ALIE-LAND HOU PRYSUITDELING EN GR. 7 AFSKEID / ALIE-LAND HOSTS THEIR PRIZE-GIVING CEREMONY AND GR. 7 FAREWELL.
GRONDSLAGFASE PRYSUITDELING | FP PRIZE GIVING
Op Donderdag, 22 Oktober 2026, het Laerskool Aliwal-Noord se Grondslagfase hul prysuitdeling gehou met die tema “Droom Groot”. Die geleentheid het die belangrikheid van groei, ontwikkeling en die unieke talente van elke leerder beklemtoon.
Mev. Bester het die oggend met skriflesing en gebed geopen.
Elke Grondslagfase-leerder het ’n boekprys ontvang as erkenning vir ’n besondere karaktereienskap. Ons glo dat jong leerders nie net vir akademiese prestasies erkenning moet ontvang nie, maar ook vir die unieke talente, vaardighede en eienskappe wat hulle besonders maak.
In die Grondslagfase fokus ons nie net op akademiese ontwikkeling nie, maar veral op die holistiese groei van elke leerder. Ons streef daarna om leerders toe te rus met die vaardighede en waardes wat hulle nodig het om in die toekoms suksesvol te wees.
’n Opregte dankie aan al die ouers wat hierdie spesiale dag saam met hul kinders kom geniet het. Julle betrokkenheid en ondersteuning maak elke mylpaal nóg meer besonders!
Dapper Vorentoe.
FOUNDATION PHASE PRIZE-GIVING
On Thursday, 22 October 2026, Aliwal North Primary School’s Foundation Phase held its prize-giving ceremony with the theme “Dream Big.” The event highlighted the importance of growth, development and each learner’s unique talents.
Mrs Bester opened the morning with a scripture reading and prayer.
Each Foundation Phase learner received a book prize in recognition of a special character trait. We believe that young learners should be recognized not only for their academic achievements, but also for the unique talents, skills and qualities that make them special.
In the Foundation Phase, we focus not only on academic development, but especially on the holistic growth of each learner. We strive to equip learners with the skills and values they need to be successful in the future.
A heartfelt thank you to all the parents who came to enjoy this special day with their children. Your involvement and support make every milestone even more special!
Boldly Onwards.
INTERMEDIêRE FASE PRYSUITDELING / INTERMEDIATE PHASE PRIZE-GIVING 2026
Die Intermediêre fase se prysuitdeling het ook op Donderdag, 22 Oktober 2026 plaasgevind. Met die tema, “Eendag as ek groot is…”, het ons erkenning gegee aan dié leerlinge wat uitsonderlike prestasies op akademiese, sport- en kultuurgebied gelewer het.
In the Intermediate Phase learners must achieve an average of 85% and higher to receive a subject certificate. In Grade 4 there were 19 learners who received subject certificates. 15 Grade 5-learners and 19 Grade 6-learners also received subject certificates.
Leerlinge wat ‘n gemiddelde % van 85 en hoër vir al hul vakke behaal, kry ‘n goue akademiese balkie, wat hulle vir een jaar lank kan dra. Congratulations to the following learners who received golden academic badges:
Grade 4: Milan Kieck
Sion Kieck
Logan Kroutz
Anumé Liebenberg
Marli Nel
Graad 5: Amienke Botha-Arends
Marica Coetzee
Kwindla Kontsiwe
Siya Mbobo
Samie Ndlela
Jacobus Odendaal
Bené Pagel
Nerina Peyper
Yoda Stander
Zack Vorster
Grade 6: Liwa Ndima
Olamide Olaifa
Wanneer Graad 6-leerlinge hierdie besondere prestasie vir ‘n derde agtereenvolgende jaar behaal, ontvang hulle akademiese erekleure. This is a very special achievement, and we are extremely proud of the following learners who achieved their full academic colours in 2026:
Romé Botha
Lisa Oelofse
Karla Roberts
Annabet Schmidt
Willem Thompson
Dané van Zyl
Learners who excelled in their different sport codes received certificates and/or trophies to acknowledge their achievements for this year. Ook vir uitstaande prestasies op kultuurgebied, is trofeë en/of sertifikate oorhandig.
Baie geluk aan elke Intermediêre Fase leerling wat op een of ander manier erkenning vir sy/haar harde werk en deursettingsvermoë ontvang het. We are proud of every achiever, but also of all the other learners who tried their best throughout the year. Wanneer ‘n mens hard probeer en jou mikpunte behaal, is jy ook in eie reg, ‘n wenner en daarvoor sê ons “Knap gedaan, Alies! Doen so voort!”






