16 MEI 2022

LSAN 0/13A vs Zastron

“Al wat ons wil doen is, om rugby te speel meneer.”
Die woorde van ‘n 0/13 speler voor sy tuiswedstryd teen Zastron plaas alles in perspektief. Die seuns wil speel, meer belangrik, hulle wil rugby speel! Dis ook presies wat die 0/13A span Saterdag, 14 Mei gedoen het.

Na ‘n groot skrik binne die eerste minuut van die wedstryd, lig die span van LSAN die tempo van die wedstryd. Hulle speel vinnige, harde en aanvallende rugby, met die resultaat: punte op die telbord. Die span van Zastron bied deurentyd goeie teenstand. 
Uitslag:

LSAN o/13A: 48
Zastron o/13A: 5

0/7 RUGBY

Die afgelope naweek het die 0/7 A-span van Zastron teen die Buffeltjies se A-span gespeel, die Buffeltjies se eerste tuiswedstryd van die jaar.
The Buffeltjies played very well and continued to do so until the final whistle blew. At the end of the day the Buffeltjie team was victorious.
The score was Buffeltjies 5 – Zastron 1
A friendly match also took place between the rest of the Grade 1 boys of ANPS to help build their confidence for the future. They gained a lot of experience.
Die spelers het die dag baie geniet en sien uit na hulle volgende wedstryd.

U/9 RUGBY

The U/9A team played against Zastron.  It was good to see that the boys were starting to play together as a team.  Ons het 47-12 gewen.  Die manne het mooi gespeel en ons almal trots gemaak.
We also held a friendly game between the remaining (B & C team) players.  We had a blue and red team consisting of 26 players.
Hulle is in twee gelykop spanne ingedeel.  Dit was bietjie van ‘n gesukkel, maar ‘n ieder en elk van hulle het dit geniet.

0/11 RUGBY

Die afgelope naweek het die A-span teen Zastron kragte gemeet.  Dit was die span se eerste tuiswedstryd.  Die Alies se voorspelers was net te sterk vir Zastron en het die skrums oorheers.  

The opponents did well in the loose and “stole” a few loose balls.  At the end the Alies were just too strong and won 29-0.
ANPS u/13B vs Nkosi Sikelela Private School
Saturday, 14 May, the u/13B rugby team had the opportunity to play against the team of Nkosi Sikelela Private School. Every year this specific match provides both schools with valuable game time on the field. The team of Nkosi was a strong defender this year and gave the team of ANPS good opposition. Overall, a solid 40 minutes of rugby for both teams. 

Result: 
ANPS u/13B: 28
NSPS u/13A: 7

SEUNSHOKKIE TEEN NKOSI

Saterdag, 14 Mei, het ons geleentheid gegee vir ‘n paar van ons 0/10- en 0/11- hokkie seuns, wat nie rugby speel nie, om hulle eerste hokkie wedstryd vir die seisoen, teen Nkosi Sikelela Private School te kon speel. Dit was ‘n heerlike dag waarin alle spelers hulle bes gedoen het en dit ten volle geniet het. Ons hoop dat ons weer in die toekoms teen Nkosi sal kan speel.

NETBALL AGAINST NKOSI

It was so good to be able to play netball again!
The U/10B, U/11B, U/12B and U/13B teams played against the A teams of Nkosi.  The players enjoyed it tremendously.

Since Zastron couldn’t play against our A teams, we made teams up to play against each other. The matches were played in good spirit and NETBALL was the winner of the day.
We would like to thank the parents for their support.

NETBAL OOS-KAAP

Vrydag, 6 Mei het 5 van ons leerders aan die Oos-Kaap netbalproewe by Laerskool Voorpos in Oos-Londen deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende leerders wat deur is na die finale rondte van die Oos-Kaap proewe in Port Elizabeth op 20/21 Mei 2022:

Jedey Jansen, Sasha-Leigh Johnson, Mienke du Plessis en Joanie van der Merwe.
We wish you all the best with the next round.  You make us proud.

LANDSDIENS

Op die 9de Mei 2022 het die Landsdiensklub van Laerskool Aliwal-Noord se Gr. 6- en 7’s twee aktiwiteite vir die middag aangepak. Die eerste groep leerders en selfs ‘n paar ander onderwysers, het rotskuns saam met juf. Joanne Wagenaar gedoen.  Hul konsentrasie en geduld is deur die fyn, gedetailleerde kunswerk getoets.  Die leerders en die onderwysers het dit vreeslik geniet om ‘n grys ou klip in ‘n kunswerk te omskep.

Die tweede groep gr 6-en 7 leerders het vir hul middag verder aan hul rottang-projekte saam met juf. Elna en juf. Sumara gewerk.  Almal was entoesiasties en beïndruk deur hulle eindresultate.  Ons het almal geleer om al die mense wat hierdie handwerk doen, te waardeer en het ongelooflike respek gekry vir hulle handwerk.  Ons het ook geleer dat dit nie elke Jan Rap en sy maat is wat hierdie werk kan doen nie.

Scroll to Top