Krieket word op O/9, O/11 en O/13 vlakke gespeel. Al ons wedstryde is vriendelik. Minikrieket word deur graad 1 en 2 leerders gespeel. O/11- en O/13-spelers word vir die Xariep-spanne oorweeg.
Wedstryde word in die derde kwartaal teen ander Vrystaatse Subunie-spanne gespeel. Gedurende die September vakansie neem spelers deel aan 'n toernooi teen ander Vrystaatse streke. Sedert Xariep gestig is, is verskeie van ons ANPS-spelers vir die Xariep-span gekies.