24 APRIL 2023

LAERSKOOL ALIWAL-NOORD

INA PAARMAN / SEÑOR CHEF FONDSINSAMELINGSPROJEK

Laerskool Aliwal-Noord het vanjaar weer aan die Ina Paarman / Señor Chef Fondsinsamelingsprojek deelgeneem. Hierdie projek het twee weke geduur. Soos in die verlede, was die Fondsinsamelingsprojek vanjaar weer eens ʼn REUSE sukses.

The winning class with the highest Ina Paarman sales is the Grade 4A’s.

The learners with the highest sales are:

  1. Heinrich Rossouw in Grade 4.
  2. Philip Heyns in Grade 1K.
  3. Hlompho Mogorosi Grade 4C.

Congratulations on this wonderful achievement!

Baie dankie vir elkeen se ongelooflike ondersteuning en lojaliteit teenoor  Laerskool Aliwal-Noord.

LANDSDIENS / LAND SERVICE

At our monthly Land Service meeting, on the 17th April 2023 the Grade 4 and 5 Land Service members cleaned and decorated the coffee bottles that will be used for the Jars of Hope project. Ons het die bottels versier deur mooi patrone daarop te verf. Hierdie is ‘n kwartaalprojek wat die Ons-Gee-Om Landsdiensklub huidiglik mee besig is. Die hele skool word betrek en word aangemoedig om sopbestanddele en leë koffie flesse te skenk.

Our grade 6 and 7 Land Service learners gained another skill in handcrafting. They each got 5 pegs, a wooden plank, paint and glue to make their own “notice clips”.  It was a fun afternoon where they had the opportunity to let their creativity go and make something beautiful and useful. Sydney Gurewitz Clemens said, “Art has the role in education of helping children become like themselves instead of more like everyone else.” At our Land Service club, we strive to form strong creative and unique individuals.

LANDSDIENS

Baie geluk aan die volgende kinders wat verkies is om Laerskool Aliwal-Noord vanjaar by die provinsiale kamp te gaan verteenwoordig.

  • Andries de Klerk
  • Aidan Prinsloo
  • Erik Prinsloo
  • Tihan du Toit
  • Hlumelo Nodada
  • Zahnika Vorster
  • Joanie van der Merwe
  • Onako Bongweni
  • Elmi Cloete
  • Iminathi Nkunzi
  • Nellie Geldenhuys
  • Cwenga Futshana

Congratulations to each one of you, and keep our name high in Jeffreys bay.

TROMPSBURG RUGBYDAG

Woensdag, 19 April 2023, het die geleentheid vir LSAN se B-rugbyspanne gebied om hul eerste wedstryde van die seisoen te speel.  Die Trompsburg Rugbydag bly ‘n jaarlikse hoogtepunt.  ‘n Dag vol rugby met ‘n heerlike plattelandse atmosfeer.

The teams of ANPS enjoyed the day and used the opportunity to show their love for rugby on the field.  They took the field with pride and played to the best of their abilities and talents.

Uitslae:

LSAN o/7B wen Reddersburg o/7A: 5-3

LSAN o/7B verloor teen Trompsburg o/7A: 5-1

LSAN o/9B wen Koffiefontein o/9A: 15-0

LSAN o/9B verloor teen Grey o/9B:  35-0

LSAN o/11B verloor teen Grey o/11D:  17-0

LSAN o/11B verloor teen Trompsburg o/11A: 30-0

LSAN o/13B wen Burgersdorp o/13B: 14-5

LSAN o/13B gelyk-op teen Grey E: 0-0

WORLD BOOK DAY – WÊRELD BOEKEDAG

 

Alies celebrated World Book Day by bringing their favourite storybooks to school and dressing up like the characters in the story.  The foundation phase learners were treated to a performance of the book “Does your father snore.”  The excitement levels were higher than the rooftop when the dad swallowed a larger-than-life spider! Ons wil graag ons leerders aanmoedig om die wêreld van boeke te ontdek d.m.v. rol- en verbeeldingspel.

Die datum 23 April is gekies vir die viering van Wêreld Boekedag omdat dit die datum is waarop beroemde skrywers soos Shakespeare oorlede is. Die dag word nou wêreldwyd herdenk om die impak en belangrikheid van skrywers, letterkunde en boeke op die samelewing te vier.

Pocket Rocket hockey school

Pocket Rocket hokkieskool het op Maandag 17 April ‘n baie suksesvolle afrigtingskliniek by Laerskool Aliwal-Noord aangebied.  Dit was gemik op die 0/12-spanne.

Die doel van die dag was, om die spelers wat verlede jaar nog mini-hokkie gespeel het, touwys te maak op ‘n volveld, sowel as om die nuwe spelpatroon vas te lê.

A big thank you to Ryno Rautenbach and his assistant coach who made this day possible.

All the players and coaches benefited from this coaching clinic.

Laerskool Aliwal Noord hokkie vs Southborne

Die afgelope naweek het van Laerskool Aliwal-Noord se hokkiespanne teen Laerskool Southborne meegeding.

Aliwal se seuns en meisies het baie goed gevaar en skoonskip gemaak.

Valuable life lessons and team work are also taught while they are participating.

What a lovely day of hockey!

Die uitslae was as volg:

Meisies:

0/10A wen 1-0

0/12A wen 5-0

0/13A wen 6-0

Seuns:

0/10A wen 7-0

0/12A wen 4-0

0/13A wen 9-0

Scroll to Top