IKAN MINI-HOKKIE TOERNOOI
Op Saterdag, 10 September 2022, het IKAN hokkieskool ‘n baie geslaagde toernooi by Laerskool Aliwal-Noord aangebied.
Spanne van sover as De Aar het kom deelneem. Daar was 44 spanne van 7 skole wat deelgeneem het om van die dag ‘n sukses te maak.
Elke span het ten minste 4 wedstryde gespeel.
Geen tellings is gehou of wenners aangekondig nie – die doelwit was om net die dag te geniet en hokkie te speel.
This supports the purpose of IKAN hockey school: “To infuse a love for hockey and help every child discover his or her true potential.”
Op die dek het me Esbach en haar span reggestaan met heerlike eetgoed.
Die Ondersteunersklub se treintjie het gesorg vir groot vermaak onder die jongklomp.
Die dag is terdeë geniet deur spelers en ondersteuners. Ons hoop om binnekort weer so te maak.
Ons opregte dank aan Riverside Lodge vir die heerlike pizzas van die skeidsregters.
Dankie aan Metro Fruit & Veg vir die water, Minetteh Hattingh en Madelein van Riet vir die foto’s en Debora van Zyl wat die aankondiger vir die dag was. Sonder julle sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.
IKAN would like to thank each and everyone who made this day possible; all the umpires, supporters and players, but the most important thanks go to our Heavenly Father who blessed us with a wonderful day.
