Vorderingvereistes

Slaagvereistes word streng volgens die riglyne van die Departement van Basiese Onderwys, gevolg. Alle formele assesseringsopdragte, soos deur die departementele riglyne uiteengesit, word afgeneem en alle punte word op die Nasionale datastelsel, bekend as SA-SAMS (tans word D6 ingefasseer). ingevoer.

Punte-verwerking word outomaties deur dié stelsel gedoen, volgens die gewigsfaktore wat aan elke moontlike onderafdeling van die verskillende vakke toegeken is. 

Vordering vereistes

GrondslagFase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

Intermediêre Fase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

40% (Vlak 3) in enige 2 van die oorblywende 3 vakke, bestaande uit Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe en Tegnologie en Lewensvaardighede.

SeniorFase slaagvereistes

Huistaal - 50% - (Vlak 4)
Addisionele Taal - 40% - (Vlak 3)
Wiskunde - 40% - (Vlak 3)

Die oorblywende 6 vakke is Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Skeppende Kunste, Ekonomiese Bestuurswetenskappe en Lewensoriëntering. 

40% (Vlak 3) in enige 3 van die 6 vakke hierbo genoem. 30% (Vlak 2) in enige 2 van die oorblywende 3 vakke.

RAPPORTE

Rapporte word ook deur die SA-SAMS (tans word D6 ingefasseer) datastelsel saamgestel en daarvolgens uitgedruk. Tradisioneel word rapporte by die Laerskool Aliwal-Noord op die laaste dag van ‘n kwartaal uitgedeel. Leerlinge ontvang ‘n harde kopie van hul rapporte, maar ‘n digitale weergawe is ook, op versoek van enige ouer, by die klasonderwyser beskikbaar. Indien ‘n leerling nie sy/haar rapport in ontvangs kan neem nie, sal die rapport op Dag 1 van die volgende kwartaal beskikbaar wees. Slegs aan die einde van die jaar word onafgehaalde rapporte gepos of per e-pos aangestuur.

Scroll to Top