22 MAART 2022

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD SE VERLIES

Dit is met groot hartseer dat ons twee van ons personeellede aan die einde van die kwartaal verloor.
Mr Joseph Mok-Otto joined our staff on 1 December 2015.  During his time at Aliwal North Primary School he stood out as an organised, well-respected teacher.  The children loved his classes as he always had a joke or two to crack.

Meneer Joseph, ons gaan jou mis.  Jou aansteeklike lag en jou droë sin vir humor het jou laat uitstaan en ons almal kleurryk gemaak.  Nooit sal ons jou opregte en besondere gebede vergeet nie.
Ons wens jou alles wat mooi is toe by jou nuwe skool.  

Oom Hentie Koekemoer tree aan die einde van hierdie kwartaal af.  Oom Hentie was ons faktotum vanaf 1 Januarie 2007.

Oom Hentie se hande staan vir niks verkeerd nie.  Ons kan net skree: “Oom Hentie!” en die werk is reeds gedoen.

Baie dankie vir die ekstra myl wat Oom gestap het.  Oom was altyd gewillig om te help, al was dit nie deel van Oom se plig nie.
We are surely going to miss you.  Take care oom Hentie.

ATLETIEK / ATHLETICS

Dit is vir LSAN ‘n groot voorreg om aan te kondig dat nog vier van ons atlete ingesluit is in die Oos-Kaap Atletiekspan wat op 25 en 26 Maart aan die SA Kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem.

Our athletes did an outstanding job in representing the Eastern Cape.  The Eastern Cape team consists of 18 athletes, and ANPS is proud to announce that 10 of our athletes are representing the Eastern Cape.
Hulle is Asakhe Tsiki, seuns 13, 80m hekkie; Gerbrandt Bekker, seuns 12, gewigstoot en diskusgooi; Liané Krüger, dogters 11, gewigstoot en Joanie van der Merwe, dogters 12, 150m hekkies.
Congratulations to these athletes.  We wish these athletes all of the best.  Keep the Aliwal North Primary School banner flying high.

WEES BEWUS VAN DIE DIGITALE VOETSPOOR WAT JY LAAT!!

Op Vrydag, 18 Maart, het die Laerskool Aliwal-Noord ‘n gespreksgeleentheid geskep waar ons senior leerlinge van grade 5 tot 7 ‘n inligtingsessie en praatjie oor die gevare van sosiale media bygewoon het. Captain Ursula Roelofse and Sergant Luvaba from the SAP explained to the children how important it is to be aware of all the dangers linked to your cell phone and being active on social media. They first explained to all the daughters that there are numerous cyber predators out there, always on the lookout for vulnerable victims. 
Hulle het aan almal baie mooi verduidelik dat jy jouself blootstel en dat wat ookal jy op Tik-tok, Twitter, WhatsApp of Facebook gedeel het, naspeurbaar is, al hét jy dit lankal “Delete”. Hulle het ook verwys na die gevare van speletjies waarop ouderdoms-perke is (veral speletjies wat vir 18 jaar en ouer bedoel is). Ouers moenie hul jong kinders aan die wrede wêreld blootstel nie. Dit is almal se verantwoordelikheid om kinders te beskerm. 
  
Me Ilse Booysen van ANHS het ook ‘n waardevolle bydrae gelewer deur aan die dogters te vertel hoé die gebruik en afhanklkheid van jou selfoon later ‘n invloed op jou menswees, op jou selfbeeld en op jou gedrag in die algemeen kan hê. 

Mrs Sari Senekal wrapped up the proceedings by showing us a slideshow about the digital footprint that we leave every single time we use social media. Other schools and places of work where you apply for acceptance, can trace you on the Internet. 

 Ons wil ons kinders toerus en bewusmaak van die gevare daarbuite en ons doen ook hiermee ‘n beroep op al ons ouers om werklik moeite te doen en te weet waarmee u kinders besig is op hul telefone. ‘n Selfoon is ‘n baie handige kommunikasiemiddel en het beslis ook vele voordele, MAAR daar is baie gevare en dit moet almal weet! 

Apart from personal protection, we also want learners to know that they are always ambassadors for ANPS. Therefore, it is very important to realize that other people see our learners and can connect them to our school. This awareness is crucial for life.

Scroll to Top