Doelwitte;
- Om jong spelers aan rugby bloot te stel en ‘n liefde vir die spel te kweek.
- Om basiese rugbyvaardighede te leer en vas te lê.
- Om kinders bloot te stel aan die vreugde van spansport.
- Om persoonlike groei en ontwikkeling aan te moedig.
- Om elke speler die geleentheid te bied om sy eie identiteit op die rugbyveld te ontwikkel.
Hoe werk dit?
- Spelers neem deel in hul gepaste ouderdomsgroep: o/7 (Buffeltjies), o/9, o/11 & o/13.
- Spanne word saamgestel, deur afrigters, in elke ouderdomsgroep.
- o/12 & o/13 spelers kry die geleentheid om aan Vrystaat Platteland en Vrystaat proewe deel te neem.
wat moet ek weet?
Seisoen:
- Rugby word tydens die kwartaal 2 & 3 gespeel. Voorbereiding begin reeds in kwartaal 1.
Afrigting:
- Afrigting vind op Dinsdae en Donderdae plaas gedurende oefentye, soos uiteengesit op die buitemuurseprogram.
- Alle afrigters is BokSmart gesertifiseer soos voorgeskryf deur SARU.
- Die afrigter is verantwoordelik om ‘n veilige en leersame omgewing te handhaaf.
Wedstyde:
- Wedstryde en deelname word deur die skool gereël. Inligting sal vroegtydig aan die betrokke spelers se ouers gekommunikeer word, indien hul seun ‘n wedstryd speel.
- Daar is inisiatiewe in plek om soveel moontlik spelers die kans te bied om deel te neem.
Kleredrag:
- Alle spelers en ouderdomsgroepe speel kaalvoet.
- Alle wedstryde word in ‘n navy PT-broek gespeel.
- Truie vir wedstyde word deur die skool voorsien.
- 2015: 6 Spelers Vrystaat Platteland, 3 Spelers Vrystaat o/12A, 1 Speler Vrystaat o/13A
- 2016: 8 Spelers Vrystaat Platteland, 4 Spelers Vrystaat o/12A, 3 Spelers Vrystaat o/13A
- 2017: 6 Spelers Vrystaat Platteland
- 2018: 5 Spelers Vrystaat Platteland
- 2019: 10 Spelers Vrystaat Platteland, 1 Speler Vrystaat o/12A
- 2020: 7 Spelers Vrystaat Platteland
- 2021: --
- 2022: 6 Spelers Vrystaat Platteland, 1 Speler Vrystaat o/12A