INA PAARMAN UITSTAPPIE
“Experience is the teacher of all things” ~Julius Caesar.
14 Opgewonde kindergesiggies het Woensdag, 24 April 2024, op die bussie geklim om Bloemfontein toe te gaan vir ñ opwindende dag. Graad 3D het vanjaar die Ina Paarman kompetisie gewen! Dit beteken dat hulle die meeste geld ingesamel het vir die Ina Paarman fondsinsamelingsprojek. Hierdie projek is een van Laerskool Aliwal-Noord se hoogtepunte elke jaar. Alle klasse, hul ouers en onderwysers, woeker met die verkope, hoopvol om die wen-klas te wees.
Baie dankie aan ons skool, Laerskool Aliwal-Noord, wat dit vir ons moontlik gemaak het om op hierdie uitstappie te gaan. Dit was ‘n verrykende ervaring met herinneringe waaaroor ons vir altyd oor sal kan gesels!
Die graad 3D klas het twee plekke in Bloemfontein besoek, Zanchieta en “Jumper’s Lane”. Zanchieta is buitekant Bloemfontein ‘n wild sentrum. Hulle iss vriendelik verwelkom deur mak hoenders wat uit hulle hande mieliepitte geëet het. Die graad 3’s was bevoorreg om 80 verskillende dierespesies te sien! Onder andere ‘n tierboskat, meerkatte, bosvarke, apies, kraaie, uile en rooikatte. Die leerders is verseker verras deur die 16 jarige leeu, Okavango, wat hulle by die heining kom groet het. Hy was baie nuuskierig! Toe hulle klaar van al die interessante diere geleer het, het hulle onder die boom gesit, koeldrank gedrink en skyfies geëet.
Then it was time for Jumper’s Lane! The learners jumped until they dropped. Jumper’s Lane is a huge hall filled with trampolines and obstacles. They had all the trampolines just for themselves. Half way through, they were spoiled with a pizza and cooldrink for lunch, but they could not wait to get back to jumping! All fun things must come to an end and it was time to return home. At least they made a lot of memories that will keep them talking for a while!
TENNISTOERNOOI – ZASTRON
Saturday 27 April 11 of Aliwal North Primary School’s tennisplayers participated in a tennis tournament in Zastron. Ons het daar teen spelers van Zastron, Willem Postma en Trompsburg gekompeteer. Dit was ‘n dag vol tennis, goeie kompetisie en baie wedstrydgeleenthede. We ended the day with mixed results, but the children enjoyed this fun day of tennis.
Baie dankie aan Zastron wat hierdie tennistoernooi gereêl en ons spelers geleentheid gegee het om te speel.
This same weekend 26-28 April there was a Cradock Mini Tournament where some of our other tennis players also took part. Natasha Weitsz, Kara de Wet, Nico de Wet en Fernand Hattingh. Hulle het ook in hierdie toernooi dit verskriklik baie geniet om soveel ervaring in wedstryde op te doen.
Natasha Weitsz faired very well in her matches:
Natasha Weitsz het 4 enkelspelwedstryde gespeel:
2 wedstryde gewen en 2 wedstryde verloor
6-2 6-2 gewen
6-2 2-6 10-7 verloor
6-3 6-4 verloor
7-5 6-2 gewen
Sy het uitgespeel vir posisies en 7de uit ‘n totaal van sestien (16) o/12 dogters geëindig.
Dubbels verloor met valbylpot.
6-2 wen
4-6 verloor
10-4 wen
Finale net gemis.
