LAERSKOOL ALIWAL-NOORD SE OPEDAG – 24 APRIL 2026
Laerskool Aliwal-Noord het op 24 April 2026 sy opedag met groot entoesiasme aangebied. Die tema vir vanjaar was “Volg die buffelspoor”, en voornemende Alies het die geleentheid gekry om die skoolterrein te verken.
Prospective learners and their families were welcomed warmly and guided through the school by enthusiastic tour leaders. Each visitor received a route map, helping them navigate the different points of interest and experience life at Aliwal North Primary firsthand.
Verskeie besoekpunte, van klaskamers en sportfasiliteite tot ons kreatiewe en akademiese ruimtes, is besoek en elkeen het ’n blik gegee op die lewendige kultuur en gehalte onderrig waarop die skool trots is.
Halfpad deur die roete was daar ’n heerlike verrassing: warm pannekoek! Op die reënerige, koeler dag was dit ’n welkome bederf wat glimlagte op almal se gesigte geplaas het.
The day was filled with excitement, curiosity, and lots of Buffalo spirit. Thank you to all parents, learners, and visitors who joined us. We hope to welcome many new Alies to our school family soon!
TROTSE ALIE-BORGE / PROUD ALIE SPONSORS
Ons sportdag die naweek van 25 April 2026 was nie net vol opwinding op die veld nie, maar ook ’n oomblik van samewerking en ondersteuning van ons gemeenskap. Voor elke wedstryd het ons borge saam met die spankapteine foto’s geneem – ’n mooi simbool van die vennootskap wat ons sport moontlik maak.
Daarna is die tradisionele “coinflip” gedoen om te bepaal wie eerste speel, wat ’n gevoel van regverdigheid en sportmangees tot die dag bygedra het. Hierdie oomblikke het nie net die wedstryde afgeskop nie, maar ook die trots en eenheid van elke span beklemtoon.
Baie dankie aan al ons borge vir hul volgehoue ondersteuning, asook aan elke speler wat die dag so spesiaal gemaak het.
Our sports day this past weekend, 25 April 2026, was not only filled with excitement on the field, but also marked a special moment of collaboration and support from our community. Before each match, our sponsors took photos with the team captains – a beautiful symbol of the partnership that makes our sport possible.
Thereafter, the traditional “coinflip” was done to determine who would play first, adding a sense of fairness and true sportsmanship to the day. These moments not only kicked off the matches, but also highlighted the pride and unity of each team.
A big thank you to all our sponsors for their continued support, as well to every player who made the day special.

NETBALL IN ALIE-LAND:
Baie geluk aan ons dogters wat opgeneem is in die Joe Gqabi netbalspan. We are incredibly proud of your hard work, dedication and commitment on the court. Sterkte met julle volgende rondte proewe op 1 Mei wat te Queenstown plaasvind. Geniet elke oomblik, speel met selfvertroue en gee net julle beste. Die Alies staan bankvas agter julle.
u/12
Romé Botha
Anzél Fourie
Liwa Ndima
u/13
Hluma Mzuzu
Liyabona Sinxadi

ALIES VS LAER VOLKSKOOL GRAAFF-REINET:
NETBAL / NETBALL
Alies het Saterdag, 25 April die voorreg gehad om Laer Volkskool by ons te ontvang vir ’n dag vol netball en gesonde kompetisie. The visiting team travelled from far, and the day was marked by excellent participation, a great atmosphere, and strong matches across all age groups.
Albei skole het met trots hul beste voet voor gesit, en die wedstryde is in ’n positiewe en sportiewe gees gespeel. Spelers het hard gewerk op die baan en goeie vaardighede en spanwerk ten toon gestel.
Alies bedank Laer Volkskool vir hul besoek en sportiewe deelname. Ons sien uit na toekomstige ontmoetings op die netbalbaan.
