Netbal
Netbal is reeds
vir baie jare aktief in LSAN. Dogters
vanaf Graad 1 tot 7 neem deel. In Graad
1 neem al die dogters deel en word daar hoofsaaklik op die ontwikkeling van
basiese vaardighede gekonsentreer. Vanaf graad 1 word wedstryde teen ander
skole gespeel. Ons spelers vaar ook
jaarliks baie goed op streeks en provinsiale vlak.
Gedurende 2021 is
twee O/12 spelers en twee O/13 spelers tot die Oos-Kaapse span verkies.
