NUUSBERIG, 22 APRIL 2024

Laerskool Aliwal-Noord

Ina Paarman / Señor Chef Fondsinsamelingsprojek

Laerskool Aliwal-Noord het vanjaar weer aan die Ina Paarman / Señor Chef Fondsinsamelingsprojek deelgeneem. Hierdie projek het twee weke geduur. Soos in die verlede was die Fondsinsamelingsprojek vanjaar weer eens ʼn REUSE sukses.

The winning class with the highest Ina Paarman sales, is Grade 3D.

The learners with the highest sales are:

  1. Hlompho Mogorosi Gr. 5C
  2. Hendrik Fourie Gr. 3D
  3. JC van der Westhuizen Gr. 3D

Congratulations on this wonderful achievement!

Baie dankie vir elkeen se ongelooflike ondersteuning en lojaliteit teenoor Laerskool Aliwal-Noord.

LSAN HOKKIE VS UNION

LAERSKOOL ALIWAL NOORD HOKKIE VS UNION PRIMARY SCHOOL

Die afgelope Saterdag het van Laerskool Aliwal-Noord se hokkiespanne teen Laerskool Union te Graaff-Reinet meegeding.

Aliwal se meisies het baie goed gevaar en mooi hokkie is gespeel.

Valuable life lessons and team work is also taught while they were taking part.

What a lovely day of hockey.

Die uitslae was as volg / The results are as follow:

Meisies:

0/8A    3-0
0/8B    1-4
0/9A    5-0
0/9B    0-3
0/10A 9-0
0/10B 3-0

Baie geluk aan al die spanne en afrigters.

ANPS VS UNION PRIMARY SCHOOL

RUGBY:

Ons busse was al vroeg op die pad na Graaf-Reinet en die seuns baie opgewonde. Al die seuns het hulle harte uitgespeel en gewys wat in hulle steek.

 

LSAN o/7 vs. Union 0/7B – wen     13-1
LSAN o/7 vs. Union 0/7A – verloor 6-0
 

LSAN o/9A vs. Union 0/9A- wen    10-0
LSAN o/9B vs. Union 0/9B – verloor 22-10

 

LSAN o/11A vs. Union 0/11A – gelyk 12-12
LSAN o/11B vs. Union 0/11B – wen 47-0

 

LSAN o/13A vs. Union 0/13A – wen 29-5
LSAN o/13B vs. Union 0/13B – wen 12-5

Well, done boys! Thank you for keeping the Alie name high.

ANTIONETTE VORSTER

Hartlik geluk aan me. Antionette Vorster wat Vrydag, 19 April 2024 haar Nagraadse Diploma in Inklusiewe Onderwys aan die Universiteit van Suid-Afrika (tydens die herfs gradeplegtigheid) ontvang het.

The Post Graduate Diploma is equivalent to a honors degree.  She passed the course Cum Laude. Me. Vorster is currently busy doing her Masters degree in Natural Science Education.

We wish her the best of luck in this endeavour.

LSAN is waarlik bevoorreg om onderwysers van hierdie kaliber by ons skool te hê.  Baie sterkte met jou onderwysloopbaan, juffrou Antionette!!

PRYSSKIET:

Ons is baie trots op Abigail Mostert en Frieda-Marie Labuschagne wat die afgelope naweek aan die SANSSU Prysskiet by Hoerskool Aliwal-Noord deelgeneem het.

Al twee die skuts vaar baie goed in die o/14 3P-klas.  Abigail behaal ‘n 11de-plek en Frieda-Marie ‘n 3de-plek uit 53 deelnemers.

Luggeweerskiet is ‘n baie gedissiplineerde sport wat ure se oefening en konsentrasie verg. Welgedaan Alies! Ons is trots op julle.

 

LSAN NETBAL

BORG VAN O/13A NETBALSPAN:

Die o/13 A netbaldogters lyk pragtig met hulle nuwe netbalkouse. We would like to thank Shell for sponsoring the girls’ socks for the season.

JOE GQABI NETBALPROEWE

Op Vrydag 19 April het daar ses van ons o/12 netbaldogters en vyf van ons o/13 netbaldogters aan die Joe Gqabi netbal proewe deelgeneem. It was a long day of netball and the girls gave their everything. We are proud to announce that the following girls got selected:

u/12

Jade du Plessis
Sanelisiwe Ndalasi
SarieThompson
Mila Geldenhuys
Mieke Vorster

u/13

Anè Naudé
Olerato Koloba
Bokamoso Phailane

On 3 May these girls will participate in the EC Preliminary trials. Congratulations and good luck to all.

Scroll to Top