JUF. JOEY VAN SCHALKWYK
Laerskool Aliwal-Noord groet op 29 November een van ons stoere Alies, Juf. Joey van Schalkwyk. Hoe som ‘n mens byna 28 jaar se saamwerk, saamkuier, saambou aan die Alie-droom, in een paragraaf op?
In 28 years of being an educator, there could have been two generations of pupils been through her hands. A lot of parents and children were in her English class or even Mathematics, and not so long ago, in her History or Geography classes.
Although she wasn’t active on the sports grounds, it didn’t prevent her to leave her foot prints in our beloved Alie-land. For many years, Mrs Joey was the liaison of the Alie-council and helped shaped the young leaders of the
future. As grade 7-teacher she was also closely involved with the annual Cape Tour and her duty was to keep the hungry teenagers happy.
Sedert die onderwysstelsel in 2009 van SA-SAMS as databasis vir alle skole, landwyd, begin gebruik maak het, was Juf. Joey ons SA-SAMS koördineerder. Dit het stil-stil ure en ure se werk op die rekenaar vereis. Met omtrent 14 jaar se ervaring, is die kennis wat sy agterlaat, vir diegene wat nou moet oorvat, van onskatbare waarde. Ook die hantering van die skool se boekekamer, die bestelling en kontrole van alle handboeke, skryfbehoeftes en oudiovisuele apparaat, dit wat ons daagliks in elke klaskamer gebruik, het deur Juf. Joey se hande gegaan.
Ons, as kollegas en vriende, sal haar egter onthou vir haar omgee, haar lojaliteit en diep geloof in haar Skepper. Juf. Joey was die Graad 7’s se skoolmamma, altyd bereid om te luister, om te troos, maar ook om met liefde en empatie, te berispe en te lei. Onderwyser-wees was haar roeping en nou, waar sy aftree en ‘n nuwe fase op haar lewenspad betree, sê ons tot siens, met groot waardering en opregte dank vir dít wat sy in Laerskool Aliwal-Noord, oor 28 jaar heen, belê het.
We bless Mrs Joey with Numbers 6:24-26. May our Heavenly Father bless your golden years with inner peace and happiness.
ESTELLE SCHMIDT
Die heel oudste boom wat tans in ons Alie-woud staan, het nie minder nie as 37 jaar gelede hier wortel geskiet. Nou, na soveel jare as deel van ons span, groet ons vir Juffrou Estelle Schmidt. As ‘n nooi Reitz uit Carnavon se wêreld, het sy in 1986 ‘n Graad 2-pos by Laerskool Aliwal-Noord, aanvaar. Dáár in Graad 2 was sy geanker, haar hele onderwysloopbaan lank, boonop vir ál hierdie jare in dieselfde klaskamer. Haar kinderdroom het sy hier bewaarheid … om ‘n juffrou te wees in wie se klas almal ewe belangrik voel en oor dieselfde kam geskeer word. Om met ‘n sagte oor te luister en om skoolgaan vir elke leerling in haar klas ‘n lekkerte te maak, was vir Juf Estelle ‘n daaglikse prioriteit.
Sy het ook ‘n baie aktiewe bydrae by veral atletiek en netbal gelewer, altyd bereid om ‘n ekstra myl vir haar span of atlete, te loop. Ons groet jou Juf. Estelle, en wens jou ‘n geseënde, gesonde en baie gelukkige nuwe fase in jóú lewe toe.
Mrs Estelle knew from a very young age that teaching is her passion and to become a teacher, is her dream.
Mrs Debora become her colleague in 2003 and since then they worked together daily.
Baie kinders/leerders is deur haar hande. Sy het elke kind as ‘n individu hanteer en laat blom. Juf. Estelle het ook op sportgebied ‘n bydrae gelewer, by atletiek het sy jare die naellope afgerig. In hulle jonger dae het juf. Estelle, juf. Debora en juf. Sumara ‘n gedugte aflosspan gevorm. Sy was baie lief vir netbal en ook hier is baie spelers deur haar hande.
There is a new season for her. Enjoy the season without the ringing of the school bell.
Mooi loop!
DEBORA VAN ZYL
Aliwal North Primary School says farewell to Mrs Debora van Zyl. After 20 years of being part of the Alie-team, the Van Zyl’s are moving to Vredendal in the Western Cape.
Graad 2-juffrouens skuif nie maklik rond nie, lyk dit my, want ook Juf. Debora het by dieselfde graad onderrig gegee vandat sy in 2003 ‘n Alie geword het. Ons het Juf. Debora leer ken as ‘n raakvatter en vasvatter, altyd aan die draf, letterlik én figuurlik. Sy is ongelooflik lief vir haar twee sporte, atletiek (of liefs hekkies) in die somer, en netbal in die winter. Sport vra dissipline en toewyding en dit is dan ook twee waardes wat Juf. Debora baie hoog ag. Omdat laerskoolonderwysers moet poog om vaardighede by jong kinders vas te lê en bowenal ‘n liefde vir die saak te kweek, het Juf. Debora altyd deur haar eie voorbeeld gelei.
On the warmest part of the day, you would see Mrs Debora jogging through the streets of Aliwal North because her motto was always: “Practise what you preach!” Mrs Debora, we wish you all of the best and believe, when you have unpacked the last box, you will put on your running shoes and Vredendal will meet the friendly and active Debora that we all knew and loved. Thank you for so many hours on and off the track and the netball court where you invested in more than one generation of Alie-athletes.
Mrs Debora is someone of few words but a “huge” presence in any conversation and company. She was able to communicate with young and old.
Sy is ‘n gesinsmens. Haar gesin se welstand en geluk is vir haar baie belangrik.
Sport is haar passie en sy het met haar afrigtingstalente in enige sport, al menige sportsterre ontwikkel. Die netbaldogters, asook haar hekkie-atlete kyk op na haar en sy kan ‘n talent by ‘n kind aanleer om hul bo hul vermoë te laat presteer. Sy kan op haar stil manier gou ‘n netbal toernooi of ‘n atletiek-afrigtingsmiddag reël en dit suksesvol hanteer.
Sy lewe absoluut gesond en is ‘n inspirasie vir almal om haar.
Her classroom was always very neat and organised. The learners in her class were very fond of her.
Sy laat ‘n groot leemte in Laerskool Aliwal-Noord agter. Ons wens haar egter baie voorspoed en seën toe vir die toekoms.
May the following chapter in your journey be filled with peace, success and joy.
