NUUSBERIG 16 FEBRUARIE 2026

LANDSDIENSLEIERSBERAAD

In Februarie, elke jaar, kom al die Oos-Kaap Landsdiensklubs se volwasse lede bymekaar om beplanning vir die jaar se aktiwiteite te doen. Drie-jaarliks, by hierdie geleentheid, word daar ‘n nuwe provinsiale bestuur verkies, wat dan aan die stuur van die provinsie se Landsdienssake, staan.

This year’s adult summit was held at Pine Lodge in Gqeberha and six of our Alie-teachers represented our club. At the new provincial executive election three of our teachers were elected to serve on provincial level for the next three years. Mev. Snyman, wat as provinsiale voorsitter uitgetree het, gaan vir die volgende termyn steeds betrokke bly, maar nou as koördineerder van Toekennings. Juff. Amoré Esbach en Nita de Villiers is ook vir die volgende termyn tot die provinsiale bestuur verkies en is onderskeidelik verantwoordelik vir die portefeuljes, Bemarking / Sosiale Media en Omgewingsbewaring.

At ANPS we know the values that Land Service can offer to all our members and therefore we are extremely proud of our teacher representatives on the provincial executive. Maar daar is ook nog ander personeellede wat hul tyd opgeoffer het en daarom ook ‘n groot dankie aan Juff Retha Coetzee, Elmarie Nel en Coline Schoonraad, vir hul betrokkenheid en bywoning van die beraad.

MUSIEK TEORIE: UNISA UITSLAE 2025

In November elke jaar, word UNISA se musiek teorie-eksamens afgelê en dan word daardie uitslae vroeg in die volgende jaar bekendgemaak. Vanjaar is ons by Laerskool Aliwal-Noord baie trots op die volgende musiekleerlinge wat by Mev. Samantha Konstantopoulos hul onderrig ontvang:

Elizna Peyper, Karla Nel, Mishke Moolman, Kate Isted, Luthando Mdwaba, Nerina Peyper en Marica Coetzee, wat almal hul eksamen met ONDERSKEIDING geslaag het.

Elizna, Mishke, Kate, Nerina en Marica se name verskyn ook op UNISA se ererol en dit beteken dat hulle vir Vol erekleure in Musiek kwalifiseer. Baie geluk met hierdie besondere prestasie!

Inam Wolsak achieved a Pass with Merit result and Avuya Ndlaleni also passed her UNISA – theory examination. We are proud of every learner who is enrolled to do their UNISA music examinations, whether it is for a practical or a theoretical exam, you have to be well prepared, dedicated and hardworking and all these students show perseverance, right through the year.

Mag jul 2026-uitslae ook aan al jul verwagtinge voldoen.

Scroll to Top