20 JUNIE 2022

0/13 A RUGBY

Daar is sekere dinge wat niemand ooit by jou kan sal kan wegneem nie, soos vir ‘n 0/13 rugbyspeler om ‘n voorwedstryd vir die Cheetahs en Pumas se Currie-beker halfeindstryd te kan speel.

Hierdie voorreg het die o/13A rugbyspan te beurt geval op Saterdag, 18 Junie 2022. Min laerskool seuns sal ooit die geleentheid kry om op Toyota Stadion, in Bloemfontein te speel. 

Ons teenstanders was Wilgerivier o/13A van Frankfort en word afgerig deur ‘n oud-Alie, Mnr. Nakkie Naudé. 

Voor die wedstryd speek die Cheetah-rugbyspeler, Robert Ebersohn die seuns toe en bemoedig hulle vir hul wedstryd wat voorlê.

Van die afskop af was die senuwees en opgewondenheid terselfdetyd merkbaar in die spelers. Die wedstryd vind in goeie gees plaas en albei spanne lewer goeie spel op die dag. Ongelukkig verloor LSAN die wedstryd 44-5.

Dit was werklik ‘n ervaring soos min!

Saterdag 18 Junie het Mnr. Bruce Samson, Bestuurslid van die Cheetahs in Bloemfontein, die Laerskool skoolhoof, Mev. Ronél Bester en die /13 Rugby Afrigter, Mnr. Ignus van Rensburg geborg om by die Presidensiële Losie die hoofwedstryd van die Cheetahs teen Airlink Pumas te kyk. Dit was die semi-finaal van die Carling Currie Cup. Dit was ‘n baie spesiale geleentheid, net jammer die Cheetahs het met 1 punt verloor!

RISING CHAMPS HOKKIE TOERNOOI

Die 0/13 dogters het Woensdag, 15 Junie in die koue die pad na Bloemfontein aangedurf om aan die Rising Champs Hokkie toernooi deel te neem. Al bibberend het die dogters hul harte uigespeel en kon die aand met `n heerlike ete en warm stort afgesluit word. Donderdag, 16 Junie na `n heerlike ontbyt het `n dag gevul met nog hope hokkie en geleenthede vir die dogters gewag. Aan die einde van die round robin was die dogters in die derde plek. Truida Kestel van Betlehem was ons opponent in die semi-finaal en in die laaste minute van die wedstryd het ons twee doele aangeteken wat ons `n plek in die finaal verseker het. Met groot opgewondenheid in die harte het ons teen `n sterk Eunice span te staan gekom en met die blaas van die eindfluitjie het ons as die naaswenners van die astro gestap. Dit was twee dae van baie goeie hokkie en baie opgewondenheid. Baie dankie aan elke ondersteuner en ouer. 

BEDANKING VIR SUID-VRYSTAAT HOKKIE SPELERS SE BORG

Tydens die Junie/Julie vakansie gaan drie van Laerskool Aliwal-Noord se hokkie dogters ons skool in Suid-Vrystaat hokkie spanne verteenwoordig. 
Mnr. W.J. van Rensburg van Berg Meubels het vir elkeen van die dogters `n hokkie- stok, asook `n stoksak geborg. Die drie dogters, asook LSAN, wil net vir hom, asook vir Berg Meubels baie dankie sê vir die borg. Dit word opreg waardeer. 

MCDONALDS RISING CHAMPS HOKKIETOERNOOI

On 15 and 16 June the ANPS u/12 hockey girls went to Bloemfontein to take part in the McDonalds Rising champs hockey tournament in spite of the icy cold weather. Die toernooi word elke jaar vir liefdadigheid gehou en hierdie jaar is dit gehou ten bate van die Lesedi Educare and Therapea Kids (a place of safety for girls). 

The tournament was held at the St Michael’s school for girls’ astro turf. Daar was altesaam 7 spanne wat vir hierdie afdeling by die toernooi ingeskryf het. 
The coach had to hide her anxiety when she saw all the strong teams that they had to compete against….
Die dogters speel PRAG-hokkie en wen al hulle wedstryde waarna hulle deurdring na die semi-finaal teen St Michaels se 0/12A meisies. At the end of this match the score was 0-0 and a penalty shoot out had to take place. LSAN beklink die wedstryd en dring deur na die finaal teen Eunice se 0/12 A-span. Hulle het reeds vroeër die oggend 2-1 teen hierdie span gewen. 
This time, unfortunately, the Eunice girls were stronger and ANPS ended second in the tournament, which is a huge achievement. 

Each girl received a silver medal and a gift voucher for a free ice-cream from McDonalds. The busses stopped at McDonalds after the tournament so that the girls could collect their ice-cream. 
Gedurende die prysuitdelingseremonie word Olerato Koloba aangewys as die mees belowende speler van die toernooi. 

