Uit die skoolhoof se pen

Uit die skoolhoof se pen…

Dit is
voorwaar vir my ‘n kosbare voorreg om u welkom te heet in Alie-land!

Laerskool
Aliwal-Noord is ‘n toonaangewende, multi-kulturele, gemengde skool wat
parallelmedium (Afrikaans en Engels) onderrig verskaf aan bykans 560 leerders, wat wissel
tussen Gr. R-7, van regoor die Noord-Oos-Kaapse platteland.  
 

LSAN is ‘n
waardegedrewe skool wat fokus op die volgende waardes; OMGEE (Gr 1), EERLIKHEID (Gr 2),
VERANTWOORDELIKHEID
(Gr 3), RESPEK (Gr 4), BEDAGSAAMHEID (Gr 5), REGVERDIGHEID (Gr 6), EIENAARSKAP (Gr 7). 
Ons streef na die holistiese opvoeding van
die totale kind; daarom poog ons om na elke leerling op geestelike-,
intellektuele-, emosionele, sosiale, fisiese en kulturele vlak om te sien.

Akademie is die kern van ons skooldag en met
trots kan ek sê dat hierdie skool werklik na elke kind omsien sodat hulle hul
potensiaal kan bereik met uitstekende prestasies.  Leerlinge met spesiale leer uitdagings word spesiaal na gekyk.  Nietemin staan sport en kulturele aktiwiteite geen tree agteruit nie.

Rugby,
Hokkie, Netbal, Tennis, Atletiek en Krieket is baie gewild. Kulturele
aktiwiteite sluit in Skaak, Landsdiens en Redenaarsklub. Eisted@Alies is een
van die hoogtepunte op die kulturele kalender van baie skole in die omgewing!

Bollie
Konyn is ons satelietkampus met ons Graad R-klassies. Hier word die basis
stewig gelê vir die toekomstige Gr 1 – 7 jare wat in Benson straat, by die pragtige
geboue en sportvelde van LSAN, afgelê word.
 

Ouerbetrokkenheid
is ‘n baie belangrike deel in die Alie-familie. Die Ondersteunersklub en
Ouer-Onderwysers Vereniging (OOV) funksioneer nie losstaande van die skool nie,
maar staan onder die jurisdiksie van die Beheerliggaam. Dit beteken dat alle
aktiwiteite in vennootskap met die skool en volgens die skool se behoeftes tot
voordeel van die skool en sy leerders aangepak word.
 

Lees, kyk
deur al die bladsye en kontak ons gerus vir verdere inligting.

Mooi Alie-groete

Ronél
Bester

Scroll to Top