Atletiek
Danksy ‘n groep toegewyde en baie
bekwame afrigters, is atletiek by Laerskool Aliwal-Noord kerngesond.
Laerskool Aliwal-Noord bied 'n interhuis
byeenkoms aan gedurende Januarie waar twee kleurspanne, naamlik Groen en Oranje
meeding teen mekaar. Alle leerders in die skool neem deel aan hierdie
byeenkoms.
'n Span word dan gekies om die skool by die
dorpsbyeenkoms te verteenwoording, waar al die laerskole in Aliwal-Noord
deelneem.
Na die dorpsbyeenkoms word daar weer ‘n span
gekies wat Aliwal-Noord op ‘n CMC-byeenkoms verteenwoordig. Op hierdie
byeenkoms neem skole van die hele Senqu-streek deel. Atlete wat hier
kwalifiseer, neem aan die Joe Gqabi-byeenkoms deel, waar atlete uit die
verskillende CMC’s teen mekaar meeding.
'n Joe Gqabi-span word dan gekies om die Joe
Gqabi streek te verteenwoordig by die Oos-Kaap Kampioenskappe waar atlete van
regoor die Oos-Kaap meeding.
Atlete wat in die Oos-Kaapspan opgeneem word,
verteenwoordig die Oos-Kaap by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskappe
(SASA). Dit is onderhewig aan streng keuring en atlete moet kwalifiseer
volgens vasgestelde kwalifiserede standaarde. LSAN lewer elke jaar ‘n goeie
hoeveelheid atlete wat aan die SA-kampioenskappe deelneem.
Gedurende die vierde kwartaal het atlete ook
die geleentheid om aan verskeie byeenkomste in Bloemfontein deel te neem wat
deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) gereël word.
