BO-BAAS WOLKLASSER IN ALIE-LAND!!
Ons is baie trots op ons eie Alie-wolklasser!
Nika van Zyl het gedurende die jaar baie ure se harde werk ingesit en groot opofferings gemaak gedurende skoolvakansies om haarself te vestig as ‘n bobaas wolklasser.
Die Springbokkop Kursus wat deur OVK vesel en lewendehawe aangebied is, is ‘n uitdagende kursus vir enige persoon, nog te meer vir ‘n 12-jarige. Nika behaal onderskeidelik 82% & 88% in haar kursusse.
We are extremely proud of your hard work and dedication. Continue in your efforts to become the best you can be. We are looking forward to your future accomplishments in the ever-growing fibre and wool industry in South Africa.
TENNIS
LSAN VS QUEENS EN BALMORAL
Donderdag 24 Oktober het ons eerste-, tweede- en onder 10-spanne teen Queens en Balmoral in Queenstown gaan speel. In warm toestande het die spelers hulle beste gegee en goeie tennis gespeel. Daar is enkels en dubbels gespeel. Die seuns het na ‘n harde dag se tennis die stryd teen Queens verloor, maar die meisies het gewys wat in hulle steek en ‘n goeie oorwinning oor Balmoral behaal.
We want to thank Queens and Balmoral for a great day of tennis and good sportsmanship.
BURGERSDORP MINI-KRIEKETDAG.
Die o/7- en o/9 ouderdomsgroepe het beide ‘n span die afgelope naweek gestuur om aan die Mini Krieketdag van Burgersdorp Laerskool te gaan deelneem. Op hierdie warm dag het spanne van Cradock Voorbereiding Skool, Laerskool Hangklip, Laerskool Southbourne, Laerskool Volkskool en Laerskool Burgersdorp ook deelgeneem.
Both teams played a total of 5 matches. Each one against each of the other teams that took part. The day held mixed results for both teams, however the children enjoyed the day a lot and a positive growth in cricket skills developed in our young players.
LSAN o/7’s wen twee wedstryde en verloor ongelukkig drie.
ANPS o/9’s won two, tied one and unfortunately lost two.
JIM FOUCHE ATLETIEKBYEENKOMS, 26 OKTOBER 2024.
Die jaarlikse Laerskool Jim Fouche atletiekbyeenkoms het op Saterdag, 26 Oktober 2024, in Bloemfontein op die Vrystaat atletiekstadion plaasgevind. 15 atlete van LSAN het aan die byeenkoms gaan deelneem.
Considering that all the top schools in Bloemfontein and surrounding areas participated in this prestigious event, athletes from ANPS performed quite well and gave a good account of themselves.
Liwa Ndima, G11, came first in her 80m heat.
Liwa Kojana B11, had a jump of 4.20 meters, which placed him fourth in the long jump.
Olamide Olaifa, B11, got a fifth place for the 100 meters.
Michael Paul, S12, ding in die 75m hekkies mee en eindig 6de met ‘n goeie tyd van 13,70 sekondes.
Barend Botha-Arends behaal ‘n sesde plek in diskusgooi vir S13 met ‘n afstand van 23.93 meter.
Die ster is ongetwyveld Liané Kruger, D14. Sy behaal ‘n 5de plek in die diskusgooi. In die gewigstoot behaal sy ‘n welverdiende eerste plek met ‘n persoonlike beste afstand van 11,47 meter.
Congratulations to all of these athletes. You kept the Alie name high!!