GRADE 7 PRIZE-GIVING AND FAREWELL – BRIGHTLY TOWARDS THE FUTURE
On 23 October 2026, the Grade 7 learners celebrated a special milestone at their prize-giving andfFarewell ceremony, held under the inspiring theme “Brightly Towards the Future.” They have entered the school hall on the famous “Hall of fame” song.
Die geleentheid was ‘n viering van die leerders se prestasies, harde werk, toewyding en groei deur hul laerskoolreis. Dit was ‘n trotse oomblik vir leerders, ouers en onderwysers terwyl hulle teruggedink het aan die herinneringe wat gemaak is, vriendskappe wat gevorm is en lesse wat langs die pad geleer is.
The parents have decorated the hall beautifully according to the theme, “Brightly Towards the Future,” which reminded the learners that a new and exciting chapter awaits them. As they prepare to embark on their high school journey, they are encouraged to embrace new opportunities, face challenges with courage and continue striving for excellence.
Die oggend was gevul met trots, vreugde en ‘n tikkie hartseer toe die Graad 7’s totsiens gesê het aan hul laerskooljare. Al laat hulle bekende klaskamers en onderwysers agter, neem hulle waardevolle kennis, blywende herinneringe en die fondament om ‘n blink toekoms te bou, saam met hulle.
Veskeie toekennings is in die akademiese, sport en kultuurafdelings toegeken.
Akademiese-toekennings:
Two learners received a blue badge and therefore qualified for full academic colors:
Bessinger Sheliya and Mzuzu Hluma
Die volgende leerders het reeds in Graad 6 vol erekleure vir akademie verwerf. Hulle kwalifiseer hierdie jaar in die nuwe fase vir ‘n goue akademiese balkie.
Karla Nel, Liné Nel, Micheal Paul, Elizna Peyper, Eximia Plaatjies, Liso Saba, Iyanda Sibonde, Liyabona Sinxadi, Ria van Riet, Nathan van Zyl, Adriaan Vorster, Logan Vorster
Die ENB-toekennning vir die hoogste akademiese prestasie in Graad 7 vir 2026 is toegeken aan Liné Nel asook die Jean Naudé Meriete-Beurs. This bursary acknowledges the exceptional academic and leadership formation which Aliwal North Primary School offers.
Kultuurtoekennings:
Landsdiens:
Logan Vorster verwerf vol ere-kleure omdat sy gekies is om die Nasionale Landsdienskamp by te woon wat plaasvind vanaf 5 tot 10 Desember te Oudtshoorn.
Sporttoekennings:
D & E Rekenaars toekenning vir die veelsydigste sportman van die jaar:
- De Wet van der Merwe
D & E Rekenaars toekenning vir die veelsydigste sportvrou van die jaar:
- Ria van Riet
Goedemoed trofee toegeken vir die veelsydigste seun in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap:
- Adriaan Vorster
Laerskool Aliwal-Noord trofee toegeken vir die veelsydigste dogter in Akademie, Kultuur, Sport en Leierskap:
- Elizna Peyper
NG Kerk Aliwal-Noord vrouebediening en Kinderkransprys vir getrouheid deur sy/haar skoolloopbaan vanaf Graad 1 tot Graad 7:
- Mikayla Maritz
The Grade 7’s of 2026 also had the chance to present their gift. A gazebo was gifted to the school which will be a great addition for future school events.
Baie geluk aan elke Graad 7-leerder wat ‘n besonderse prestasie vanjaar behaal het.
We wish the Grade 7 Class of 2026 every success as they begin this exciting new adventure. May they continue to shine brightly, dream boldly and make a positive difference wherever their journeys take them.
The future is bright, and their adventure is only beginning!








ALIE-RAAD EN KOSHUISPREFEKTE 2027
Aliwal North Primary School elected Alie-Council for 2027.
The hall was filled with excitement on Thursday, 22 October 2026 at the annual Prize Giving of ANPS when the Alie Council were announced.
Baie geluk aan die nuwe Alie-Raad wat verkies is vir 2027. Mag julle altyd met verantwoordelikheid en trots leiding neem.
Let us remember that a prefect’s badge is not jewellery. It is a responsibility. A true leader shows the way through his/her example.
