ALIE-LAND TENNIS:
Fernand Hattingh, in graad 6, het die naweek van 27 & 28 Februarie 2026, aan die Synergy Cup vir die Oos-Kaap Aloes o/13 tennisspan deelgeneem.
Hulle het enkels en dubbels gespeel teen die Vrystaat, Noord-Wes en die Oos-Kaap Elephants.
Die o/13 Aloes span eindig in die 4de plek.
Baie geluk Fernand ons is TROTS op jou.
ATLETIEK / ATHLETICS IN ALIE-LAND
The Eastern Cape Athletics Championships for Primary Schools took place in Queenstown from 5 – 7 March 2026.
Tien van Laerskool Aliwal-Noord se atlete was deel van die Joe Gqabi span wat daar gaan deelneem het.
The competition was fierce and our athletes have shown that hard work and dedication always pays off. Alie-land spog met ses medaljes wat by die Oos-Kaap byeenkoms verower is.
Die volgende atlete het medaljes verwerf:
Bakoena Phailane (Gold medal) for Long Jump Boys under 10.
Indivile Keyi (Silver medal) for 70m Hurdles Girls under 11. She also received a Bronze medal for participating in the relays.
Adanje Kotze (Bronze medal) for 150m Hurdles Girls under 12.
Amienke Botha-Arends (Bronze medal) for High Jump Girls under 11. The first, second and third place also broke the record.
Ivor Ludick (Bronze medal) for 80m Boys under 10.
ANPS athletes obtained one first place, one second place, three third places and three fourth places. We are very proud of Ivor Ludick and Bokoena Phailane who were selected to be part of the Eastern Cape team to participate at the South African Athletics Championships. This event will take place in Stellenbosch from 19 to 21 March 2026.
Baie geluk aan al die atlete! Alie-land is baie trots op julle!!
NETBALL IN ALIE-LAND:🏐
Die afgelope naweek, 7 Maart, het sekere van ons netbalspanne se netbalseisoen met ‘n netbaltoernooi in Middelburg afgeskop. Die o/8 en o/9 spanne het teen verskeie skole kragte gemeet. It was a very exciting and fun day for our girls. We enjoyed it and we believe we are ready for our netball season.
o/9A Netbal
LSAN A 3 vs KAREL THERON A 5
LSAN A 0 – HANGKLIP B 0
LSAN A 3 – CVS A 3
2 Draws
1 Loss

u/8 Netball
LSAN A 1 vs SOUTHBOURNE A 2
LSAN A 5 vs CRADOCK VOORBEREIDING B 2
LSAN A 5 vs KAREL THERON A 0

RUGBY IN ALIE-LAND
LSAN o/9’s begin rugbyseisoen met opwindende wedstryde
Die LSAN o/9-rugbyspan het die naweek hul eerste wedstryde van die jaar gespeel tydens ’n sportdag by Laerskool Karel Theron in Middelburg. Die jong spelers het met groot entoesiasme en spanwerk aan die wedstryde deelgeneem en waardevolle ondervinding opgedoen vir die res van die seisoen.
Die span het drie wedstryde gespeel teen sterk teenstanders. In hul eerste wedstryd het LSAN 7–15 teen Southbourne verloor, maar die spelers het goeie deursettingsvermoë getoon en nooit moed opgegee nie.
In hul tweede wedstryd het LSAN ’n spannende oorwinning van 14–12 teen Laerskool Karel Theron behaal. Die wedstryd was baie mededingend en die span het uitstekende spanwerk en vasberadenheid gewys om die oorwinning te verseker.
In hul laaste wedstryd van die dag het LSAN teen Hangklip gespeel en 0–38 verloor teen ’n sterk span. Ten spyte van die uitslag het die spelers steeds hard gewerk en waardevolle lesse geleer.
Die dag was vol opwinding en sportgees, en die spelers het dit baie geniet om weer op die veld te wees. Die afrigters is trots op die span se poging en sien uit na die res van die rugbyseisoen.
LSAN u/9s kick off rugby season at sports day
The LSAN u/9 rugby team played their first matches of the year this past weekend during a sports day held at Karel Theron Primary School in Middelburg. The young players showed great enthusiasm and teamwork as they took to the field and gained valuable experience for the season ahead.
The team played three matches against strong opponents. In their first game, LSAN lost 7–15 against Southbourne, but the players showed great determination and never gave up.
In their second match, LSAN secured an exciting 14–12 victory against Karel Theron Primary School. The match was highly competitive and the team displayed excellent teamwork and determination to secure the win.
In their final game of the day, LSAN faced Hangklip and lost 0–38 against a very strong team. Despite the result, the players continued to give their best effort and gained valuable lessons from the match.
The day was filled with excitement and great sportsmanship, and the players thoroughly enjoyed being back on the field. The coaches are proud of the team’s effort and look forward to the rest of the rugby season.

ALIES ATKV-TAK VIER WêRELDBOEKEDAG IN ALIE-LAND
Die Laerskool Aliwal-Noord se ATKV-tak Alies het op 5 Maart Wêreldboekedag gevier. Leerders is met kleurvolle plakkate gemotiveer om meer te lees, en twee leerders het elk ’n boek gewen wat deur Jaco Jacobs geskryf is.
Geluk aan Danté Vorster en Elizna Peyper, wat as die gelukkige wenners aangewys is.
