7 MAART 2022

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD PERSONEEL

Die personeel van LSAN se nuwe, informele drag wat met spesiale geleenthede gedra word, beeld Eenheid in Diversiteit uit. Hulle is verskillende mense met unieke talente en gawes. Tog staan hulle saam om ‘n liefdesdiens te lewer aan elke kind wat die skool betree. Dit kring uit na al die ouers van die leerders en terselfdertyd na die gemeenskap waar ondersteuning waar moontlik gebied word. 

The principles on which solid relationships are built at ANPS are: Disagree politely, Love unconditionally and Pray in unity. Ways are found to show love to each other, even if differences pop up from time to time. Where there is unity, much can be achieved – to the benefit of the learners, parents, and community of Aliwal North and further afield.

Om deel te wees van die opvoedkundige milieu van die samelewing, bly ‘n groot voorreg en verantwoordelikheid. We are privileged to be part of this town!

VRYSTAAT PLATTELAND RUGBY

Die 2022 rugbyseisoen het vanjaar vroeg afgeskop met die 1ste rondte 0/13 Vrystaat Platteland rugbyproewe wat het op 23 Februarie by LSAN plaasgevind. Plattelandse skole van oa Brandfort, Trompsburg, Burgersdorp, Reddersburg, Koffiefontein, Zastron en Laerskool Aliwal-Noord vorm deel van die Vrystaat Platteland Rugby Unie. 

Die volgende 0/13 rugbyspelers van LSAN het deurgedring na die 2de rondte wat het op 2 Maart plaasgevind , tydens die Willem Postma Aandliga in Bloemfontein.

Gerbrandt Bekker
Francois Joubert
Chulu Myeko
Janco Jordaan
Wicus Pretorius
Matthew Prinsloo
BF Wiese
Erik Prinsloo
CJ Nagel
Josh Stephenson
Xavier Smith
Orabile Mtontiso
Jacobus van Pletzen

Francois Joubert is ook aangewys as speler van die wedstryd op dié dag. 

Gerbrandt Bekker, Francois Joubert, Janco Jordaan, Wicus Pretorius, Erik Prinsloo
en Josh Stephenson is aand die einde van die 2de rondte opgeneem in die 0/13 Vrystaat Platteland Rugbyspan. 

Baie geluk aan hierdie spelers! Ons is trots op elkeen van julle. 

HOKKIE

Die afgelope twee naweke het die 0/13- en 0/12- seuns en dogters Vrystaat hokkieproewe in Bloemfontein gespeel.

Die 0/13’s het die naweek van 25 en 26 Februarie 2022 gespeel en na Vrydag se eerste rondte proewe het Ona-Lerona Ntsere van die dogters en C.J. Nagel en B.F. Wiese van die seuns deurgedring na Saterdag se tweede rondte proewe. Na afloop van albei rondtes proewe is Ona-Lerona Ntsere en Jedey Jansen vir die 0/13 Vrystaat oefengroep gekies.

During the weekend of 4 and 5 March, the U/12’s had their chance at the SFS hockey trials to showcase their skills and techniques. After the first round of trials on Friday the following girls and boys made it to the second round of trials:  Sky Nicholson, Elli-Sue Schmidt, Janroux Hattingh and Pieter Odendaal.
After a long day of hockey, Sky Nicholson were selected for the U/12 Free State practise group.

Baie geluk aan al die spelers! What a priviledge to be able to play hockey and participate in sport!

FREE STATE GOLF UNION 

ANPS learner, Schalk Pieterse, was selected by the Free State Golf Union to represent this Union at the annual U/13 INVITATIONAL at Katberg.
Schalk Pieterse het die 11de tot die 13de Februarie aan die SAKids gholf toernooi by Huddle Park in Johannesburg gaan deelneem. Schalk is daarna  deur die Vrystaat Gholf Unie verkies om hierdie Unie by die jaarlikse O/13- Uitnodigingsbyeenkoms te Katberg te verteenwoordig.  Hierdie toernooi vind vanaf 18 tot 21 Maart plaas.
Ons by Laerskool Aliwal-Noord wens Schalk alle sterkte toe. Jy maak ons trots.

TENNIS

Laerskool Aliwal-Noord se 2de span het Maandag, 7/03/2022, vir Trompsburg tuis aangevat vir hulle eerste wedstryd van die jaar. Die reën het net lank genoeg weggebly sodat ons die wedstryd kon voltooi. Ons het ongelukkig verloor, maar elke speler het hulle bes gegee en almal het uitstekende sportmangees getoon. Soos die dag verloop het, het die spelers verbeter. Hulle het dit ongelooflik geniet en het almal baie trots gemaak. Welgedaan julle!

JOE GQABI ATLETIEKBYEENKOMS / ATHLETICS MEETING 

Die Joe Gqabi atletiekbyeenkoms het op Vrydag, 25 Februarie 2022 op Sterkspruit plaasgevind.
44 of our athletes were chosen to represent ANPS as part of the Luncedo team.  The host for this meeting was Sterkspruit Christian School.  We have to congratulate Sterkspruit Christian School for the condition of the track, as well as for the manner in which everything was arranged.  Thank you for hosting us!!
Ons atlete vaar weereens baie goed en verskeie eerste plekke is behaal.  Vier rekords is ook in die proses verbeter.
Enrique Weitsz verbeter die rekord vir seuns 13, 1500m Stap met ‘n tyd van 7.56:25.
Sasha-Leigh Johnson, girls 13, broke the record in the 200m hurdles in a time of 32.91 seconds.
Lianie Smook, dogters 13, verbeter die hoogspringrekord met ‘n hoogte van 1,42 meter.
Liané Krüger, dogters 11, verbeter die gewigstootrekord met ‘n afstand van 9.43 meter.
Congratulations to all these athletes.
Baie geluk ook aan die volgende atlete wat eerste plekke in hulle onderskeie items behaal het:
Enrique Weitsz, Lianie Smook, Liané Krüger, Sasha-Leigh Johnson, Mienke du Plessis, Elli-Sue Schmidt, Joanie van der Merwe, Asakhe Tsiki, Jedey Jansen, Ané Naudè, Gerbrandt Bekker, Erik Prinsloo, Mila Geldenhuys, Mckayla Lisher, Annika de Wet, Barend Botha-Arends, Francois Botha, Connor Marais, Damen Vorster, Jaden Geldenhuys en Wicus Pretorius.
ANPS wants to congratulate each of these athletes, as they were chosen to represent Joe Gqabi at the Eastern Cape Athletics Championship to be held in Cradock on 11 and 12 March 2022.  
LSAN wens julle alle sterkte toe.  Onthou, doen net jou bes en dra ons skool se naam met trots uit.

Scroll to Top