25 JANUARIE 2022

Ons eerste week in die “groot skool”
“Mommy…Daddy, can you believe
Today is the first day of Grade 1 for me.
I’m so excited and cannot wait.
Let’s hurry up I can’t be late.
I brushed my teeth and combed my hair
Got my book bag, my lunch, even a pear.
I really can’t wait, there is so much to do
But not before big hugs, a kiss and 
I love you.”

Verlede week was die eerste van BAIE weke van skool vir ons nuwe graad 1’s.  Ons het by hulle gaan inloer om uit hul eie monde te hoor hoe die eerste week van skool was.

We asked the grade 1’s a few questions and here is what they had to say…

Wat doen mens by die kantoor?

Amienke:  Mens werk op n rekenaar en kyk vir die kinders op die kameras.  Kinders gee briewe daar en juffrou se koffie beker.

What do you do at the office?

Modimoratile:  If you are naughty you go there and they hit you.

Wat is alles in jou tas?  Is jou tas swaar?

JP:  My voorskoot is in my tas, my boeke en kryte is binne in my posbus en dan is my posbus binne in my tas.  My tas is baie swaar!

Matthew:  In my tas is daar baie goed.  My posbus met al my boeke en my slim-potlood met my uitdraaikryte.

Ewan:  My skooltas is baie swaar, so swaar soos ‘n klip.

What is in your school bag and is it heavy?

Naledi:  My food, my books, pencil and crayons.  I don’t know if it is heavy.

What is in your lunchbox? / Wat is in jou kosblik?

Goitsemodimo: Toast, with that thing that is on a burger and oros. (a patty)

Kaylee:  Broodjies en peanuts.  Ek het water met ys gedrink.

Yoda:  Yoghurt, broodjies, wortel en dan is daar ‘n ander ding wat ek nie weet nie…ek dink dit is ‘n appel of nee…ek dink dit is naby aan ‘n perske.

What does your teacher look like?  Hoe lyk jou juffrou?

Indivile:  She is nice, loud, angry when the class makes a noise. Big, nice hair.

Liesel:  Wat se een?  Ek het twee.  Juffrou Ilona het kort swart hare, sy dra ‘n rok met ‘n hemp en oorbelle aan haar ore met cutex op haar naels.  Sy kan kwaai wees en ook vriendelik.

Bené:  Sy lyk vir my baie mooi en ek hou baie van haar skoene en ek hou van hoe sy my leer!

Wat is ‘n Alie?  What is an Alie?

Martin:  Ek dink dit is ‘n dier, maar ek het nog nie een gesien nie.

Jacobus: ‘n Alie leer baie hard en ‘n Alie het mooi skoolklere.  ‘n Alie gee altyd om vir ander mense en sy maatjies.

Siyabonga:  It is a buffalo and I’m also an Alie.

Wat is die koshuis?  Wat doen mens daar? / What is the hostel?

Nerina:  Kinders bly daar, speel saam my maaitjies op die pale.  Hulle eet lekker kos by die koshuis.  Dis ‘n huis waar al die koshuiskinders bly en slaap en eet in die week.

Yanga:  As jy sê jy soek kos dan gee hulle vir jou kos.

Seema:  Farm kids have a sleepover.

Wat is atletiek?  What is athletics?

Lucasias:  Mens hardloop by atletiek.  Daar is ‘n geel, rooi en blou span.  Ons kyk hoe kinders hardloop.  Ek dink daar word liedjies gesing.

Francine:  Dit is waar jy oefen en hardloop en as jy hardloop tot by die paal dan wen jy.

Imange:  We sing and run.

PRET BY DIE MCLAREN SIRKUS

So eindig ons ‘n warm dag by die Mclaren sirkus. Laerskool Aliwal-Noord leerders was omtrent in hul skik oor die prettige uitstappie. Met so baie opwinding en verrassings wat op al die gesiggies wag, was dit ‘n reuse sukses en ‘n vertoning wat baie nie gou sal vergeet nie. Beslis ‘n hoogtepunt vir baie. Die kinders kon die volgende diere met hul pragtige toertjies besugtig: leeus, slange, honde, perde, miniatuur perde, en kamele. Die pret het nie daar gestop nie. Die verskeie kunstenaars het almal op die punte van hul stoele gehad met uitdagende toertjies soos met ‘n swaard trap klim en gimnaste wat balanseer op dun draad. Hierdie is net ‘n paar van die items.

That it was memorable is a given fact.  What a privilege for our children to experience the circus on home soil.

Scroll to Top