Sport Klubs
hokkie
Die Ikan Hokkie Skool fokus op die holistiese ontwikkeling van elke sportman of -vrou. Hokkievaardighede word weekliks ingeoefen. Klein groepies vir individuele afrigting word gevorm vir spelers van Graad R tot Graad 7. Die missie is om ‘n liefde vir hokkie te ontwikkel en om elke speler se ware potentiaal te ontdek en dit te ontwikkel. Daar is 3 afrigters wat baie lief is vir hokkie en hulle wil dit oordra aan elke kind wat by die Ikan Hokkieskool aansluit. Seuns en meisies van alle ouderdomsgroepe is welkom om aan te sluit.
rugby
Die rugby akademie se naam is: “Wolf Pack Rugby Club”. Danie Kotze fokus daarop om die jong spelers se individuele rugbyvaardighede te verbeter. Krag, spoed en fiksheid kry baie aandag sodat alle fasette van rugby verbeter kan word.
Die afrigters tree op as mentors vir elke jong seun, terwyl ‘n spesiale band gevestig word tussen spelers gedurende die harde werk van die seisoen.
Tennis
Pieter Pretorius Tennis bied tennislesse op die skool se tennisbane aan. Die lesse word dwarsdeur die jaar aangebied.
Die mikpunt by Pieter Pretorius Tennis is om die leerders
uit ‘n profesionele oogpunt tennis te leer speel. Pieter skep ‘n veilige
leeromgewing. Die oogmerk is dat dit pret moet wees om deel te neem.
Alle tegniese houe word verduidelik, aangeleer en ingeoefen.
skiet
Hardewerk, uithouvermoë en self dissipline is die fondasie waarop die skuts van ANHS hulle sukses bou. Die Buffel luggeweerspan bestaan uit drie Laerskool leerders en drie Hoërskool leerders. Skietoefening vind drie maal ‘n week by die skietbaan plaas. Die spanlede se toewyding en opofferings wat hulle moet maak, maak van hulle baie spesiale jongmense. Die span behaal besonder goeie uitslae wanneer hulle by verskeie geleenthede meeding.
