Boeke

By Laerskool Aliwal-Noord streef ons daarna om elke leerder te voorsien van al die handboeke van die onderskeie vakke.  Ongelukkig word ons deur die Department geklassifiseer as ‘n kwintiel 5 skool, wat beteken dat ons baie min finansiële hulp ontvang.  Ons moet dus in ons jaarlikse begroting voorsiening maak om handboeke uit skoolfonds aan te koop.  

Elke leerder word dus verantwoordelik gehou vir die handboeke wat hulle ontvang, en beskadigde en verlore handboeke moet dus vervang word.  Die vakonderwysers hou rekord van hulle vakke se handboeke. Aan die einde van elke jaar ontvang leerders ‘n skryfbehoeftelys vir skryfbehoeftes wat vir die volgende jaar benodig word.  

Scroll to Top