dans
Riette’s Dance Studio se missie is om elke danser te leer om dans te
geniet deur die regte tegnieke aan te leer. Die regte liggaamhouding in alle
dansvorms is van kardinale belang. Dansers word geleer hoe om in hulself te
glo, om doelwitte daar te stel en daarvoor te mik. Hulle moet met hart en siel gló
dat hulle dit kán doen!
sang
Leerlinge word aangemoedig om hul eie natuurlike talente te ontdek en te
ontwikkel. Hier staan ouers hul kinders in die besonder by want die skool het
nie tans ‘n koorsang, enkel sang of musiek beskikbaar nie. Die passie van ‘n
kind word deur die ouers in privaat kapasiteit ondersteun.
Aidan Prinsloo het deelgeneem aan die South African Championship of
Performing Arts (SACOPA) wat in Rustenburg, Noord-Wes plaas gevind het. Aidan het in 4
afdelings deelgeneem, nl. Broadway, Contemporary, Gospel, Pop en Afrikaanse Pop.
Hy het die volgende prestasies behaal: Broadway: Brons; Contemporary: Silver;
Gospel: Brons; Pop: Silver en vir Afrikaans Pop: Goud.