Baie geluk aan die volgende leerders wie verkies is tot die Alie-Raad en koshuisraad van 2027.
| VAN / SURNAME | NAAM / NAME |
| BOTHA | ROMé |
| FOURIE | ANZéL |
| KOTZE | ADANJE |
| LEBAKA | ATLARELA |
| NDIMA | LIWA |
| OELOFSE | LISA |
| ROBERTS | KARLA |
| SCHMIDT | ANNABET |
| SILELE | CHWAYITA |
| VAN ZYL | DANé |
| DE WET | JACO |
| GREYVENSTEIN | LOUW |
| GUNGQWA | JUNIOR |
| HATTINGH | FERNAND |
| JOUBERT | JEAN |
| LABUSCAGNE | JOSH |
| MAKISI | LIYABONA |
| OLAIFA | OLAMIDE |
| THOMPSON | WILLEM |
| WESSELS | WESSEL |
TIPPIE-LEESWERKSWINKEL BY LAERSKOOL ALIWAL-NOORD
Laerskool Aliwal-Noord was bevoorreg om ’n Tippie-leeswerkswinkel, aangebied deur die ATKV, te verwelkom. Die skrywer van die gewilde Tippie-boekies, Reinette Lombard was self teenwoordig om die werkswinkel aan te bied en haar kennis en kundigheid met die deelnemers te deel.
Die werkswinkel was besonder leersaam, en ouers, onderwysers en ander belangstellendes het met waardevolle nuwe kennis en praktiese idees daar weggestap.
Baie dankie aan die ATKV en Reinette Lombard vir hierdie verrykende geleentheid wat bydra tot die bevordering van lees en taalontwikkeling by jong leerders!
TIPPIE READING WORKSHOP AT ALIWAL NORTH PRIMARY SCHOOL
Aliwal North Primary School was privileged to host a Tippie Reading Workshop, presented by the ATKV. The author of the popular Tippie books, Reinette Lombard, was present to facilitate the workshop and share her knowledge and expertise with the participants.
The workshop was highly informative, and parents, teachers and other interested individuals left with valuable new knowledge and practical ideas.
A heartfelt thank you to the ATKV and Reinette Lombard for this enriching opportunity, which contributes to promoting reading and language development among young learners!






LSAN VS HANGKLIP KRIEKET
Hangklip Primary School came to Alie-Land on Tuesday, 20 October for an afternoon filled with cricket. Hangklip sent their u/7, u/8, u/9, u/11 and u/13 teams to come and play against us. The Alies players gave it their all in every over and showed the Alies fighting spirit until the end of each of their matches.
Congratulations to the u/8 team that impressively beat Hangklip with 42 runs. Unfortunately, the other cricket teams were not as lucky with their results, the u/9’s just fell short and lost their match with 1 run. The u/7, u/11 and u/13 teams unfortunately also lost their respective matches, but used the opportunity against the tough competition to develop and improve their cricketing skills. Even though not all the results went our way it was still a very fun and enjoyable afternoon of cricket all around.
Well done to all our cricketers for their hard work and commitment. Win or lose, the our fighting spirit always shines through!
A special thank you to Hangklip Primary School for an enjoyable afternoon of competitive cricket. We look forward to meeting again on the cricket field!
Laerskool Hangklip het op Dinsdag, 20 Oktober, ‘n besoek aan Alie-land gebring vir ‘n middag propvol krieket. Hangklip se o/7-, o/8-, o/9-, o/11- en o/13-spanne het teen ons ALIES kragte gemeet. Die Alies-spelers het in elke boulbeurt hul alles gegee en tot aan die einde van elke wedstryd die kenmerkende Alies-veggees gewys.
Baie geluk aan die o/8-span wat Hangklip op indrukwekkende wyse met 42 lopies geklop het! Ongelukkig was die ander krieketspanne nie so gelukkig met hul uitslae nie. Die o/9-span het naelskraaps met slegs een lopie verloor. Die o/7-, o/11- en o/13-spanne het ongelukkig ook hul onderskeie wedstryde verloor, maar het die geleentheid teen sterk teenstanders benut om hul krieketvaardighede verder te ontwikkel en waardevolle ondervinding op te doen.
Alhoewel nie al die uitslae in ons guns was nie, was dit steeds ‘n heerlike en genotvolle middag van krieket.
Welgedaan aan al ons krieketspelers vir hul harde werk en toewyding. Wen of verloor, ons veggees skyn altyd deur!
‘n Spesiale woord van dank aan Laerskool Hangklip vir ‘n aangename middag van mededingende krieket. Ons sien daarna uit om weer op die krieketveld kragte te meet!






