Fasiliteite
Geen skool kan effektief funksioneer sonder
die nodige geriewe en fasiliteite nie. By LSAN is 21 klaskamers, toegerus met
digitale projektors en skootrekenaars, waar hoogstaande onderrig kan plaasvind.
Daar is ook 'n kunsklas en 'n mediasentrum vir verdere verryking van ons
leerlinge.
In die administratiewe blok is kantore vir skoolhoof, adjunkhoof en sekretaresses. Skryfbehoeftes en handboeke word vanuit die boekekamer
voorsien, onderwysers maak ook gebruik van die Departementshoof se kantoor
waar 'n skootrekenaar en kopieërmasjien is. Verskeie departementele direktiewe en
kurrikulum verwante omsendskrywes word ook hier op lêer gehou.
Die Grondslagfase, het hulle eie afsonderlike toilette bo en behalwe die van die gr.
4-7 leerlinge. Die skool is ook toegerus met 'n alarmstelsel en CCTV
kamerastelsel. Kopieë word in die afrolkamer gemaak. Sport-en-sosiale funksies
word op die houtdek aangebied.
Pouses kan hulle versnaperings by die skoolsnoepie
koop. Op sportgebied is daar 7 netbalbane, 2 rugbyvelde, 2 hokkievelde en
krieketnette. Daar is ook oefen geriewe vir atletiek, en 4 tennisbane. Uit die
skool se kombuis word nie net tee en koffie vir die personeel voorsien nie, maar
ook etes vir die voedingskema. Die skool se voertuie en toerusting word in 3
motorhuise geberg. Skoolklere word in Alie-klere, die skoolwinkel verkoop. Die
skool het 'n volledig toegeruste rekenaarsentrum en daar is 'n siekekamer.
Saalbyeenkomste, ouervergaderings en ander byeenkomste word in die skoolsaal
aangebied.
