23 OKTOBER 2023

BUFFELFEES 2023

Die pasafgelope Buffelfees ’23 was voorwaar ‘n FEES-met-SKOP!

The three years of silence on the Aliwal North Primary School grounds (due to the Covid-pandemic), was broken with joyous activities and happy people!

Die oogmerk van die Buffelfees was nog altyd om Aliwal en die omgewing se gemeenskap saam te snoer. Hierdie jaar was daar ‘n sterker behoefte om net weer saam te kuier en te ontspan.

The semi-finals of the Rugby World Cup between the Springboks and the Roses of England, added to the tantalising excitement of the festival. Saturday evening the tents where packed with Bok-supporters. Goosebump moments arose when everyone stood and sang the National Anthem together. Right to the nail-biting end, we stood behind the Boks – what a relief and thrilling end when the whistle blew and we won! Great reason to celebrate till midnight!

Met ‘n diep dankbare hart sê ons BAIE DANKIE! Dankie aan ons borge, ons ouers wat diensbeurte geneem het op verskeie plekke en ons LSAN personeel wat gereël en raakgevat het. Thank you to all the stall holders who presented food and goods to all tastes. Thank you to all our visitors – young and old – thank you that you were here! ‘n Spesiale woord van dank aan die Ondersteunersklub – julle het julleself oortref! Baie dankie Thinus van Zyl en jou span ondersteuners. Julle het werklik die Buffelfees ‘n FEES gemaak!

 

Baie dankie aan die volgende BORGE:

  • OVK
  • Arrie Nel Apteek Groep (Dorans)
  • Riverside Lodge
  • The Jackal B&B
  • Pieterse & Pote
  • Bloem Care
  • BKB
  • Aliwal Toyota
  • Wimpy
  • Shell
  • Spar
  • Steers
  • SKCM Consulting
  • Vic Clothing
  • Berg Furniture
  • Raumix Aggregates
  • Nashua
  • RT Signs
  • Solar Giant
  • Karan Beef
  • Mhatti photography
  • ITEC
  • Nedbank
  • Thumbs Up Electrical
  • Monate Butchery
  • Metro Fruit & Veg
  • Ford
  • Kimjer / New Holland
  • Wayne West Engineering

 

Addisionele Dankies aan:

  • Dassie Newton – TLB 
  • Hein Esbach – building the Obstacle Course
  • Thumbs Up – alle elektriese werke
  • Aliwal Sound – Klank
  • Theron du Plessis vir dienste gelewer.
  • X-Ray security, Guardmed ambulances, SAPS.
  • N.G. Kerk Aliwal-Noord – Erediens Sondagoggend
  • Shandor Potgieter van OFM – Seremoniemeester
  • Juan Boucher – gaskunstenaar
  • Sunset Sweatshop – gaskunstenaars

Die gemeenskap van Aliwal-Noord, ouers van LSAN en elke besoeker aan die feesterrein.

COLOUR RUN:

Pienk, blou, rooi, geel, groen, pers en oranje… Vrydagmiddag het ons Landsdiens Klub bietjie kleur aan die Buffelfees gebring! Al die kleure van die reënboog is by die Landsdiens se kleurgeveg gespuit. Van jonk tot oud kon aan ons kleurgeveg kom deelneem. Almal het dit baie geniet. Thank you to each child who participated in the Land Service’s Colour run on Friday afternoon. Each participant got their own syringe and could run around and squirt their friends with all the colours under the rainbow!

OBSTACLE COURCSE / HINDERNISBAAN

Tydens die Buffelfees was een van ons aktiwiteite wat aangebied is, ‘n hindernisbaan wedloop. It was a 3.5km route, with 8 challenging obstacles and some rough terrain that the participants had to endure. Van al die hindernisse was die moddergat vir seker die mees uitdagende een en kan elke deelnemer wat hom aangedurf het, trots voel.

Congratulations to our winners of the OCR:

12-17 years

  • 1ste plek: Janroux Hattingh 
  • 2de plek: Dawid Bothma 
  • 3de plek: Elyon Moolman

18 years and older

  • 1ste plek: Keanan Pedro
  • 2de plek: Divan Kruger
  • 3de plek: Willie Nieuwoudt

 

7’S RUGBY TOERNOOI:

Vrydagmiddag het afgeskop met Gr. R – o/9 wedstryde.  Die spelers het hul harte uitgespeel en baie geleer.  Afrigting het tussendeur plaasgevind.  Die spelers het dit baie geniet.

Saterdagoggend was o/10 – o/13 aan die beurt.  Ons kom darem ‘n paar wedstryde speel voordat die reën die dag se spel kortgeknip het.

Baie dankie aan mev. Landie Kieck en mnr. Damien Arendse in samewerking met die Laerskool vir al hulle reëlings.
 

MNR. EN MEJ. KALFIE & MNR. EN MEJ. BUFFELFEES

Tydens die naweek se Buffelfees het ons 54 inskrywings vir Mnr. en Mej. Kalfie ontvang en 23 vir Mnr. en Mej. Buffelfees. Met baie moed het hulle die verhoog aangepak en gewys wat hulle in hulle het. Die beoordelaars het ‘n groot taak gehad om drie wenners vir elke kategorie te kies.

A big thank you to Wimpy Aliwal North that was the main sponsor Mr and Miss Kalfie and also to Mhatti Photography for all the beautiful photos of each contestant. A big thank you to Wimpy, Silver Orchid Beauty, Pick ‘n Pay, Dr Kroutz, OK Minimarket, RT Signs, Umair’s Barber Shop and Vogue Loft for sponsoring Mr and Miss Buffelfees. To our MC, Mr. Shandor Potgieter from OFM, thank you for letting each and every contestant feel at ease on the stage.

Baie geluk aan die volgende wenners:

Mnr. en Mej. Kalfie

  • Mej. Kalfie 2023- Annatjie van Riet
  • 1st Princess- Bokamoso Phailane
  • 2de Prinses- Lia Lubbe
  • Mnr. Kalfie 2023 – Junior van Zyl
  • 1st Prince – Lee Jan
  • 2de Prins – Renier Vorster

Mnr. en Mej. Buffelfees

  • Mej. Buffelfees 2023 – Monique Weitsz
  • 1ste Prinses – Nicky Paul
  • 2de Prinses – Angelique Kretsenger
  • Mnr. Buffelfees 2023 – Keanu Prinsloo
  • 1ste Prins – Keith Isted
  • 2nd Prince – Aya Gumisa

LAND SERVICE/ LANDSDIENS 16 OKTOBER 2023

In the spirit of Buffelfees 2023, our Land Service club jumped in to help clean up the Obstacle course. On Monday, 16 October 2023, the We Care Land Service Club practiced their love for nature and service. Ons Landsdiens lede het gehelp om papiere op te tel en die terrein, wat vir die Buffelfees gebruik was, skoon te maak. Die seuns het vir Juffrou Amoré gehelp om die hindernisse op te rig.

Om iets vir jou dorp te doen en jou arbeid te bied, is ‘n gevoel wat niemand kan beskryf nie. Some of the grade 7 Land Service learners showed their creativity, when they painted the new trash cans in our town’s beautiful park. Ons Landsdiens leerders hoop dit kikker almal wat elke dag daar verby stap se dag op. Ons hoop ook dat die pragtige vullisdromme ons inwoners sal aanmoedig om ons mooi dorp skoon te hou!

Scroll to Top