LAERSKOOL ALIWAL-NOORD SA ATLETE
SA atlete 2022
- Mienke
- Elli
- Joani
- Liani
- Jedey
- Asake
- Erik
- Gerbrandt
- Enrique
- Liané
Op die 25ste en 26ste Maart het 10 van ons atlete die skool verteenwoordig by die SASSA Atletiek kampioenskappe te Potchefstroom.
Dit was ‘n groot eer en voorreg om die geleentheid te kon hê om deel te wees van so ń byeenkoms waar al die top atlete van ons land hulle staal kom wys en teen mekaar meeding. Die baan was pragtig en die byeenkoms goed georganiseerd met baie bekwame en professionele beamptes.
Die druk was groot en die senuwees het geknaag, maar ons atlete het hul goed van hul taak gekwyt en waardevolle ervaring opgedoen, goeie herinneringe en nuwe vriende gemaak!
Ons moet spesiale melding maak van Enrique Weitz wat ‘n goue medalje verower het in die stap vir seuns O/13. Jy maak ons voorwaar trots om ‘n Alie te wees. Baie geluk met die ongelooflike prestasie!
Hier volg die resultate:
Liané Krüger, dogter O/11 neem deel aan gewigstoot en behaal ‘n 12de plek met ‘n afstand van 8,78m.
Erik Prinsloo, seuns O/12, 75mH behaal ‘n 9de plek in sy uitdun met ‘n tyd van 12,84 sec.
Mienke du Plessis, dogters O/12, 75mH behaal ‘n 10de plek in haar uitdun met ń tyd van 12,97sec. Sy neem ook deel aan verspring en spring ‘n afstand van 4,11m.
Elli-Sue Schmidt, dogter O/12 neem deel aan verspring en spring ‘n afstand van 3,83m.
Mienke du Plessis en Elli-Sue Schmit verteenwoordig die Oos- Kaap span ook in die aflos en behaal ‘n 7 de plek in die finaal. Welgedaan!
Joanie van der Merwe, dogters O/12 neem deel aan 150mH en behaal ‘n 8ste plek in haar uitdun met ‘n tyd van 26,85sec.
Gerbrandt Bekker, seuns O/12 gewigstoot, behaal ‘n 6 de plek met ń afstand van 10,80m. Hy neem ook deel aan diskus en behaal ‘n 18de plek met ‘n afstand van 25,16m.
Asakhe Tsiki, seuns O/13, 80mH behaal ‘n 8ste plek in sy uitdun met ‘n tyd van 14,25sec.
Jedey Jansen, dogters O/13, 75mH behaal ‘n 6de plek in haar uitdun met ‘n tyd van 12,84sec.
Liani Smook, dogters O/13, neem deel aan hoogspring en behaal ‘n 14de plek met ‘n hoogte van 1,48m.
Enrique Weitz, seuns O/13, neem deel aan die 1500m stap en wen ‘n Goue medalje met ‘n tyd van 7:52:56
Ons is baie trots op elkeen van julle!! Hou so aan!!!
Bygedra deur Luchelle du Plessis
