1 FEBRUARIE 2022

Twee van ons leerlinge wat privaat musieklesse by Me Samantha King neem, het verlede jaar hul UNISA musiekeksamens afgelê. Beide Lana Lubbe en Meah Bothma het 95% behaal en dus met LOF geslaag. Hierdie besondere prestasie, na baie ure se oefen en deursettingsvermoë, word by LSAN beloon met Vol Ere-kleure vir Musiek. Baie Geluk aan hierdie trotse Alies! Ons hou jul vordering met belangstelling dop! Ons gelukwense ook aan Me King met die goeie uitslae van ál haar leerlinge.

Scroll to Top