Uitslae:
- o/7A vs LVS o/7A: Alies verloor 0–2
- o/7B vs LVS o/7B: Alies verloor 0–1
- o/8A vs LVS o/8A: Alies verloor 3–2
- o/8B vs LVS o/8A: Alies verloor 8–1
- o/9A vs LVS: Alies wen 7–2
- o/9B vs LVS: Alies wen 6–2
- o/10A vs LVS: Alies verloor 11–10
- o/10B vs LVS: Alies verloor 10–2
- o/10C vs LVS: Alies verloor 9–4
- o/11A vs LVS: Gelykop 6–6
- o/11B vs LVS: Alies wen 9–0
- o/12A vs LVS o/13B: Alies wen 20–3
- o/13A vs LVS o/13A: Gelykop 19–19
- o/13B vs LVS o/13C: Alies wen 22–0










RUGBY IN ALIE-LAND
Laerskool Aliwal-Noord het op Saterdag, 25 April, hul eerste tuiswedstryde van die seisoen teen Laer Volkskool aangebied. Die sportgronde het van vroegoggend af gebruis van opgewondenheid met spelers, ouers en ondersteuners wat opgedaag het om die spanne aan te moedig. Daar was ’n besondere atmosfeer rondom die rugbyvelde toe die spelers uiteindelik die geleentheid gekry het om voor die Alies gemeenskap op tuisbodem uit te draf.
The young u/7 rugby teams stepped onto their home field for the first time in their school careers and, despite two tough matches, showed great determination and courage. ANPS A lost to Volkskool A, while ANPS B fell short against Volkskool B. Although the results did not go their way, the young players continued fighting until the final whistle and gained valuable experience.
Die o/8-rugbyspanne het beslis die skare laat regop sit met uitstekende spel, goeie spanwerk en indrukwekkende energie op die rugbyveld. LSAN A het met ’n puik oorwinning geseëvier, terwyl LSAN B ook hul wedstryd oortuigend gewen het. Die spelers se selfvertroue en harde werk op die oefenveld het duidelik deurgeskemer in hul spel.
The u/9 team built on the momentum of the day and delivered a dominant performance with a strong victory over Volkskool. From the very first whistle, they took control of the game and worked exceptionally well together as a team. Their communication and determination were clearly visible throughout the match.
In die o/11-wedstryd het Volkskool A sterk rugby gespeel en LSAN A ongelukkig geklop. Hoewel die telling nie in LSAN se guns was nie, het die spelers deursettingsvermoë getoon deur constant die opposisie onder druk te plaas.
The u/13 teams started and closed the day with two tough and physical matches. Although both teams came up against strong opposition and fell short, they showed excellent fighting spirit and gained valuable experience that will undoubtedly make them stronger going forward.
Die dag het uiteindelik oor veel meer as net wen en verloor gegaan. Dit het gegaan oor spanwerk, sportmangees, deursettingsvermoë en die trots om Alies se kleure te dra. Die ondersteuning langs die veld en die entoesiasme van die spelers het weereens die sterk gees en vasberade Alies-gees bewys. With the season still ahead, players, coaches, and supporters are already looking forward with excitement to the next fixtures and the opportunities that lie ahead.
Die uitslae was soos volg / The results were as follows:
o/7 RUGBY
LSAN A 0 – 2 Volkskool A
ANPS B 0 – 3 Volkskool B
o/8 RUGBY
ANPS A 6 – 1 Volkskool A
LSAN B 4 – 0 Volkskool B
o/9 RUGBY
LSAN 7 – 0 Volkskool
o/11 RUGBY
ANPS A 0 – 15 Volkskool A
o/13 RUGbY
ANPS A 12 – 34 Volkskool A
LSAN B 10 – 27 Volkskool B
o/13 RUGBY: CAPPING CEREMONY / PETSEREMONIE
The u/13A rugby team had their capping ceremony on 16 April 2026. The event was held in the school hall and attended by the selected squad of 21 players, as well as their proud parents.
Hierdie spoggeleentheid was gereël deur Rene Vorster, ma van die kaptein, Adriaan Vorster.
Die geleentheid het ook gedien as die amptelike begin van Laerskool Aliwal-Noord se rugbyseisoen.
During the ceremony, each player was formally presented with his team gear. Mr Wiehan Janse van Rensburg of Berg Sports, one of our sponsors, had the honour to hand over the kit to the players. Items handed out included a beach towel branded with the Alies logo and player’s name on it, kit bag, rugby shorts, a cap and the prestigious A team jersey.
