30 OKTOBER 2023

ONS-GEE-OM LANDSDIENSKLUB

Landsdiens is lekker! 47 van Laerskool Aliwal-Noord se Graad 4 & 5 Landsdienslede het vanaf 27 Oktober tot 28 Oktober op die Junior Landsdienskamp gegaan. Ons het by Toll Inn gasteplaas, buite Aliwal-Noord, gekamp.

For some of our members this was their first camp! They had to pitch their own tent and make sure the wind does not blow it away. They learnt about all the traditions of a Land Service Camp. They did handcrafts, made posters in their groups and were even able to watch the rugby! We took them on a hike around the camping terrain and did a treasure hunt. 

Al was dit ‘n koue naweek, is ons nog steeds dankbaar dat ons die geleentheid gehad het om te gaan kamp.

On 27 October 2023, the Land Service Club of Aliwal North Primary School participated in Aliwal North High School’s “Clash of the towers” competition. The competition entailed that the participating schools collect canned foods and then build a tower, using only the cans. 

Ons skool kon 608 blikkies insamel. Die toring wat ons gebou het, was 2. 92 meter hoog! LSAN het hierdie kompetisie gewen! Baie dankie aan elke leerder wat hul deel gedoen het en ‘n blikkie skool toe gebring het. Ons skenk ‘n gedeelte van die blikkies aan die “Gift of the Givers Foundation” en ‘n gedeelte aan ons eie skool se voedingskema. Ons is bly Landsdiens kan dié in nood help en ons help waar ons kan. 

TENNIS:

Maandag, 23 Oktober, het ons 1ste 6 tennismeisies teen Balmoral gespeel en ons 1ste 2 tennisseuns het Queens aangepak. Elke speler het hulle beste gegee, maar na ‘n harde tennisdag het ons ongelukkig die stryd verloor. Ons is steeds dankbaar vir elke wedstryd wat gespeel kan word en sê dankie vir Queens en Balmoral wat so ver gery het om by ons te kom speel.

Woensdag, 25 Oktober 2023, het Laerskool Aliwal-Noord se tennisspan kragte gemeet teen Karel Theron. In warm toestande het spelers hul beste gegee en goeie tennis gespeel. Laerskool Aliwal-Noord het die oorhand gehad in meeste wedstryde en wen algeheel met 110 potte teenoor 46. Baie dankie aan Karel Theron vir die lekker wedstryde en goeie gees. 

Maandag, 26 Oktober 2023, het Laerskool Aliwal-Noord se eerste tennisspan teen Hangklip se eerste span tennis gespeel. Laerskool Aliwal-Noord het die oorhand gehad in meeste van die wedstryde. Ons wen die wedstryd teen Laerskool Hangklip. met 129 potte teenoor 39 potte. Leerders het die wedstryde baie geniet. Baie dankie aan Laerskool Hangklip vir goeie sportmangees en lekker wedstryde. 

Scroll to Top