EISTEDD@ALIES 2026: ’N EISTEDDFOD OM TE ONTHOU
Eistedd@Alies 2026 was ’n besondere viering van kreatiwiteit en harde werk. Die beoordeling van kuns het van 17 tot 21 Augustus plaasgevind, met kunstenaar Annelise Vorster-Meyer en haar dogter, Enja Meyer, as beoordelaars van al die kunsinskrywings.
Our learners submitted an impressive 259 2D art entries, earning 56 gold, 23 double gold and 12 triple gold awards. In 3D art, our 93 entries resulted in 24 gold, 18 double gold and 21 triple gold awards.
Die digitale kunsafdeling het 126 inskrywings gehad, met 25 silwer, 10 goud, 12 dubbelgoud en 11 drievoudige goue toekennings. Ons het ook 43 grafiese kunswerke ingeskryf en 3 brons-, 29 silwer-, 4 goue-, 3 dubbelgoue en 3 drievoudige goue toekennings ontvang.
Our 20 Creative Writing entries produced 12 silver, 7 gold and 1 double gold award. On Friday, 21 August, eleven learners participated in the Stage Costume Fashion Show, with 1 silver, 5 gold, 3 double gold and 5 triple gold awards.
Van 24 tot 28 Augustus het die drama-, musiek- en dansitems plaasgevind. Drama het 22 inskrywings van Bollie Konyn en 285 van Laerskool Aliwal-Noord gehad. Obed de Koker het die drama beoordeel, met altesaam 19 brons-, 72 silwer-, 100 goue-, 61 dubbelgoue en 29 drievoudige goue toekennings.
Music featured 25 entries, earning 3 silver, 14 gold, 5 double gold and 3 triple gold awards. Various music teachers privately train our learners, and we would like to acknowledge their dedication and support. Helene Beukes adjudicated all the music items, assisted by Irma Davel and Wicus van Rensburg with the choir adjudication.
We also acknowledge our Alie dancers who took part. Some of our dancers were coached and trained by Riette’s Dance Studio and Sune’s Dance Academy. Dance had 12 entries, with 7 silver, 8 gold, 1 double gold and 2 triple gold awards. Renee Ferreira adjudicated the dance section.
Dit was ’n eisteddfod om te onthou! Ons is ongelooflik trots op al ons leerders wat hul talente met soveel entoesiasme gedeel het. ’n Groot dankie aan al die beoordelaars, deelnemers en toeskouers wat Eistedd@Alies 2026 so spesiaal en suksesvol gemaak het.

🎾 RISING STARS TENNIS 🎾
Ons top 4 dogters en top 4 seuns tennisspelers het Saterdag, 5 September, in Cradock aan die Rising Stars-tennis deelgeneem.
Die spelers wat ons skool verteenwoordig het was:
1. Johannes vd Westhuizen
2. Fernand Hatting
3. De Wet vd Merwe
4. Nico de Wet
1. Merize Brand
2. Liné Nel
3. Ria van Riet
4. Dané van Zyl
Dit was ‘n dag vol goeie tennis, lekker wedstryde en mooi sportmangees. Ons spelers het ons skool met trots verteenwoordig en uitstekende spel gelewer.
‘n Groot dankie aan al die ouers vir julle ondersteuning en aan ons skool vir die geleentheid om deel te neem.
Ons is ongelooflik trots op elke speler! 💙🎾




















