0/10 & 0/11 RUGBYTOER NA RUSTENBURG
Donderdag, 10 Maart, het 21 seuns en hulle 2 afrigters die GZ Camps & Sport se rugbykliniek in Rustenburg bygewoon. Dit is op die Sundown Estate aangebied. Ongelukkig het verskeie Gauteng skole onttrek, omdat hulle nie by die Onderwysdepartement kon toestemming kry nie.
Die drie skole wat daar was het besluit om by dié situasie aan te pas en te speel. Saterdag het hulle afrigting by die deurwinterde Blikkies Groenewald gekry.
Uitslae:
Teen Proteapark Laerskool (1300 leerders) wen 43-0
Teen Laerskool Brits (800 leerders) wen 22-10 | 20-0 | 38-0
Van die spelers was ook deel van die Barbarianspan wat teen LS Brits se 0/9’s gespeel het.
Baie dankie aan die ouers wat saam getoer het vir julle hulp en ondersteuning.
OOS-KAAP ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE / EASTERN CAPE ATHLETICS CHAMPIONSHIPS
The Eastern Cape Athletics Championships took place over the weekend of 11 and 12 March 2022 in Cradock. 22 athletes from Aliwal North Primary School represented the Joe Gqabi team at this event.
Die atlete kwyt hulle baie goed van hulle taak en verskeie podiumplekke word behaal.
Baie geluk aan die ses atlete van LSAN wat die Oos-Kaap by die SA’s, wat op 24 tot 26 Maart 2022 in Potchefstroom gehou gaan word, gaan verteenwoordig. Hulle is:
Lianie Smook, hoogspring dogters 13; Jedey Jansen, 75m hekkies dogters 13; Mienke du Plessis, 75m hekkies dogters 12, Elli-Sue Schmidt, verspring dogters 12, Enrique Weitsz, 1500m stap seuns 13 en Erik Prinsloo 75m hekkies seuns 12.
Several medals were also won by our athletes. The results are as follows:
Lianie Smook, first place in high jump, girls 13. Jedey Jansen, second place in 75m hurdles, girls 13. Mienke du Plessis, first in 75m hurdles, girls 12. Elli-Sue Schmidt, first in long jump, girls 12. Enrique Weitsz, first in 1500m walk, boys 13. Erik Prinsloo, second in 75m hurdles, boys 12.
Annika de Wet eindig eerste in die spiesgooi en vierde in die hoogspring vir dogters 12. Liané Krüger behaal ‘n eerste plek in die gewigstoot, dogters 11. Sasha-Leigh Johnson behaal ‘n tweede plek in die 200m, dogters 13.
Joanie van der Merwe, dogters 12, is eerste in die 150m hekkies. Francois Botha behaal ‘n goeie tweede plek in die 70m hekkies, seuns 11.
Olerato Koloba and Anè Naudé, came second and third respectively, in the 70m hurdles for girls 11. Asakhe Tsiki ran a good race to claim gold in the 80m hurdles for boys 13.
Damin Vorster behaal ‘n vierde plek in die 150m hekkies, seuns 12. Gerbrandt Bekker, seuns 12, neem aan drie items deel en behaal ‘n tweede plek in diskusgooi, ‘n derde plek in spiesgooi, asook ‘n vierde plek in gewigstoot. Barend Botha-Arends behaal ‘n vierde plek in gewigstoot seuns 11.
Mckayla Lisher, dogters 10, behaal ‘n derde plek in gewigstoot. Jaden Geldenhuys, seuns 13, behaal ‘n derde plek in diskusgooi en Wicus Pretorius, ook seuns 13, is tweede in spiesgooi.
Congratulations to all of these athletes! You kept the ANPS banner high. Ons beste wense vergesel ons atlete tydens hul deelname aan die SA’s.
We know you will make ANPS proud.