ALIES MINI-KRIEKET / MINI-CRICKET
Laerskool Aliwal-Noord se jong krieketspelers het op Saterdag, 24 Oktober, na Laerskool Burgersdorp gereis om aan ’n opwindende Mini-Krieketdag deel te neem. Die dag het vir hope krieketpret, goeie sportmangees en waardevolle wedstrydervaring gesorg. Met verskeie skole wat aan die geleentheid deelgeneem het, het jong krieketspelers die kans gekry om hul vaardighede teen verskillende skole te toets en hul liefde vir die spel verder uit te leef.
Die o/7-seunspan het vir groot opgewondenheid gesorg met drie uitstekende oorwinnings uit hul vier wedstryde. Die spelers het goeie spanwerk en vasberadenheid getoon en kan met trots terugkyk op hul vertonings.
The u/7 mixed team, consisting of boys and girls, played four challenging matches. Although the results did not go their way, the young players participated with great enthusiasm and gained valuable experience. Each match provided opportunities to improve their batting, bowling, and fielding skills while learning the importance of teamwork and perseverance.
Die o/7-dogterspan het ook vier wedstryde gespeel. Hoewel die meisies ongelukkig nie daarin kon slaag om ’n oorwinning te behaal nie, het hulle die geleentheid gebruik om hul krieketvaardighede verder te ontwikkel. Die wedstryde het waardevolle blootstelling gebied en die meisies aangemoedig om aan te hou leer en verbeter.
The u/9 team was undoubtedly one of the highlights of the day, recording an outstanding four victories from four matches. Through excellent teamwork, confidence, and determination, the players turned their hard work during training into impressive results. It was an exceptionally successful day for the u/9 side, who can certainly be proud of their achievements.
’n Groot woord van dank gaan aan Laerskool Burgersdorp vir die aanbieding van die Mini-Krieketdag, asook aan die afrigters en ouers vir hul ondersteuning en aanmoediging. LSAN is trots op elke jong krieketspeler wat die skool verteenwoordig het. Die entoesiasme en liefde vir die spel wys dat die toekoms van Alies-krieket in goeie hande is!
A special word of thanks goes to Burgersdorp Primary School for hosting the Mini Cricket Day, as well as to the coaches and parents for their continued support and encouragement. ANPS is proud of every young cricketer who represented the school. The enthusiasm and love for the game shown by these young players highlight the promising future of ALIES cricket!
UITSLAE
u/7 Mix
Lost against Southbourne 2
Lost against Cradock 2
Lost against Karel Theron
Lost against Burgersdorp 2
o/7 Seuns
Verloor teen Burgersdorp 1
Wen teen Cradock 1
Wen teen Southbourne 1
Wen teen Karel Theron
u/7 Dogters:
Lost against Cradock 2
Lost against Burgersdorp 2
Lost against Southbourne 2
Lost against Queens 2
o/9
Wen teen Cradock 1
Wen teen Southbourne 1
Wen teen Cradock 2
Wen teen Burgersdorp 1











KRIEKET: LAERSKOOL ALIWAL-NOORD vs LAERSKOOL BURGERSDORP
Laerskool Aliwal-Noord se o/11- en o/13-krieketspanne het op Donderdag, 22 Oktober, hul laaste wedstryde van die seisoen teen Laerskool Burgersdorp gespeel. Dit was die afsluiting van ’n krieketseisoen waarin die spelers die geleentheid gehad het om hul vaardighede te ontwikkel, waardevolle ervaring op te doen en hul skool met trots te verteenwoordig.
The u/11 team faced a strong Burgersdorp side and unfortunately fell short. Although the result did not go their way, the young players showed great determination and continued giving their best until the end. The match provided another valuable learning experience for the team, who worked hard throughout the season to improve their batting, bowling, and fielding skills.
Die o/13-span het ook ’n uitdagende wedstryd teen Burgersdorp beleef. Ten spyte van hul pogings moes hulle uiteindelik die meerdere in hul teenstanders erken. Die spelers het egter goeie veggees getoon en hul laaste wedstryd met dieselfde vasberadenheid aangepak waarmee hulle deur die seisoen hul skool verteenwoordig het.
Although the season did not end with victories, the players can look back with pride on their hard work, dedication, and the valuable experience they gained throughout the year. Every match, whether a win or a loss, contributed to their development as cricketers and highlighted the importance of teamwork, discipline, and good sportsmanship
Ons sê ook baie dankie vir Wiehan Janse van Rensburg wat foto’s geneem het van die wedstryde.



