PROVINSIALE KAMP
Gedurende die Junie vakansie het 15 van ons Landsdiens leerders die geleentheid gehad om LSAN op Provinsiale vlak by die jaarlikse Provinsiale Landsdienskamp te verteenwoordig.
The Provinicial Camp took place at Skietfontein near Somerset East. Our campers showed great endurance during this week by bracing the cold and participating in all the activities on the camp programme.
New friendships were formed and new goals were achieved. Some of the activities included absailing and obstacle courses which enhanced our learners’ leadership and teamwork skills.
Dit was ñ waardevolle week in die natuur, waar ons leerders die koue aangedurf het. Hulle het al die aktiwiteite wat Skietfontein bied met ñ positiewe gesindheid aangepak.
Laerskool Aliwal-Noord is ongelooflik trots op elkeen van ons kampers wat ons skool met trots verteenwoordig het.
ALIES IS TROTS OP HUL NETBALSTER!
Laerskool Aliwal-Noord is besonder trots op Romé Botha, wat onlangs die voorreg gehad het om aan die gesogte SASN All Ages Netbaltoernooi in Boksburg deel te neem.
Romé het op 25 Junie na Oos-Londen vertrek vir die finale voorbereidingskamp, waarna die span op 26 Junie hul laaste oefensessie by Ooskus Gimnasium afgehandel het. Op 28 Junie het die span na Johannesburg gereis om aan die SASN All Ages Netbaltoernooi deel te neem, wat op 29 Junie amptelik afgeskop het.
Die toernooi het van die land se sterkste provinsiale spanne byeengebring en aan spelers die geleentheid gebied om op ’n baie hoë vlak mee te ding. Met tien wedstrydbane waarop daar deurlopend gespeel is, was dit ’n indrukwekkende sportgeleentheid. Die teenwoordigheid van Jenny van Dyk, afrigter van die Suid-Afrikaanse Protea-netbalspan, het die geleentheid verder besonders gemaak.
’n Besonderse hoogtepunt vir Laerskool Aliwal-Noord was dat Romé die eer gehad het om haar span as kaptein op die baan te lei. Hierdie ervaring het haar nie net as speler laat groei nie, maar ook waardevolle leierskap- en lewensvaardighede geleer.
Die skool wens Romé geluk met hierdie besondere prestasie en vertrou dat hierdie ervaring haar liefde vir netbal verder sal versterk en haar sal inspireer om haar drome met ywer na te jaag.
Romé se ouers is uiters trots op haar prestasie en spreek hul opregte dank uit teenoor die gemeenskap, asook almal wat bygedra het om hierdie geleentheid vir haar moontlik te maak. Laerskool Aliwal-Noord is dankbaar om deel van haar sportreis te wees en sien met groot verwagting uit na wat die toekoms vir haar inhou.
Baie geluk, Romé! Die Alies is ongelooflik trots op jou en wens jou alle voorspoed toe vir die pad vorentoe.







LSAN PLAYERS TAKE PART AT BORDER INLAND REGIONAL HOCKEY TOURNAMENTS
Aliwal North Primary School is extremely proud of our u/12 and u/13 hockey players who represented our school with pride during the recent school holidays at the Border Inland Regional Hockey Tournaments.
The u/12 tournament took place in Pietermaritzburg, while the u/13 tournament was held in Paarl. Our players showcased their talent, determination, and excellent sportsmanship, thereby upholding the name of Aliwal North Primary School.
Our u/13 representatives were:
Michael Paul
Linè Nel
Liso Saba
Our u/12 representatives were:
Adanje Kotze
Romè Botha
Liwa Ndima
Louw Greyvenstein
Ruben Greyvenstein
You were outstanding ambassadors for our school.
RUGBY PROVINSIALE TOERNOOIE:
During 24 to 27 June 2026, several provincial rugby tournaments took place.
ANPS were privileged to be represented in these tournaments.
Die o/11 Vrystaat Plattelandspan het aan ‘n rugbytoernooi in Rustenburg deelgeneem. Jacobus Odendaal, Keagan Pfhol en Herman Lotriet het LSAN in hierdie span verteenwoordig. Die span speel vier wedstryde, maar verloor ongelukkig al die wedstryde naelskraap.
The u/12 Free State Country Districts team participated in the KOSH rugby tournament held in Klerksdorp. ANPS were represented by Fernand Hattingh, Sphe Nkosi, Olamide Olaifa, Ruben Greyvenstein, Xhanti Gungqwa and Liyabona Makisi.
The team did extremely well during the four games played. They won two, drew one and lost one game. Congratulations on this great achievement!!
Die o/13 Vrystaat Plattelandspan neem aan die VKB-toernooi in Frankfort deel. Adriaan Vorster het die voorreg gehad om LSAN te verteenwoordig. Die span sukkel aanvanklik om op dreef te kom teen baie sterk kompetisie. Twee wedstryde word verloor en die derde wedstryd verloor hulle naelskraap teen KOSH, maar sluit die toernooi op ‘n hoë noot af deur hulle laaste wedstryd te wen.
Well done and congratulations again to all these players representing ANPS with pride and honour. You kept the Alie flag flying high!!