Dit was ‘n wonderlike geleentheid vir die meisies om al 9 wedstryde op die astro te kon speel. Uitstekende spel is deurgaans gelewer en goeie sportmanskap was aan die orde van die dag. Die samehorigheid onder die meisies was van so aard dat sommige ouers met leë motors moes terugry Aliwal toe omdat die dogters nie hul spanmaats wou “los” nie. 
Gabby, the brand new buffalo mascot, was a huge part of the team’s great spirit and success – we can’t wait to see the furture results that she will inspire!

Baie dankie aan al die ouers wat ons kom ondersteun het. 
ALIES BO!!

Rising Champs Hockey Tournament

The u/12A and u/13A boys took on the icy cold weather in Bloemfontein on the 15th and 16th of June to take part in the Rising Champs Hockey tournament. Both teams played for the first time as a team during this tournament. More than half of the boys played full field for the first time and they played AMAZING. Each team played 6 round robin matches against some of the strongest hockey teams of Bloemfontein. At the end of the round robin matches the u/13A team played in the semi-final against Saint Andrew’s u/13A and ended with a 0-0 score which led us into a sudden death shoot out which we unfortunately lost, but without a doubt it was one of the most intense matches of the tournament and the boys played their hearts out. The u/12A boys enjoyed the tournament and we appreciate the opportunity to grow. It was two days of very good hockey and a lot of excitement. Many thanks to every supporter and parent.

U/13A games:

Grey u/13B | 1-0
Saint Andrew’s u/13A | 0-1
Willem Postma u/13A | 1-0
Willem Postma u/13B | 3-0
Truida Kestell u/13A |1-1
Grey u/13A | 0-4
Semi-Finals Saints u/13A | 0-1
Play out 3rd/4th Grey u/13B | 0-1

U/12A games:
Grey u/12B | 0-0                        
Saints u/12A | 0-1
Willem Postma u/12A | 0-3
Willem Postma u/12B | 2-0
Saint Andrew’s u/11A | 0-1
Grey u/12A | 0-3
Play out 5th/6th | Saint Andrew’s u/11A    | 2-0            

AMORé ESBACH

Ek is Amoré Esbach. Ek het my B.Ed ( Bachelors in Education) graad deur Unisa behaal.

I walked into Aliwal North Primary School in 2004 on my first day of grade 1 and I’ve been a proud Alie since then.

Ek het in 2015 matriek klaar gemaak by Hoërskool Aliwal-Noord en 2016 hier begin werk en in die middel van daardie jaar begin studeer. Dit was ‘n groot uitdaging om aanlyn te studeer en dan nog daarby te werk, maar as ek dit moes oor doen sou ek dit glad nie wou verander nie. Die waarde van my ondervinding kan ek nie eens beskryf nie. Ek is ongelooflik dankbaar vir elkeen by Laerskool Aliwal-Noord wat deel vorm van my suksesvolle studies. Ek het ‘n liefde vir taal en natuurwetenskappe en hier het ek die geleenthede gekry om te kan groei in daardie vakke met hulp, raad en ondersteuning van ongelooflike onderwysers wat jare se wysheid kon deel. Dit wat ek alles geleer het deur by Laerskool Aliwal-Noord te werk terwyl ek studeer, sou ek by geen universiteit kon kry nie en die kennis wat ek reeds het van hoe skoolsisteme werk, sou ek nêrens anders direk na my studies mee kon uitstap nie. 

Covid took away my opportunity for a graduation in 2021, but I was honoured to have been given a graduation by the school on Monday, 20 June 2022. This just proves my point on what a special school this is and how lucky I am to be able to call myself an Alie teacher.

My hart is vol dankbaarheid en waardering vir almal wat my ondersteun het. Dankie aan die personeel van LSAN wat my altyd bygestaan het. Dankie aan al die ouers wat my baie geleer het en dankie aan al my kiddo’s vir hoe lekker en die moeite werd hulle alles maak.

It was a privilege that I could complete my studies through such an amazing school and an honour to be a teacher at Aliwal North Primary School. To be a teacher, a coach, a colleague of such an amazing staff and to work with children, is a dream come true.
I would like to say thank you to each and everyone who supported me during my studies. I appreciate it.

REDENAARS

Maandag, 20 Junie, het die eerste Redenaars-Kompetisie van die jaar plaasgevind.  Elf sprekers van graad 4-6 het deelgeneem.

Die leerlinge het hul baie goed van hul taak gekwyt. Uitstaande toesprake is gelewer.
On Monday, 20 June, the first Public Speaking contest was held.  Eleven girls took part.  Brilliant speeches were delivered.
Ons sien uit daarna om hierdie sprekers weer te hoor praat tydens die Eisteddfod in Augustus.

GRAAD-WENNERS:

Graad 4: Nina Marais
Graad 5: Sistine van Pletzen
Graad 6: Lienke Marais

Scroll to Top