Om jong spelers aan rugby bloot te stel en ‘n liefde vir die spel te kweek.
Om basiese rugbyvaardighede te leer en vas te lê.
Om kinders bloot te stel aan die vreugde van spansport.
Om persoonlike groei en ontwikkeling aan te moedig.
Om elke speler die geleentheid te bied om sy eie identiteit op die rugbyveld te ontwikkel.
Hoe werk dit?
Spelers neem deel in hul gepaste ouderdomsgroep: o/7 (Buffeltjies), o/9, o/11 & o/13.
Spanne word saamgestel, deur afrigters, in elke ouderdomsgroep.
o/12 & o/13 spelers kry die geleentheid om aan Vrystaat Platteland en Vrystaat proewe deel te neem.
wat moet ek weet?
Seisoen:
Rugby word tydens die kwartaal 2 & 3 gespeel. Voorbereiding begin reeds in kwartaal 1.
Afrigting:
Afrigting vind op Dinsdae en Donderdae plaas gedurende oefentye, soos uiteengesit op die buitemuurseprogram.
Alle afrigters is BokSmart gesertifiseer soos voorgeskryf deur SARU.
Die afrigter is verantwoordelik om ‘n veilige en leersame omgewing te handhaaf.
Wedstyde:
Wedstryde en deelname word deur die skool gereël. Inligting sal vroegtydig aan die betrokke spelers se ouers gekommunikeer word, indien hul seun ‘n wedstryd speel.
Daar is inisiatiewe in plek om soveel moontlik spelers die kans te bied om deel te neem.