TOP 10 TERM / KWARTAAL 2
We are halfway through the academic year of 2026 and we are extremely proud of all our Alie-learners who achieved excellent results in their June tests.
Die volgende leerlinge het die Top 10 Akademie posisies in hul onderskeie grade behaal:
GR. 4:

GR. 5:

GR.6:

GR. 7:

Aan die einde van kwartaal 2 gee ons erkenning aan enige ander leerlinge wat met 5% of meer %-punte op Kwartaal 1 se uitslae verbeter het.
All these learners have improved their average marks with 5 or more % and we are very proud of these achievements.
Grade / Graad 4:
Vorderingspeldjies word toegeken aan:
- Zadin Petersen
- Kaylee Steyn
- Matthew Bradfield
- Elmie Coetsee
- Ignatia London
- Biadé Venter
- Joshua Brown
- Kaboentle Dichabe
- Oyintando Mahlumba
- Imi Malangabi
- Inako Nako
- Israel Pace
- Babonke Paliso
- Bakoena Phailane
- One Pini
- Omphile Rapuleng
- Junior Ratopa
- Aqhame Tabata
In total there were 42 Grade 4-learners who managed to improve on their Term 1 results.
Grade / Graad 5
Badges for Academic Improvement are awarded to:
- Matthew Clarke-Bekker
- Omolemo Sephula
Daar was in totaal van 13 Graad 5’s wat op hul gemiddelde % van kwartaal 1, kon verbeter.
Grade / Graad 6
Vorderingspeldjies word toegeken aan:
- Leané van Wyk
- Ruben Greyvenstein
- Liam Hames
- Ané Mellet
- Aya Coli
- Liyabona Makisi
- Iminathi Mokharanyana
- Bophelo Motemekoane
- Thandi Pinda
A total of 39 Grade 6-learners managed to improve on their Term 1 achievements.
Grade / Graad 7
Academic Improvement badges are awarded to:
- Lwandle Nqwemla
- VJ Ntaba
Daar was in totaal 16 Graad 7-leeringe wat daarin geslaag het om hul Kwartaal 1-uitslae te verbeter.
Out of a possible 227 learners from Gr. 4 – 7, a total of 110 achieved higher marks in Term 2 and another 25 learners achieved exactly the same marks as in Term 1!
Dit beteken dat ongeveer 60% van ons Intersen leerlinge puik akademiese uitslae behaal het. Baie geluk aan elkeen wat sy/haar mikpunte behaal het of vordering gemaak het.
We believe that even more learners will be able to show academic growth and improvement in Term 3.
REMEMBER: Alies learn together, grow together and stand together.
Glo in jouself! Ons glo in jou!
ALIES VS HANGKLIP INTERAKSIE/INTERACTION
ALIE-LAND TENNIS
🎾 Alies wen!
Wat ‘n lekker dag op die bane! Baie geluk aan al ons tennisspelers met ‘n puik spanpoging.
Ons stap weg met die wen teen Hangklip! Julle harde werk, veggees en mooi spanwerk het beslis die verskil gemaak.
Dankie aan elke ouer en ondersteuner wat langs die baan was en ons spelers aangemoedig het. Julle ondersteuning beteken baie!
Tellings:
Meisies enkels 24- 18
Meisies dubbels 9 -12
Seuns dubbels 16 -5
Seuns enkels 31 -11
Totale LSAN enkels 55- 29
Totale LSAN dubbels 25 -17
Ons is trots op elke speler. 💪
ALIE-LAND NETBALL
Aliwal North Primary School and Hangklip Primary recently faced off in a series of exciting netball matches. It was a day filled with competitive games, determination, and outstanding sportsmanship from both schools. Every team participated with pride and enthusiasm, gaining valuable match experience. The matches were characterised by teamwork, respect for opponents and officials, and true sportsmanship. Although the results were mixed, every player gave her best and represented her school with pride.
Uitslae:
- o/7A: Verloor 0–2
- o/7B: Verloor 0–2
- o/8A: Gelykop 3–3
- o/8B: Wen 5–0
- o/9A: Verloor 2–4
- o/9B: Verloor 0–2
- o/10A: Wen 14–5
- o/10B: Wen 6–4
- o/11A: Verloor 7–8
- o/11B: Verloor 9–16
- o/12A: Wen 22–2
- o/12B: Wen 7–2
- o/13A: Verloor 9–27
- o/13B: Gelykop 5–5
- o/13C: Wen 16–3
Baie dankie aan Laerskool Hangklip vir die positiewe gees waarin die wedstryde plaasgevind het. Ons waardeer die gesonde mededinging en uitstekende sportsmanskap wat deur beide skole getoon is. Dit was ’n voorreg om teen mekaar te speel, en ons sien reeds uit daarna om volgende jaar weer kragte te meet.
Baie geluk aan al die spelers, afrigters en ondersteuners met ’n geslaagde dag. Julle harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk is iets om op trots te wees. Sterkte met die res van die seisoen!














