord met ‘n afstand van 9,44 meter.
Mienke du Plessis, dogters 12, stel ‘n nuwe verspringrekord van 4,20 meter op.
Elli-Sue Schmidt verbeter die dogters 12 se gewigstoot rekord met ‘n afstand van 8.20 meter.
Sasha-Leigh Johnson, dogters 13, blits die 75m hekkies in ‘n rekordtyd van 13,10 sekondes af.
A new addition to the athletics program, is that it can now identify the boy-and girl athlete of the day. The boys athlete of the day is Enrique Weitsz with his 914 points for the 1500 meter walk for boys 13.
Liané Krüger is die meisie-atleet van die dag met haar 837 punte verdien vir die gewigstoot dogters 11.
Baie geluk aan die atlete met hulle goeie prestasies.
45 of our athletes were chosen to represent the Luncedo team in Sterkspruit at the Joe Gqabi meeting that took place on 25 February. Results of this meeting will follow.
Baie geluk aan al ons atlete. ‘n Woord van dank aan elke beampte wat sy of haar dag opgeoffer het om te sorg dat alles glad verloop en van die byeenkoms ‘n sukses te maak.
Aan elke personeellid van Laerskool Aliwal-Noord – dankie vir die ekstra myl wat julle altyd bereid is om te stap. Dankie vir julle harde werk, opoffering en ondersteuning. Dit gaan nie ongesiens verby nie.
