LANDSDIENS
Op die 11de April het Landsdiens leerders die koue, nat weersomstandighede getrotseer. Hierdie was beslis ‘n dag vir baie pret. Die Landsdiens middag se aktiwiteit was om die leerders se vermoë te toets om in ‘n span te werk. Leerders is in 8 spanne van 7 tot 8 leerders per span opgedeel. Hierdie aktiwiteit het plaasgevind in die omgewing waarin hulle elke dag leef en wat hulle soos die palm van hul hand ken. Leerders het aan ‘n skattejag deelgeneem of soos hulle in Engels sou sê ‘n “amazing race” in en om die skool. Hierdie het die leerders uitgedaag om vinnig en flink te dink. Aan die einde het die room-kleurige span koning gekraai. Hierdie span het 18 kaartjies in 14 minute gekry. Die is regoor die skool terrein versteek. Die leerders was uitgeput, maar het die aktiwiteit baie geniet.
During Land Service on Monday, 11 April the grade 4’s and 5’s took part in their own treasure hunt in the school’s hallways and in some of the classrooms. The leaners had to search for a paper bunny, as their first clue, to indicate that they were nearby an Easter egg. When an Easter egg was found, the leaners had to take the paper bunny and the Easter egg and run back to the hall. In the hall the leaner had to create a card using the paper bunny, adding a message to wish the person, who would receive it a happy Easter. This activity of giving something they created, was based on one of the pillars of Land Service: love for our fellow people. The leaners enjoyed this afternoon immensely.