HOKKIENAWEEK VOL SPANNING EN SPORTMANSKAP
Laerskool Aliwal-Noord en Laerskool Hangklip het die afgelope naweek kragte gemeet in ’n opwindende reeks hokkiewedstryde. Die seunsspanne het Vrydag die veld betree, terwyl die meisies Saterdag hul beste pogings gelewer het.
Dit was ’n naweek gevul met vinnige spel, uitstekende spanwerk en groot vasberadenheid. Albei skole het hul talent ten toon gestel, met verskeie spannende wedstryde tot die laaste fluitjie geblaas het. Alies het ’n aantal sterk oorwinnings behaal en met indrukwekkende vertonings gewys waartoe hulle in staat is. Hangklip het egter deurgaans konsekwent gespeel en die meerderheid van die wedstryde gewen.
Baie geluk aan Laerskool Hangklip wat as algehele wenners uit die stryd getree het en die trofee huis toe geneem het.
Ons is besonder trots op elke Alie-speler wat met deursettingsvermoë, en ’n uitstekende veggees tot die einde toe gespeel het. Julle het bewys dat ware sportmanskap nie net oor wen gaan nie, maar ook oor respek, spanwerk en die moed om nooit op te gee nie.
Baie dankie aan al die afrigters, beamptes, ouers en ondersteuners wat die naweek so ’n groot sukses gemaak het. Ons sien reeds uit na die volgende ontmoeting op die hokkieveld!
RUGBY
Laerskool Aliwal-Noord se rugbyspanne het op Saterdag, 25 Julie, op hul tuisveld kragte gemeet met Laerskool Hangklip. Dit was ’n dag van uitdagende wedstryde teen sterk opposisie, waar elke span die geleentheid gehad het om hul vaardighede te toets en met trots die ALIES-kleure te verdedig. Ondersteuners het die spelers deurentyd aangemoedig en ’n uitstekende atmosfeer langs die veld geskep.
The u/7 teams got the day off to a positive start by both earning draws. u/7A finished with a 1–1 result, while u/7B battled hard to secure an exciting 3–3 draw. The young players displayed excellent teamwork, determination, and resilience throughout their matches.
Die o/8-spanne het voortgebou op die goeie begin met twee uitstekende oorwinnings. o/8A het ’n oortuigende 3–0 oorwinning behaal, terwyl o/8B met 2–1 gewen het ná ’n harde en kompeterende wedstryd. Beide spanne het met selfvertroue gespeel en hul harde werk op die oefenveld duidelik gewys.
The older age groups faced tough opposition from Hangklip. The u/9A team unfortunately lost 0–47, while u/11B went down 5–30 and u/13B lost 10–53. u/11A put in a brave performance and competed well before narrowly losing 19–26. u/13A came up against a very strong Hangklip side and unfortunately lost 0–53.
Hoewel die uitslae nie oral in ons ALIES se guns was nie, het die spelers deurgaans karakter, sportmangees en vasberadenheid getoon. Elke wedstryd bied nuwe geleenthede om te leer en te groei, en die ervaring wat hierdie naweek opgedoen is, sal die spanne goed voorberei vir hulle volgende uitdaging. Laerskool Aliwal-Noord is trots op elke speler wat met oorgawe die skool verteenwoordig het.
ALIWAL NORTH PRIMARY HOSTS FIRST-EVER HOME CROSS COUNTRY INTERSCHOOLS
Aliwal North Primary School proudly hosted its very first home cross-country interschools event on Friday, 24 July, welcoming Laerskool Hangklip for an afternoon of exciting competition and outstanding sportsmanship.
Die byeenkoms is op die Aliwal-Noord Gholfklub se baan aangebied, waar 48 leerders, vanaf o/7 tot o/13, aan die verskillende wedlope deelgeneem het. Seuns en dogters van albei skole het hul beste gelewer en ‘n wonderlike atmosfeer van deursettingsvermoë, aanmoediging en spangees geskep.
