NUUSBERIG 11 MAART 2024

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD RUGBY:

Baie geluk aan die volgende rugbyspelers wat gekies is om die Vrystaat Platteland Rugbyspan te verteenwoordig.

o/12

Iviwe Stephen
Evan Kieck
Junior van Zyl
WT Kotze
AJ du Plessis
Luan Fourie 

o/13

Renier Vorster
Francois Botha
Josh Yalezo
Migael Moolman
Juanitho Paul

These players were selected after 2 rounds of trials which took place at Willem Postma Primary School in Bloemfontein.

Baie geluk aan Renier Vorster wat gedurende die proewe, deur die keurders as speler van die wedstryd aangewys is.

SYNERGY TENNIS CUP – NATASHA WEITSZ

During 3-5 November 2023, 371 players between the age groups of u/11 and u/19 competed respectively at Grahamstown and Port Elizabeth, in the EC Schools Trails.

Natasha Weitz was een van agt o/12 meisies, wat gekies was vir die o/12A-span asook die Synergy B-span wat in Kaapstad gaan deelneem het.

Natasha het die Oos-Kaap span op 1 & 2 Maart verteenwoordig, waar hulle in Kaapstad kragte gemeet het teen die Kavaliers, Wes-Kaap en Noord-Kaap.

The u/11 – u/13 Eastern Cape Teams won against all the other provinces and brought back the gold medal.

Baie geluk aan Natasha wat Oos-Kaap klere vir tennis verwerf het. 

WÊRELDBOEKEDAG – WORLD BOOK DAY

On the 7th of March 2024, Alies celebrated World Book Day at school.  Alies shared their love of reading with others across the world by dressing up like their favourite book character.

Die Grondslagfase-onderwyseresse het die leerlinge met ‘n skreeu snaakse opvoering van die boek “Room on your broom” vermaak. 


ATLETIEK:  OOS-KAAP KAMPIOENSKAPPE 5 en 6 MAART 2024:

The Eastern Cape Athletics championship took place on 5 and 6 March 2024.  The event was held at the new Queens College tartan track in Queenstown.

12 van LSAN se atlete verteenwoordig die Joe Gqabi-span by hierdie byeenkoms.

Ons atlete vaar baie goed en verskeie medaljes is verower.

Baie geluk aan die volgende atlete wat medaljes verower het:

Liané Krüger, gewigstoot dogters o/13 – silwer, asook brons medaljes vir spiesgooi en diskusgooi.

Ané Naude, dogters o/13 – 75m hekkies – silwer, asook ‘n brons vir 200m hekkies.

Johanelle de Bruin, 75m hekkies dogters o/13 – brons.

Ahlume Tabata, 200m hurdles boy’s u/13 – bronze.

Michael Paul, hoogspring seuns o/11, silwer, asook ‘n brons medalje in die 70m hekkies.

Romé Botha, hoogspring dogters o/10 – goud.

Adanje Kotze, 70m hekkies dogters o/10 – silwer

Congratulaions to all of these athletes on your achievements.  You were true ambassadors representing ANPS.

Welgedaan aan elke atleet wat deelgeneem het.  LSAN is trots op julle!!

RUGBY:

On the 9th of March, the u/9’s of ANPS went to participate at the Karel Theron Rugby Day in Middelburg. This was the u/9’s first match of the year and their excitement for the day could not be easily contained.

Die o/9’s het drie wedstryde op die dag gespeel. Hulle het teen Volkskool, Burgersdorp en teen JPS De Aar gespeel, waarvan hulle ongelukkig al drie hulle wedstryde verloor het. Alhoewel die dag nie volgens plan verloop het nie, het die kinders met trots gespeel en gewys dat ‘n ware Alie aanhou veg tot die einde toe.

Die spelers het baie geleer gedurende dié dag en hulle sien baie uit na die res van die jaar se wedstryde. The players learned a lot from the days results and they are very excited for the rest of the years matches.

NETBALL

Die 8ste en 9de Maart het netbalafrigters van LSAN ‘n netbalskeidsregterskursus in Bloemfontein bygewoon.

They recapped all the netball rules and learned the new rules that will be implemented later this year. They are ready for the 2024 netball season to start.

Scroll to Top