Spelers en ouers is getrakteer op boereworsrolle, kolwyntjies en ‘n koeldrank na afloop van die formele verrigtinge. Foto’s van trotse ouers en spelers is geneem by die ballonboog wat spesiaal vir die geleentheid gemaak is deur mev. Bianca de Villiers.
The ceremony not only served as a moment of pride for the players and their parents, but also reinforced team unity and a sense of belonging. It also set a positive tone and will surely build excitement for the season ahead.
‘n Groot dankie ook aan elke ouer vir hulle ondersteuning, belangstelling en betrokkenheid by hulle kinders.
Die afrigters en spelers wens hiermee ook om vir tannie René, juffrou Bianca en die braaiers te bedank vir al hulle moeite en reëlings om van hierdie aand ‘n groot sukses te maak. Tannie Minette Hattingh, dankie vir die neem van die foto’s. Ons waardeer dit baie en sal met trots en dankbaarheid terugkyk op die mooi herinneringe.
Oom Wiehan van Berg Sports, dankie dat oom steeds bereid is om betrokke te wees by Laerskool Aliwal-Noord se o/13 rugbyspan met die borg van die broeke en sakke.
We would also like to thank oom Stoffie and tannie René for their generosity in sponsoring the caps and towels.
Ook aan oom Swannie en tannie Mercia van Wimpy Aliwal-Noord, ‘n woord van dank vir julle jarelange borg van ons rugbytruie. Dit word opreg waardeer.
ALIES SPEEL UITNEMENDE HOKKIE BY AL 5 RONDTES BORDER PROEWE 🏑
ALIES PLAYS EXCELLENT HOCKEY AT ALL 5 ROUNDS OF BORDER TRIALS 🏑
Na ‘n lang maand van proewe en baie Sondae in Queenstown se harde werk op die astro, is die spanne vir 2026 Border Inland o/12 en o/13 bekend gemaak.
We are very proud of each player who went through to a next round and would like to congratulate the EIGHT players that has been chosen for each of the teams.
u/13 Boys Inland Team:
Michael Paul
u/13 Girls Inland Team:
Liso Saba
Liné Nel
Nie-reisende reserwe: Elizna Peyper
o/12 Seuns Border Inland Span:
Louw Greyvenstein
Ruben Greyvenstein
o/12 Meisies Border Inland Span:
Adanje Kotze
Liwa Ndima
Romé Botha
Baie dankie aan elke ouer wat ‘n Sondag of twee opgeoffer het om julle kinders te ondersteun.
Thank you to the teachers as well, who took children to the trials by bus each Sunday.









LSAN HOKKIE VS LAER VOLKSKOOL
Laerskool Aliwal Noord hokkie vs Laer Volkskool
Die afgelope Saterdag, het van Laerskool Aliwal-Noord se hokkiespanne teen Laer Volkskool kragte gemeet hier op ons tuisveld.
Aliwal se meisies het pragtig gespeel. Gemengde welslae is behaal.
What a lovely day of hockey.
Congratulations to all the players and their coaches.
UITSLAE / RESULTS:
o/7A vs LVS o/7A: 2 – 5
u/7B vs LVS u/7B: 0 – 6
o/8A vs LVS o/8A: 6 – 2
u/9A vs LVS u/9A: 5 – 0
o/9B vs LVS o/9B: 6 – 0
u/10A vs LVS u/10A: 2 – 3
o/10B vs LVS o/10B: 1 – 3
u/10C vs LVS u/10C: 0 – 9
o/13C vs LVS o/10C: 2 – 0
u/12A vs LVS u/13B: 1 – 0
o/13A vs LVS o/13A: 1 – 1
ALIE-LAND LANDSDIENS / LAND SERVICE:
By ons eerste Landsdiensmiddag vir die tweede kwartaal het ons Senior Landsdiensmaats hul liefde vir arbeid getoon. In die gees van LSAN se opedag het ons Gr.6-7 Landsdieners kreatief geraak en gehelp om ons Landsdiens stalletjie op te helder met pragtige vlaggies. These flags represented the 4 loves of Land Service, our logo and all the fun activities they do at Land Service.