A heartfelt thank you goes to the Aliwal North Golf Club for generously making their course available and for their friendly support. Their willingness to keep the course golfer-free during the event made it possible for us to host this memorable occasion.
Hosting an event of this nature requires many hands, and we are incredibly grateful to the coaches, parents and community members who devoted their time and energy to preparing and clearly marking the course, ensuring the afternoon ran smoothly and safely.
Die program het om 15:30 afgeskop en om 17:20 afgesluit. Elke wedloop was gevul met vasberadenheid, deursettingsvermoë en uitstekende sportmangees.
Although the final scores were 26 points to Hangklip and 16 points to Aliwal North Primary, the results tell only part of the story.
Ons atlete het met trots, entoesiasme en vasberadenheid deelgeneem. Hulle het hul teenstanders hartlik verwelkom, ware sportmanskap getoon en nuwe vriendskappe gesluit.
Ons is ongelooflik trots op elke leerder wat deelgeneem het—of hulle nou gewen het of nie. Die ervaring, selfvertroue en herinneringe wat hulle op die dag opgedoen het, is op sigself ‘n oorwinning.
Congratulations to Laerskool Hangklip on their well-deserved win. Thank you for being wonderful competitors, and we look forward to many more cross-country meetings in the future.
|
SKAAK / CHESS IN ALIE-LAND
Gedurende Vrydag, 24 Julie, het Laerskool Aliwal-Noord se skaakspan vir Laerskool Hangklip op tuisbodem aangepak. Dit was ‘n uitstekende geleentheid vir die leerders om hul strategiese denke en konsentrasie teen sterk opposisie te toets. Alhoewel die amptelike uitslag nie in die ALIES se guns was nie, het die spelers groot sportmangees en deursettingsvermoë getoon.
The official fixture was contested between the top 8 chess players of both schools, with Hangklip claiming a 14–2 victory. Despite the result, the matches provided valuable experience for the ALIES players as they competed against a strong and well-prepared team.
Na afloop van die amptelike wedstryde is daar ook ‘n vriendskaplike rondte gespeel om aan die spelers nóg speelgeleenthede te bied. In hierdie vriendskaplike wedstryde het die spelers hulself goed gehandhaaf en die uitslae het meer mededingend verloop, met Hangklip wat uiteindelik met 12–4 gewen het.
While the results were disappointing, the day gave the learners an excellent opportunity to improve their skills, gain experience, and enjoy the challenge of competitive chess. Aliwal North Primary School is proud of every player who represented the school with commitment and outstanding sportsmanship, and the team looks forward to the next chess fixture.










LEAGUE 6 – BLOEMFONTEIN CROSS COUNTRY
On Friday, 24 July, Bloemfontein Cross Country hosted League 6, officially breaking the ice for Term 3.
Dit was ‘n pragtige sonnige dag – perfek vir ‘n middag van lekker hardloop.
The organisers introduced a modified version of the old course, with a few tweaks that provided a fresh challenge for all the runners.
Nathan van Zyl proudly represented Aliwal North Primary School Cross Country.
Baie geluk met jou puik prestasie!
Thank you for taking on the new course with determination, perseverance and courage.
Jy het sterk deurgedruk en ‘n uitstekende wedloop gehardloop.
Well done, Nathan! We are incredibly proud of you.
Results:
Boys 0/13 – 4km
14/28 – 17:38
Go Alies!





