NUUSBERIG 4 Mei 2026

HOKKIE / HOCKEY

Die o/13A-hokkiespan van Laerskool Aliwal-Noord het onlangs hul klereoorhandiging gehad – en wat ’n ware spoggeleentheid was dit nie!

Die geleentheid was gevul met opgewondenheid, trots en dankbaarheid terwyl die dogters hul pragtige nuwe hokkieklere ontvang het. Die uitrustings is van uitstaande gehalte en laat die span nie net netjies lyk nie, maar bou ook spantrots en -gees.

’n Opregte woord van dank gaan aan ons ruim borge, Isuzu en Thums Up, wie se ondersteuning hierdie geleentheid moontlik gemaak het. Sonder hul bydraes sou hierdie droom nie ’n werklikheid kon word nie. Die meisies is behoorlik bederf met al die wonderlike items wat hulle ontvang het.

Baie dankie ook aan al die ouers en betrokkenes wat gehelp het om van die dag só ’n besondere en goed gereëlde geleentheid te maak. Julle ondersteuning en toewyding word opreg waardeer.

The u/13A hockey girls of Aliwal North Primary School recently celebrated their kit handover – and what a truly spectacular occasion it was!

The event was filled with excitement, pride, and gratitude as the girls received their beautiful new hockey kit. The outfits are of exceptional quality, giving the team a neat look while also building team spirit and pride.

A sincere word of thanks goes to our generous sponsors, Isuzu and Thumbs Up, whose support made this event possible. Without their contributions, this dream would not have become a reality. The girls were truly spoiled with all the wonderful items they received.

A big thank you also to all the parents and supporters who played a role in making this event so special and memorable. Your involvement and dedication are truly appreciated.

NETBALL IN ALIE-LAND

Op Vryday, 1 Mei het vyf van Laerskool Aliwal-Noord se netbalmeisies aan die Oos-Kaap netbalproewe deelgeneem te Queenstown. Die meisies het uitstekend gespeel en Laerskool Aliwal-Noord is baie trots op hulle.

Baie geluk aan Romé Botha wat gekies is vir die o/12 Oos-Kaap netbalspan. Romé’s hard work, perservance and love for netball have clearly paid off. She will represent our school at the All Ages tournament that will be held in Boksburg 28 June to 2 July 2026. Baie geluk Romé, ons is ongelooflik trots op jou!

Scroll to Top