7 FEBRUARIE 2022

LANDSDIENS

Die “Ons gee om” Landsdiensklub van Laerskool Aliwal-Noord skop die jaar 2022 af met groot opgewondenheid. Ons verwelkom weer ons ou Landsdienslede, sowel as nuwe Landsdienslede by ons klub.
 
After all the welcoming and the introductions we kicked off the afternoon’s activities by building spirit with the singing of a few of the Land Service songs. What a joy it was to hear our Land Service songs again.
The highlight of the meeting was quite sweet, but sticky. It was our annual watermelon fight. 
Die kinders het dit baie geniet om hul eie maats rond te jaag en met die waatlemoenskille te besmeer.
 
Ons Landsdiensmiddag word afgesluit met die aankondiging van vanjaar se leerders wat op die Landsdiensbestuurspan gaan dien. Ons wens vir De Wet Newton, Francois Joubert, Unako Mpi, Lianie Smook en Lana Lubbe baie geluk.
Natuurlik kom die nuwe Landsdiensbestuurspan nie net wegloop sonder om deur ons tradisonele gelukwensingproses te gaan nie. Vir hul ontgroening en /of gelukwensing het elkeen ‘n lekker, groot, rou eier in die hare gekry. 

KLEURE ATLETIEK 2022

After two years of no athletics, preparations of the track began early in the week of 24 January so that it could be ready in time for the completion of the walk- and long distance events that took place on Thursday, 27 January.

Donderdag, om 12;00, het die eerste volwaardige kleure-atletiekbyeenkoms sedert 2020, afgeskop.  Onder luide toejuiging van hulle onderskeie kleurspanne het die stappers en langafstandatlete in snikhete weer aan hulle onderskeie items deelgeneem.

Even the teachers had some fun participating in the u/13 1500m walk, to great cheers of the spectators.
Net jammer die lywe kon nie die pas volhou nie en moes hulle mekaar gereeld aflos.
‘n Bewolkte Vrydag het aangebreek en daar was kommer dat die byeenkoms nie betyds voor die groot reën voltooi sou word nie.
Leerders het reeds vroeg die oggend op die wal bymekaargekom in hulle verskillende kleurgroepe.  Die rasieleiers van die verskillende kleurgroepe het die stadion binnegekom onder ‘n groot lawaai van hulle onderskeie spanne.

Round about 9:00, our worst fears came true.  Thunder, accompanied by lightening, started and we had to clear the track.  It started to rain and the decision was made to postpone the meeting until Monday.

On Monday morning, an inspection of the track was made, and the decision to continue with the meeting, was made.
Alles het seepglad verloop met elke atleet wat sy of haar beste vir die span gegee het.

Die uiteindelike wenners was die BLOUSPAN, gevolg deur die ROOISPAN, wat ook die geesbeker ingepalm het, met GEEL in die derde plek.
Thank you to all the athletes that participated and gave their best. Thanks to every parent willing to act as an official.  Without you, the day would not have been possible.
To the staff of ANPS – you are a mean team!! Dankie vir al julle harde werk agter die skerms.  Dis voorwaar ‘n voorreg om met mense soos julle te werk!

Bekerwenners in die onderskeie ouderdomsgroepe is as volg:

Seuns 7:Jacobus Odendaal | Dogters 7:Amienke Botha-Arends

Seuns 8:Olamide Olaifa | Dogters 8:Liwa Ndima

Seuns 9:Michael Paul | Dogters 9:Likuwe Mfengwane

Seuns 10:  Evan Kieck | Dogters 10:Nina Joubert

Seuns 11:  Aron Prinsloo | Dogters 11:Anè Naudé

Seuns 12:   Erik Prinsloo | Dogters 12: Mienke du Plessis

Seuns 13:  Wicus Pretorius | Dogters 13:Sasha-Leigh Johnson

VICTOR EN VICTRIX LUDORUM

Erik Prinsloo
Sasha-Leigh Johnson

A record was broken by Sasha-Leigh Johnson in the 200m hurdles girl’s u/13 in a time of 35,1 seconds.  Well done!
Gerbrand Bekker verbeter die gewigstoot seuns o/12 rekord. Sy afstand was 10.49 meter.  Baie geluk!

124 of our athletes were chosen to represent ANPS at the town athletics meeting which was hosted on 4 February by ANPS.  The report about this meeting to follow in next week’s paper.

Scroll to Top