14 NOVEMBER 2023

GRAAD 7 PRYSUITDELING 2023

Ons het weer eens die voorreg gehad om vir oulaas erkenning te gee aan ons Graad 7 leerders, wat gedurende die jaar van 2023 presteer het.  Ons was bevoorreg om weer, na drie jaar, ons tradisionele afskeid in die vorm van ‘n formele geleentheid te hou.  Die mammas van die Graad 7’s het vir die pragtige versiering van die saal gesorg.

Verskeie toekennings is op die vlak van akademie, sport en kultuur gemaak. 

SPORT:

Op sportgebied is die volgende toekennings gemaak:

Pepsico toekenning vir veelsydigste sportman van die jaar: 

Erik Prinsloo

Pepsico toekenning vir veelsydigste sportvrou van die jaar: 

Elli-Sue Schmidt

Die hoogste sportprestasie van die jaar vir Buitesport is deur Andries de Klerk vir Silhoët skiet met ‘n .22 geweer met ‘n teleskoop behaal.

Gerbrandt Bekker het die toekenning ontvang vir die hoogste sportprestasie in skoolverband, vir sy deelname aan S.A. Atletiek, Vrystaat Cravenweek, asook die Vrystaat 7’s span.

Die Goedemoed trofee, asook die D&E Rekenaars toegekenning vir die veelsydigste seun in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap, is aan Andries de Klerk toegeken.

Die Laerskool Aliwal-Noord trofee, asook die D&E Rekenaars toekenning vir die veelsydigste dogter in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap is aan Zahnika Vorster toegeken.

CULTURE:

The following learners received full colours for being chosen to attend the Land Service National Camp:

Onako Bongweni
Elmi Cloete
Andries de Klerk
Aidan Prinsloo
Zahnika Vorster

Aidan Prinsloo het erekleure vir ‘n besondere prestasie met sang behaal.  Hy het aan die Nasionale Suid-Afrikaanse Eisteddfod deelgeneem en twee diplomas vir prestasies bo 92% ontvang.  ‘n Talent gebaseerde beurs in Amerika by New York Film Academy is ook aan hom toegeken.  Verder is hy opgeteken deur Upstage Recordings in die VSA deur Manny Mijares en sal volgende jaar reis om verpligtinge daar na te kom.

AKADEMIE:

Op akademiese gebied is die volgende toekennings gemaak:

Leerders wat ‘n gemiddeld van 80% gehandhaaf het gedurende 2023:

Meah Bothma en Ingrid Reabow

Akademiese ere-kleure is toegeken aan:

Lienke Marais, Joanie van der Merwe en Zahnika Vorster

Hoogste akademiese prestasie in Graad 7 vir 2023:

Zahnika Vorster met ‘n gemiddeld van 92,15%

Zahnika ontvang ook die Jean Naudé Meriete-Beurs, wat vanjaar ingestel is deur sy seun, Piet Naudé, asook die ENB Trofee vir hoogste akademiese prestasie in Gr. 7

Jean Naudé was van 1931-1938 ‘n leerling by Laerskool Aliwal -Noord, gevolg deur sy seun Piet Naudé, presies 30 jaar later van 1961 – 1968, die laaste jaar as hoofseun van die skool.

Die beurs gee erkenning aan die uitmuntende akademiese en leierskapsvorming wat Laerskool Aliwal -Noord destyds en vandag nog bied.

Baie geluk aan elke graad 7 leerder wat ‘n besonderse prestasie vanjaar behaal het.  Mag ‘n blink toekoms op elkeen van julle wag!

INTERMEDIêRE FASE PRYSUITDELING

Op Donderdag, 2 November het die Intermediêre Fase ook erkenning gekry vir akademiese-, sport- en kultuurprestasies van die afgelope jaar.

In hierdie fase moet ‘n leerling ‘n gemiddelde % van 85% en hoër handhaaf om ‘n vakprys te kry. There were in total 20 Grade 4-learners who achieved subject certificates. 28 Grade 5-learners and also 16 Grade 6-learners received subject certificates.

Om ‘n goue akademiese balkie te ontvang, moet ‘n leerling ‘n gemiddelde % van 85% en hoër oor drie kwartale behaal. Congratulations to the following learners who received golden academic awards for 2023:

Graad 4:        

Dienie Hardie
Elizna Peyper
Liné Nel
Michael Paul
Karla Nel
Ria van Riet
Adriaan Vorster
Nathan van Zyl
Johannes van der Westhuizen

Graad 5:

Kara de Wet
Natasha Weitsz
Johan Janse van Rensburg
Mikhulu Huluhulu

Graad 6: 

Anè Naudé
Amay van der Merwe

 

Omdat hierdie twee Graad 6-dogters hierdie prestasie vir die derde agtereenvolgende jaar behaal het, het hulle vanjaar akademiese erekleure ontvang. This is a very special achievement and we are very proud of these two learners.

 

Op sportgebied is sertifikate uitgedeel aan alle leerlinge wat vanjaar presteer het, asook erkenning aan leerlinge wat uitstaande vordering getoon het. Also for cultural achievements such as Eistedd@Alies section or grade winners, certificates were presented.

 

Baie geluk aan elke leerling in die Intermediêre Fase wat op een of ander manier erkenning vir sy/haar harde werk en deursettingsvermoeë ontvang het. Ons is voorwaar trots op elke presteerder, maar óók op elke ander leerling wat deur die afgelope jaar sy/haar bes gedoen het en in eie reg presteer het. Not every child can be the best or can achieve the highest prize, but everyone can be a winner in him- or herself and that makes us very proud to be Alies.

 

Grondslagfase Prysuitdeling / Foundation Phase Prize Giving Ceremony

Op Donderdag 2 November 2023 het die Grondslagfase Prysuitdeling plaasgevind.  It was a landmark event with the theme, “Let your dreams be your wings.”

Elke Grondslagfase leerder en ek dink, elke ouer, was ewe opgewonde in afwagting op die boekies wat uitgedeel gaan word.  Beautiful photos were taken in the foyer, elaborately decorated according to the theme.

Each Foundation Phase learner is awarded a book prize, acknowledging a special character trait.  Young Alies are not rewarded for their academic progress, but receives recognition for their unique talents and skills.

Ons probeer om hul toe te rus met die nodige vaardighede om tydens die res van hul skoolloopbaan aan te pas en te presteer, sodat hulle eendag hul plek in die samelewing te kan volstaan.

 

KUNS / ART:

“Art is a place for children to learn to trust their ideas, themselves and to explore what is possible.”-Maryann F. Kohl

Nina Marais, ‘n graad 5 Laerskool Aliwal-Noord leerder met ‘n oog vir kuns, het ‘n 2de plek behaal in die laerskool kategorie by Pasteur Oog-Hospitaal, ATKV Bloemfontein en Co-op Gallery se kunskompetisie. Nina geniet dit om te teken en kreatief te wees in haar vrye tyd. Indien jy Pasteur Oog-Hospitaal besoek kyk gerus na haar kunswerk wat vir die volgende jaar daar uitgestal sal word. Baie geluk Nina, mag jy nog hoë hoogtes bereik met jou kunstalent.

Scroll to Top